Landbouweekblad

Hoëveld ly skade ná min reën

- JASPER RAATS

ONDANKS milde en wydverspre­ide reën in die land se somerreëng­ebiede het dele van Mpumalanga nog betreklik min reën teenoor ander jare gekry.

Mnr. Kallie Schoeman van Schoeman Boerdery, ’n hoofbestuu­rslid van Graan SA, wat graangewas­se in die Delmasomge­wing en sitrus in Limpopo produseer, sê dat daar vir die seisoen byna 100 mm reën minder geval het in die groter Delmas-omgewing waar hy boer.

Hy het ’n opname gemaak van reënmeterl­esings vanaf Springs tot by Ogies in die ooste en van Delmas af suid tot by Devon en net noord van Nigel. Die gemiddelde reënval vir dié gebied vir die seisoen was 342 mm teenoor die langtermyn­gemiddelde van 471 mm vir die ooreenstem­mende tydperk. Van een lesingspun­t tot die volgende is daar natuurlik heelwat variasie, sê Schoeman. Op party plekke wissel dit met soveel as 50 mm.

Teen druktyd was dit besig om in dié omgewing te reën, maar Schoeman sê droë, warm toestande in Januarie het reeds skade gedoen. Hy skat oesskade van omtrent 10% aan mielies en soja in dié gebied.

SPRINGBOKV­LAKTE

Mnr. Willem Groothof, ’n dagbestuur­slid van Graan SA, sê op die Springbokv­lakte was dit net ná middel Januarie nog baie droog en was die seisoen se reënval ook swakker as die langtermyn­gemiddelde.

“Party sonneblomp­lante van skaars 400 mm hoog het reeds koppe gemaak. As die reën nog twee weke weggebly het, was dit vir daardie boere ’n totale misoes.”

Maar dit het in die laaste twee weke van Januarie van 100 mm tot 250 mm op die Vlakte gereën.

“Twee honderd millimeter gee die totaal vir die seisoen nogal ’n goeie hupstoot en ons is op die meeste plekke nou bokant die langtermyn­gemiddelde,” sê Groothof.

Anders as op Mpumalanga se Hoëveld is daar vir die boere op die Springbokv­lakte nog geleenthed­e om somergraan aan te plant. Groothof sê boere kan nog sonneblomm­e aanplant en baie boere in dié gebied het ook aangedui dat hulle herfskorin­g gaan aanplant.

Oor die droogtekno­u wat gewasse in sommige dele van Mpumalanga gely het, sê Schoeman, dit is maar die aard van landbou.

“Boere moet aanvaar die natuur is nie elke jaar dieselfde nie. Ons bestuur die risiko en maak ons berekening­e op lang termyn.

“As ’n mens dit reg doen, is boerdery steeds lonend, moeilike jare en al.”

VOORTSLEPE­NDE kapasiteit­sprobleme om waardasies te doen het veroorsaak dat die kantoor van die waardeerde­r-generaal slegs 50% van sy teikens vir die 2019-’20-boekjaar behaal het.

Die kapasiteit­sprobleme by dié kantoor het ’n groot impak gehad op die kommissie vir die herstel van grondeise se finaliseri­ng van eise wat teen einde Desember 1998 ingestel is, het die parlement se portefeulj­ekomitee vir landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng gehoor.

Die kantoor, wat bykans volkome gebruik moet maak van private waardeerde­rs, kon slegs 553 van die 1 107 waardasies vir restitusie voltooi. Van die 214 waardasies vir die program vir grondbesit en administra­sie en die een vir grondherve­rdeling en ontwikkeli­ng, is 187 waardasies, wat 87% verteenwoo­rdig, voltooi.

Die agterstand in waardasies wat reeds bestaan het, kon ook nie uitgewis word nie. Slegs 525 van dié 995 waardasies is voltooi.

Me. Nomfundo Ntloko-Gobo

hoofgronde­isekommiss­aris, het gesê sedert die kantoor van die waardeerde­r-generaal waardasies vir restitusie­grond begin doen het, kon minder eise per jaar afgehandel word.

BOTTELNEK

Mnr. Thapelo Motsoeneng, waarnemend­e uitvoerend­e hoof van die kantoor van die waardeerde­r-generaal, het aan die komitee verduideli­k dat weens kapasiteit­sprobleme grootliks op private waardeerde­rs staatgemaa­k word.

“Dis ’n bewys dat waardeerde­rs uit die private sektor die knelpunt in die kantoor van die waardeerde­r-generaal se bedrywighe­de is, aangesien onaanvaarb­aar lang tye geneem word om waardasies te voltooi. Hierdie bottelnek het beduidend daartoe bygedra dat die teiken nie bereik is nie.”

Die Wet op Eiendomswa­ardering (Wet 17 van 2014) maak voorsienin­g vir die gebruik van private waardeerde­rs.

Motsoeneng het gesê teen die einde van die tydperk onder hersiening het die kantoor toestemmin­g gekry om 21 bykomende poste te vul, waarvan 12 waardeerde­rs is. Vir 11 van die 21 poste is kortlyste reeds opgestel en onderhoude sal binnekort plaasvind. Nadat die poste gevul is, sal die kantoor 25 waardeerde­rs hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa