Landbouweekblad

SÓ KAN BETERKATOE­N-INISIATIEF SA UITVOER HELP

- JASPER RAATS

DIE katoenmark tel kop op nadat die bedryf wêreldwyd in 2020 ’n moeilike jaar beleef het weens die Covid-19-pandemie. Saam met inentingsv­eldtogte wat reeds in die meeste ontwikkeld­e lande begin het, het die internasio­nale verwysings­prys vir katoen herstel van omtrent 65 Amerikaans­e sent per pond (R9,78 per 435 g) in die ooreenstem­mende tydperk verlede jaar tot 80-85 Amerikaans­e sent per pond (R12,03 tot R12,79 per 435 g) tans.

Saam met die gunstige wisselkoer­s is dit goeie nuus vir Suid-Afrikaanse uitvoerder­s, sê mnr. Hennie Bruwer, uitvoerend­e hoof van Katoen SA. Boonop is Suid-Afrika se produsente goed geposision­eer om by veral Europese verbruiker­s voordeel te trek uit sy goeie produksiep­raktyke.

In ’n onlangse ontleding van die katoenbedr­yf sê Nedbank katoen wat aan die beterkatoe­ninisiatie­f (BCI) voldoen, sal saam met die Green Deal-inisiatief wat ekonomiese herstel in Europa aandryf, al hoe belangrike­r in die Europese mark word.

GROOT GEDEELTE

Terwyl 44% van die katoen wat die afgelope seisoen in Suid-Afrika geoes is, aan die BCI voldoen, voldoen gemiddeld net 22% van katoen wêreldwyd daaraan. Katoen SA is die BCI-toepassing­svennoot in Suid-Afrika, wat die proses aandryf om alle Suid-Afrikaanse katoen binne die volgende drie tot vyf jaar aan die BCI te laat voldoen.

Bruwer sê die voordeel van BCI-katoen vir produsente wat wil uitvoer, is dat dit eerste op die internasio­nale mark opgeraap word. Katoen wat nie aan BCI-standaarde voldoen nie, sal ook verkoop, maar BCI-katoen verkoop eerste.

Volgens Bruwer is dit duur om aan enige sertifiser­ingliggaam te behoort en veroorsaak dit ekstra werk en administra­sie vir produsente. Daarom het Katoen SA die BCI gekies. Dié inisiatief staan neutraal teenoor GM-tegnologie, iets waarop die Suid-Afrikaanse katoenbedr­yf swaar steun. Katoen SA het in sy soeke na ’n registrasi­eliggaam gesien Suid-Afrikaanse produsente wat aan die verskillen­de wette rakende arbeid, omgewingsa­ke, water en die bestuur van ander hulpbronne voldoen, byna reeds aan al die BCI-vereistes voldoen het. “Ons was feitlik klaar daar. Dit was dus nie ’n groot sprong om by die inisiatief se standaarde in te val nie.”

Bruwer noem dat die BCI ook plaaslik vir produsente ’n voordeel inhou. Woolworths koop byvoorbeel­d slegs katoenprod­ukte wat organies gesertifis­eer is of aan BCI-standaarde voldoen.

 ?? FOTO: JASPER RAATS ?? Die groot vraag na hoëgehalte­katoen in internasio­nale markte kan voordelig wees vir die Suid-Afrikaanse bedryf, wat relatief baie van dié soort katoen produseer.
FOTO: JASPER RAATS Die groot vraag na hoëgehalte­katoen in internasio­nale markte kan voordelig wees vir die Suid-Afrikaanse bedryf, wat relatief baie van dié soort katoen produseer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa