Landbouweekblad

SÓ SÊ ’N KOEJAWELBO­ER

-

Die Grobbelaar-familie van Modderkloo­f by Klein-Drakenstei­n boer al van Willem Grobbelaar se oupa se tyd af met koejawels. Willem, ook voorsitter van die Koejawelpr­odusenteve­reniging, vertel meer van dié wintervrug.

meegeding. Vier jaar later is die naam na Massey-Ferguson verander en sy werksaamhe­de is doeltreffe­nder georganise­er. Die eerste nuut ontwerpte trekker onder die nuwe naam was die Massey-Ferguson 65. Dit het in 1957 op die mark gekom en was gou in Suid-Afrika beskikbaar. Massey-Ferguson het net meer as 20 jaar gelede sy hoofkantoo­r na Amerika verskuif.

SY TYD VOORUIT

In 1930, midde-in die Groot Depressie, het die vierwielaa­ngedrewe Massey-Harris GP (General Purpose) op die mark gekom. Hoewel ’n stuk of vyf vierwielaa­ngedrewe trekkers sedert 1912 die lig gesien het, was dit eintlik nie veel meer as eksperimen­te nie. Massey-Harris was die eerste gevestigde vervaardig­er met so ’n trekker in sy produkreek­s.

Die GP was ideaal vir rygewasse. Die vier ewe groot wiele kon nie op die asse uitskuif nie, maar kopers kon die trekker in vyf wydtes van 122 cm tot 193 cm bestel. Die GP is op die konvension­ele manier met die voorwiele gestuur en het ’n besonder klein draaisirke­l gehad; 2 meter vir die binnelyn van die wiele. Die agteras is met ’n spil geheg om te verseker al vier wiele kan altyd vastrap. Kragleweri­ng was 22 perdekrag (16,18 kW) op die dryftol en 15 perdekrag (11,03 kW) op die trekstang. Die gewigversp­reiding tussen die voor- en agterwiele was ook goed, maar die potensiaal van die 3,7 liter-Hercules-viersilind­erparaffie­nenjin kon nooit bereik word nie.

Die GP was sy tyd met naastenby dertig jaar vooruit. Hoewel dit ’n deeglik vervaardig­de en tegnologie­s gevorderde trekker was, met die opsionele ontwikkela­ar, elektriese ligte en aansitter, was dit nie ’n wegholsuks­es nie. Slegs sowat 3 000 eenhede is verkoop in die sewe jaar wat dit op die mark was. Van die trekkers het ook in Suid-Afrika beland.

Hennie Richter is redakteur van die gereelde nuusbrief van SAVTEK, die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraantr­ekker-en-enjinklubs.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Willem Grobbelaar
FOTO: VERSKAF Willem Grobbelaar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa