Landbouweekblad

Brangus-veteraan is Stoetteler van die Jaar

- – CHARL VAN ROOYEN

MNR. ANDRÉ VAN DER MERWE, eienaar van die Wouman Brangus-stoetery by Reitz in die Oos-Vrystaat, is op die virtuele LRF-Veeskool as Molatek, Landbouwee­kblad en Breedplan se Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar aangewys.

Hy bedryf dié stoetery reeds die afgelope 18 jaar en het dit tot een van die top-Brangus-kuddes in die land opgebou.

Dié kudde het volpunte vir volledighe­id van prestasie-rekordhoud­ing behaal en is verskeie kere deur die Brangus-genootskap as die ras se Teler van die Jaar aangewys. Die kudde se gemiddelde tussenkalf­periode is 370 dae, met ’n gemiddelde speensyfer van 97,3%.

Jong bulle word aan veldbultoe­tse onderwerp voordat hulle gebruik of verkoop word.

Mnr. Andile Msibi, eienaar van die Msibi Brangus-stoetery by Heilbron, is die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e se Opkomende Teler van die Jaar. Hy word die afgelope drie jaar deur Van der Merwe gementor en boer met sowat 250 koeie.

’n Simmentale­rbul, L 17-47, van me. Bianca Lueese van die Lichtenste­in Simmentale­r-stoetery in Windhoek, Namibië, is in die afdeling vir onvoorbere­ide bulle as die Sparta Jongbul van die Jaar aangewys.

Die raswenners vir die Zoetis Beproefde Bul van die Jaar is:

Brangus: UN 11-11, mnr. Kosie en me. Rene Smith, Smith-Brang-stoetery; Braford: M 10-62, mnr. Ralf Rodewald, Rodewald-boerdery; Brahman: HBS 09-36, mnr. Sydney Hunt, Hunt Brahman-stoetery; Limousin: LR 15-56, mnr. AJ du Toit, La Rhone-stoetery; Santa Gertrudis: VV 10-0040, me. Tina de Jager, Valley-Venture-stoetery; Simbra: HB 08-57B, mnr. Thorsten Scholtz, Rubeus-stoetery;

Simmentale­r: PN 11-357, mnr. Edward Barry, Four-Feet-stoetery.

Die volledige lys finaliste is by bit.ly/2T2EwVf.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. André van der Merwe
FOTO: VERSKAF Mnr. André van der Merwe

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa