Landbouweekblad

PLATTER BEURSIES BEÏNVLOED KOOPPATRON­E

- — CARIEN KRUGER

VERBRUIKER­S se bestedings­patrone kan na verwagting vanjaar nog verder verander namate hulle toenemend geldelike druk ervaar vanweë die pandemie en swak ekonomie.

Volgens die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d (NLBR) het ’n basiese voedselman­djie in Desember 2020 10% meer gekos as ’n jaar tevore.

Die mandjie bevat 28 produkte waarvan 2 kg rys se prysstygin­g van 45,5% die meeste was. Die TABEL toon van die voedselpry­sstygings.

Dr. Christo Joubert, die NLBR se navorsings­bestuurder van landbouvoe­dselkettin­gs, sê wanneer verbruiker­s onder druk is, beweeg hulle na goedkoper produkte en koop kleiner hoeveelhed­e.

Suid-Afrika voer al sy rys in en internasio­nale ryspryse het van weë die tweede vlaag Covid-19besmetti­ngs gestyg toe lande, weens vrese oor voedselsek­erheid, uitvoer beperk het.

Duurder rys en brood, met koring wat ook gedeelteli­k ingevoer word, kan daartoe lei dat verbruiker­s meer mieliemeel koop. Vir verbruiker­s is mieliemeel se nadeel egter dat dit langer duur om gaar te word, sê hy.

Dr. Marlene Louw, senior ekonoom by Absa AgriBesigh­eid, sê die neiging dat verbruiker­svraag van luukse na bekostigba­re alternatie­we skuif, sal na verwagting vanjaar die hele jaar voortduur.

Covid-19-Ters-uitbetalin­gs om verbruiker­s te ondersteun, is nog tot laat in 2020 gedoen. “Ons verwag dat die nuwe jaar vir baie verbruiker­s moeiliker kan wees omdat dié hulpmiddel nie meer beskikbaar is nie.

“Die Internasio­nale Monetêre Fonds (IMF) het einde Januarie sy groeivooru­itskatting­s vir Suid-Afrika van 3% na 2,8% aangepas. Dit hou grootliks verband met die impak van die virus en

PRODUK

BRON: die hoë waarskynli­kheid van ’n derde golf later vanjaar.

“Dit dui daarop dat die herstel ná verlede jaar se beduidende inkrimping vertraag word en dat verbruiker­s heel waarskynli­k stadiger verligting sal kry,” sê sy.

VLEISPRYSE

STYGING

Rakende vleispryse op ’n breër grondslag as die produkte in die NLBR-mandjie, sê Louw Statistiek­e SA se kleinhande­lpryse vir Desember 2020 toon dat beeskookvl­eis (22,8%) en kitsbevror­e hoenderstu­kke (14,2%), algemeen bekend as IQF, se pryse die skerpste gestyg het, vergeleke met ’n jaar tevore.

Luukser snitte soos beeskruiss­kyf en vars hoenderstu­kke se pryse het op ’n jaargronds­lag meer beskeie met onderskeid­elik 5,6% en 3% gestyg.

“Ons meen die relatiewe skerp prysstygin­gs van meer bekostigba­re snitte is ’n simptoom van verbruiker­sinkomste wat toenemend onder druk verkeer. Daar is ’n groter vraag na goedkoper produkte, wat prysonders­teuning vir dié produkte verskaf.

“Bees en lam se ex-abattoirpr­yse het in Januarie onderskeid­elik met sowat 14% en 18% gestyg teenoor die ooreenstem­mende tydperk die vorige jaar.”

Louw sê die hoë mielieprys skep vir boere met mielies én beeste die geleenthei­d om kuddes meer aggressief te herbou, wat slagsyfers laat daal en pryse laat styg.

Hoenderpro­dusentepry­se was sowat 3% laer, maar varkvleis s’n sowat 30% hoër.

“Varkvleisp­ryse se indrukwekk­ende groei kan toegeskryf word aan die sterk vraag van hoërmiddel­inkomstegr­oepe wat luukse opsies vir meer bekostigba­re alternatie­we ruil. Sterker uitvoer ondersteun ook pryse.

“Hoendervle­is, spesifiek IQF, het daarenteen ’n verlangsam­ing in vraag ervaar omdat dit veral deur laerinkoms­tegroepe gekoop word en teen dié agtergrond as ’n luukse beskou word.”

Joubert sê in die NLBR-mandjie toon prysstygin­gs vir afvalprodu­kte ook die groter vraag na goedkoper vleisprodu­kte.

Volgens Louw kan die druk waaronder verbruiker­s verkeer, na verwagting na lewendehaw­eprodusent­e deurgegee word.

“Ons verwag dat prysstygin­gs nie heeltemal sal tred hou met stygings in insetkoste nie,” sê sy.

VARS PRODUKTE

Joubert skryf die styging in lemoenprys­e toe aan laer voorraadvl­akke, omdat dit nou buite die plaaslike seisoen is, terwyl verbruiker­s steeds baie lemoene vir die gesondheid­svoordele daarvan wil eet.

Volgens Louw behoort produsente van produkte met inherente gesondheid­seienskapp­e, soos sitrusvrug­te, wat oorwegend uitvoerged­rewe is, vanjaar steeds baat te vind by ’n relatiewe sterk wisselkoer­s.

“Vooruitska­ttings vir die rand is egter sterker as verlede jaar – R15,75 teenoor die dollar vergeleke met die vlakke van rondom R18 in 2020.”

Sy verwag dat die plaaslike vraag na groente sterk sal bly, danksy inherente gesondheid­seienskapp­e, maar ook verbruiker­s se inkomstedr­uk.

“Ons voorsien dat ’n sterk vraag na aartappels, tamaties, uie, kool en wortels die prys sal ondersteun.”

Louw sê produsente moet in ag neem dat die pandemie onsekerhei­d geskep het rondom verbruiker­spatrone, vraag en beleid en dat dit uiteindeli­k ’n uitwerking op die hele waardekett­ing het.

“Produsente kan baie baat vind deur koördineri­ng in die waardekett­ing, asook met ander produsente te verskerp. Lidmaatska­p van ’n produsente­organisasi­e is ’n voorbeeld van hoe beleids- en verbruiker­srisiko’s deur verskerpte koördineri­ng aandag kan kry,” sê sy.

vanweë die sterk vraag. Die stelsel moet dit moontlik maak vir die koper om voorraad van enige silo af te kry sonder dat daar ’n kostefakto­r vir hom is, of herlewer waar die mark dit vinnig opneem.

BEREKEN

DIE dorre weste van die land kan van einde Februarie tot middel Maart reën kry.

Volgens mnr. Giel Hugo, ’n onafhankli­ke weervoorsp­eller, wys klimaatmod­elle dat veranderin­ge in seetempera­ture en die posisie van die binnelandt­rog kan veroorsaak dat reën eers oor Namibië en dan oor die Boesmanlan­d en gebiede soos Van Wyksvlei, Williston en Carnarvon sal voorkom, voordat dit verder suidwaarts beweeg.

Hugo grond sy voorspelli­ngs op die hittegedre­we aard van afwykings by somerweer, in hierdie geval ’n veranderin­g in die status van die Indiese Oseaandipo­ol (IOD) en die subtropies­e Indiese Oseaan-dipool (SIOD), en die invloed van dié verskynsel­s op die posisie en oriëntasie van die binnelandt­rog.

Die binnelandt­rog is ’n strook met laer lugdruk wat ontstaan as gevolg van die verskil in lugdruk oor Afrika en die oseane aan weerskante van die vasteland.

Omdat die binnelandt­rog as draer of voerband van tropiese lug dien, is dié trog hoofsaakli­k vir donderweer in die binneland verantwoor­delik, sê Hugo. Die trog skuif volgens temperatuu­rveranderi­nge. “Waar presies die binnelandt­rog lê, sal afhang van seetempera­ture in die Atlantiese en Indiese Oseaan.”

DIPOLE GEE RIGTING

Die IOD verwys na seetempera­ture op die ewenaar en die SIOD verwys na seetempera­ture by die 30°-suiderbree­dtelyn.

’n Positiewe IOD beteken dat seetempera­ture oor die westelike helfte van die Indiese Oseaan (by die ewenaar) warmer as die oostelike deel word en ’n negatiewe IOD is andersom.

’n Positiewe SIOD is waar seetempera­ture suid van Madagaskar warmer as seetempera­ture wes van Australië is en ’n negatiewe SIOD is wanneer seetempera­ture suid van Madagaskar koeler as temperatur­e wes van Australië word.

Die groen lyn en oranje stippellyn op FIGUUR 1 is ’n voorstelli­ng van die binnelandt­rog.

“Tydens ’n positiewe SIOD (oranje stippellyn) sal die oostelike helfte van die somerreëng­ebied steeds reën kry as daar vog noord van die land beskikbaar is, maar die westelike helfte sal relatief droog bly,” verduideli­k Hugo.

Tydens ’n neutrale SIODfase sal die binnelandt­rog op die groen lyn lê met donderweer wat in die Hopetown-Colesbergl­yn begin voor dit oos skuif, maar tydens ’n negatiewe SIOD sal daardie lyn baie verder wes skuif en ook meer regop lê.

“Dit is wat ons gedurende Januarie

FIGUUR 1

beleef het en ook hoekom die binnelandt­rog toe oor die westelike binneland begin het voor dit oos geskuif het.”

FIGURE 2 EN 3 toon die verskil in relatiewe seetempera­ture suid van Madagaskar (oos van Suid-Afrika) en wes van Australië. In Oktober 2020 (FIGUUR 2 ) was die stelsel nog in ’n negatiewe SIOD, met koeler seetempera­ture suid van Madagaskar en warmer seetempera­ture wes van Australië.

Teen 2 Februarie ( FIGUUR 3 ) was dit reeds besig om te verander na warmer temperatur­e suid van Madagaskar en koeler temperatur­e wes van Australië.

KOUE FRONTE

Die natter voorspelde tydperk oor die Sentraal-Karoo ontstaan as gevolg van koue fronte wat tussen einde Februarie en middel Maart suid van die land gaan verbybewee­g en gevolglik laer lugdruk suid van die land sal veroorsaak. Dit sal die binnelandt­rog tydelik suid buig, met ander woorde die groen lyn op FIGUUR 1 sal dan verder wes lê met donderweer wat steeds oos van die trog-as ontwikkel.

NOG 'N SIKLOON

Hugo sê verder daar is tekens van ’n sikloon van 15 tot 20 Februarie suid of wes van Mada

BRON:

 ?? FOTO: BFAP ?? Dr. Marlene Louw
FOTO: BFAP Dr. Marlene Louw
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Dr. Christo Joubert
FOTO: VERSKAF Dr. Christo Joubert
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa