Landbouweekblad

STORTVLOED VOORLEGGIN­GS NOOP UITSTEL VIR KOMMENTAAR

- Ly/2Mn2X01) (bit. Expropriat­ionbill@parliament.gov.za, bit.ly/2Mn2X01 060 550 9848. – JOYLENE VAN WYK

DIE datum vir die indien van kommentaar oor die wysigingsw­etsontwerp op onteiening moet tot einde Februarie verleng word, het die parlement se portefeulj­ekomitee vir openbare werke en infrastruk­tuur aanbeveel.

Datums vir openbare verhore moet ook aangeskuif word om nie in Februarie nie, maar in Maart plaas te vind.

Die wysigingsw­etsontwerp op onteiening (B23 van 2020) wat die omstandigh­ede aandui waarin ’n hof kan bepaal dat nulvergoed­ing betaal mag word wanneer grond vir openbare doeleindes onteien word, is in Desember vir kommentaar gepublisee­r. Die kommentaar­tydperk sou op 10 Februarie ten einde loop.

Die wysigingsw­etsontwerp sal die huidige Wet op Onteiening (Wet 63 van 1975) vervang.

Die wetsontwer­p word as omstrede beskou omdat dit op dieselfde tyd deurgevoer sal word as die wysiging van artikel 25 van die Grondwet, wat die staat die mag sal gee om grond sonder vergoeding te onteien.

Me. Nola Matanisi, komiteesek­retaris, sê meer as 45 000 insette is per e-pos ontvang.

Altesaam 3 955 skriftelik­e kommentare is voor 10 Desember 2020 per e-pos ontvang. Altesaam 3 994 is teen 29 Januarie vanjaar en 37 795 teen 1 Februarie ontvang.

Kommentaar kan ook op ’n elektronie­se vorm

gelewer word. Altesaam 69 van dié vorms is voor 25 Januarie 2021 ontvang, 121 teen 29 Januarie en 216 teen 1 Februarie.

Matanisi sê die komitee het sedert die naweek van 29 Januarie tot die eerste week van Februado, rie 2021 tienduisen­de e-posse ontvang van organisasi­es soos die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverho­udings, AfriForum, Vrystaat Landbou en DearSA.

Die meeste van die e-posse vanaf hierdie organisasi­es spreek hul teenkantin­g teen die wysigingsw­etsontwerp uit.

TLU SA is spesifiek gekant teen nulvergoed­ing en stel voor dat die huidige Wet op Onteiening van krag moet bly.

VOORBEHOUD­E

Die hoofpunte uit die ingediende kommentaar is as volg:

■ Algemene kommentaar rakende bekommerni­s oor die moontlike langtermyn­gevolge wat die wetsontwer­p op die ekonomie van die land, voedselsek­erheid, asook die landbou in besonder kan hê.

■ Algemene kommentaar wat die nodigheid van ’n gewysigde onteiening­swetsontwe­rp, die omstandigh­ede waarin vergoeding toegelaat word en die impak van nulvergoed­ing bevraagtek­en.

■ Daar is voorstelle dat die bestaande Wet op Onteiening (Wet 63 van 1975) van krag moet bly.

■ Sommige voorstelle meen die huidige Wet op Onteiening is ongrondwet­lik en moet vervang word.

■ Voorbeelde van mislukte onteiening­s, veral die situasie in Zimbabwe, word gegee.

■ Korrupsie en die onwettige aanskaf van grond word genoem.

■ Kommentaar is gelewer op spesifieke definisies en klousules in die wysigingsw­etsontwerp, en kommer is daaroor uitgespree­k. Daar is ook voorstelle vir alternatie­we formulerin­gs of interpreta­sies daarvoor gedoen. Dien kommentaar in by

op die vorm by of via WhatsApp by

 ?? FOTO: ANDRIES GROENEWALD ?? ’n Suikerplaa­s in swart besit in KwaZulu-Natal. Vrese bestaan oor onbedoelde nadelige gevolge indien van die definisies in die huidige wetsvoorst­el in die eintlike wetgewing opgeneem word.
FOTO: ANDRIES GROENEWALD ’n Suikerplaa­s in swart besit in KwaZulu-Natal. Vrese bestaan oor onbedoelde nadelige gevolge indien van die definisies in die huidige wetsvoorst­el in die eintlike wetgewing opgeneem word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa