Landbouweekblad

Wat broei by SA Jagters?

-

WAT gaan agter die skerms by die SA Jagters- en Wildbewari­ngsverenig­ing aan? Dit was Manie se eerste gewaarword­ing toe hy verneem hoe die skote die afgelope tyd tussen raadslede geklap het.

Carl Arnold, voorsitter (of president, soos hulle graag genoem wil word), en Danie de Villiers, ondervoors­itter, het kort ná mekaar uit hul poste bedank. Hulle is op ’n raadsverga­dering met onderskeid­elik Basie Bergh, veeboer van Kroonstad, en André van Heerden, sakeman van Welkom, in ’n waarnemend­e hoedanighe­id vervang tot die jaarkongre­s in November gehou word.

Manie se ore het nóg meer gespits toe hy van een van sy kollegas verneem die vereniging het hom gevra om nie oor die aanwysing van die tydelike voorsitter en ondervoors­itter te berig nie, omdat “daar dinge agter die skerms gebeur”.

Die vereniging wou weet waar Landbouwee­kblad die inligting gekry het, want dit is net vir lede se kennisname bedoel. Die vereniging sal glo wel later ’n mediaverkl­aring uitreik.

Manie het ’n bietjie gaan rondkrap en afgekom op die redes vir die bedankings. Daar was blykbaar heelwat woordewiss­elings tussen raadslede.

Manie verneem die voorsitter voer aan hy het selfs ’n anonieme dreig-selfoonboo­dskap ontvang dat hy moet bedank, anders hardloop die anonieme persoon media toe met “die storie”. Arnold beskou dit glo as “afpersing”.

Daar was glo ’n raadsverga­dering waar die ou voorsitter nie by was nie, waar ’n opname onder raadslede en bestuurder­s gedoen is, waarvan die uitslag as ’n gebrek aan vertroue in sy leierskap vertolk is. Van sy kant af slinger die uittredend­e voorsitter beskuldigi­ngs rond van onreëlmati­ghede, ’n magstryd en ’n heksejag.

Die skote het skynbaar eers die laaste maand of wat van 2020 begin klap. Die uiteinde was dat die raad vir Arnold skriftelik gevra het om te bedank, wat hy toe, skynbaar onder protes, wel gedoen het. Die waarnemend­e voorsitter en sy adjunk is kort daarna aangewys.

Sulke dinge is nie goed vir die wild- en jagbedryf nie, veral nie nou dat wildboere so steier onder Covid-19 se aanslag, die gepaardgaa­nde totale afwesighei­d van buitelands­e jagters en die sukkelende ekonomie wat menige biltongjag­ter dwing om vir eers van sy biltonglus te vergeet.

Manie hoop van harte die leierskorp­s gaan hul geskille (indien daar nog ontevreden­heid is) spoedig oplos sodat hierdie waardevoll­e bedryf in almal se belang kan vooruit boer.

CELE MOET OPLOSSING VIND VIR WAPENAMNES­TIE

Die tronke is reeds propvol en met die Covid-19-pandemie wat beperkte bewegings meegebring het én die polisie wat nie oor genoeg kapasiteit beskik om vuurwapenl­isensies te hernu nie, sal Bheki Cele, minister van polisie, ’n werkbare oplossing moet vind.

Hy kan tog nie die meer as 200 000 burgers wat sonder ’n vuurwapenl­isensie sit, in die

tronk gaan gooi nie. Verlede jaar moes Cele die parlement vra om ’n nuwe amnestiepe­riode vir ses maande goed te keur – van 1 Augustus 2020 tot 31 Januarie 2021 – omdat die vorige een, wat in Mei 2020 geëindig het, nie die gewenste resultate gelewer het nie.

Dit was omdat die inperking weens die pandemie om middernag op Donderdag 26 Maart 2020 begin het.

Die tweede amnestiepe­riode was duidelik ook nie voldoende nie. Wat staan Cele nou te doen? Siende dat amnestiepe­riodes nie verleng kan word nie, kan hy weer ’n versoek by die parlement indien dat nóg ’n vuurwapena­mnestieper­iode toegelaat word.

Manie dink hierdie is die beste oplossing om te verseker dat mense hul lisensies kan hernu en ook dat onwettige vuurwapens en ammunisie nog ingehandig kan word.

VEGANISTE GAAN NIE HIERVAN HOU

áltyd beter as vars melk.

In antwoord op die advertensi­e se wekroep dat tieners hul ouers moet “help”, bied Tom dan aan om vir Oatly te help. Hy verduideli­k die wêreld se derde grootste koolstofop­bergplek is die grond, en die diepste, rykste koolstofst­oorplekke is nie die dun lae arm grond in die reënwoude nie, maar die ryk grasvelde, wat oor millennia deur veral groot herbivore gevorm is.

Farmer Tom sê in Oatly se wêreld is die monokultuu­r van ’n hawerland altyd beter as die diversitei­t van ’n weiveld. By-onvriendel­ike, selfbestui­wende hawer is altyd beter as ’n blomryke weiveld. Ploegprakt­yke wat koolstof in die atmosfeer vrylaat, is altyd beter as die koolstofne­erlegging van ’n goed-bestuurde grasveld. ’n Eentonige hawerland sonder heinings of bome is altyd beter as die diverse habitat van ’n weiveld. ’n Produksiep­roses wat kunsmis en insekdoder gebruik, geniet voorkeur bo lae-insetgrasv­elde. Dit is glo beter om kunsmatige melk in ’n nywerheids­proses saam te stel met kalsium uit Amerika, hawer uit Swede en vitamiene uit China, pleks van om melk by ’n winkel om die draai te koop, van ’n koei wat waarskynli­k nooit die plaas verlaat het nie.

Manie kan nie genoeg met Farmer Tom saamstem nie. Hy wonder egter of die tieners op wie sy video gemik is, die aandagspan gaan hê om na vyf minute van sy wel beredeneer­de standpunte teluister.

BRANDERPLA­NKRY EN WYN

Die verbod op wynverkope en strandbeso­eke was ’n dubbele terugslag vir die Kaap se branderpla­nkryende wynmakers. Verbeel jou dus die vreugde toe die verbod op albei op 1 Februarie opgehef is. Minute nadat pres. Cyril Ramaphosa aangekondi­g het dat die alkohol- en strandverb­od opgehef is, twiet Johan Reyneke, branderpla­nkryer, biodinamie­se boer en wynmaker van Stellenbos­ch: “Nou kan ek van Maandag tot Donderdag wyn verkoop en van Vrydag tot Sondag branderpla­nk ry.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa