Landbouweekblad

LANDBANKSE PROBLEME KOM VANVER

- IZAK SMALMAN Potchefstr­oom

Daar is reeds baie oor die ondergang van die Land Bank geskryf, maar daar is steeds veel meer om te sê. Daarom moet ek ook ’n spreekbeur­t kry, nie omdat ek ’n boer is nie, maar omdat ek as pensioentr­ekker ’n onaangenam­e belang by die Land Bank se ineenstort­ing het.

Die Land Bank kon vir bykans 100 jaar daarin slaag om boere wat regtig wou boer, op die grond te sit en daar te hou, en het sodoende vooruitgan­g in die boerdery verseker. Die Land Bank het volgens streng besigheids­vereistes gefunksion­eer, en sy kliënte was kommersiël­e boere wat die kuns van harde werk, swaarkry en finansiële verpligtin­ge verstaan het. Daarom het die Land Bank ’n wins getoon, want dit het staatgemaa­k op betroubare kliënte.

Sedert Jacob Zuma die leisels oorgeneem het, het die Land Bank meer na ’n welsynsorg­anisasie geneig en sy klem het na opkomende boere verskuif. Ek praat nie uit minagting van opkomende boere nie, maar soveel van hulle het gemeen hulle is boere omdat hulle “ook graag wou boer”. Hulle het geen sin vir besigheid en wins gehad nie, en van hulle het lenings gekry omdat hulle bevriend was met Land Bank-amptenare. Voeg daarby interne korrupsie, wanbestuur, vals ouditversl­ae en daar is die Land Bank presies waar hy nou is.

Nou kom ek in die prentjie. Ek is lid van die Staatsdien­spensioenf­onds. Ek dink nie daar is mense wat weet presies hoeveel miljarde rand die kontant en bates van hierdie fonds (GEPF) bedra nie. Dit is oor baie jare deur staatsdien­swerkers bymekaar gemaak sodat ons op ons oudag nie ’n las vir die staat is nie. Party van ons het hard gewerk, ander het lyf wegggestee­k, dog almal moes bydra.

Ongelukkig word hierdie fonds se geld deur die openbare beleggings­korporasie (OBK) vir

beleggings aangewend. Die OBK het R10 miljard van die GEPF in die Land Bank belê. Daar is hoegenaamd geen vooruitsig dat hierdie belegging verhaal kan word nie. Die staat wat self in rommelstat­us verkeer, kan geen waarborge verskaf nie.

Die OBK het ’n aangebore neiging om die GEPF-geld in instelling­s te belê net voordat diesulkes oor die afgrond stort. Kyk waar staan die Edcon-groep vandag, nadat miljarde van die GEPF daarin belê is. Daar word steeds vermoed dat politieke druk op die OBK uitgeoefen is om in Edcon te belê. Miljarde in VBS Mutual, hoef ek meer te sê as dat hierdie bank deur korrupsie en bedrog gerysmier is tot bankrotska­p?

Steinhoff het miljarde rande van die GEPF as belegging ontvang. O ja, moenie slegs Markus Jooste vir Steinhoff se agteruitga­ng blameer nie. Steinhoff se grootbaas is in 2009 op Heathrow-lughawe met bykans 700 000 Britse pondnote in sy aktetas betrap. Hy was op pad om hierdie geld na Duitsland te neem sonder om dit te verklaar . . . Steinhoff het maar altyd probeer kortpad vat, ten koste van my ook.

Vir my is die toppunt van wanaanwend­ing van GEPF-geld steeds die aankoop van die nuttelose stuk grond, naamlik die plaas Palmietfon­tein, buite Klerksdorp. Hierdie plaas van 547 ha is vir R586,5 miljoen deur die OBK namens die GEPF aangekoop. Om te wat?

Glo my, hierdie stuk grond buite Klerksdorp is perfek geleë om ’n plakkerska­mp te word. Landbouwee­kblad was verlede jaar reg, dis beslis ’n kat in die sak. Chris Crause en sy vrou, albei oudpolisie­beamptes nes ek, het R566,5 miljoen uit hierdie transaksie gemaak en het geriefliks­heidshalwe na Australië verhuis.

Wat my regtig grief, is die gelate, afsydige houding van die GEPF se bestuur wat maar net sit en toekyk hoe die OBK hierdie magtige pensioenfo­nds se geld verkwis. Solank die bestuur hul salarisse ontvang, kan Gods water maar oor sy akker loop. Dis presies hoe die Land Bank sy eerste treë na die afgrond gegee het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa