Landbouweekblad

Vinpro volhard met hofsaak teen landwye alkoholver­bod

- MICHELLE VAN DER SPUY

DIE bedryfslig­gaam Vinpro gaan voort met die hofaansoek wat op 27 Januarie by die Wes-Kaapse hooggeregs­hof ingedien is en waarin versoek word dat die Wes-Kaapse premier die gesag gegee word om die verkoop van drank te beheer.

Uiteindeli­k sal versoek word dat dié gesag aan alle provinsial­e regerings gegee moet word.

Hoewel die verkoop van drank weer gedeelteli­k toegelaat word, wil Vinpro met die regstappe verseker dat die bedryf nie weer “soos ’n ligskakela­ar aan- en afgeskakel word nie”, sê mnr. Rico Basson, Vinpro se bestuursho­of.

Die liggaam het egter afgesien van ’n aansoek om ’n tussentyds­e interdik, omdat pres. Cyril Ramaphosa vroeg vandeesmaa­nd aangekondi­g het dat drank van Maandag tot Donderdag van 10:00 tot 18:00 verkoop mag word.

Belastingv­rye winkels, geregistre­erde wynkelders, wynplase, mikrobroue­rye en mikrodisti­lleerders sal alkohol vir wegneemdoe­leindes tydens hul normale lisensie-ure kan verkoop.

20WEKE

Die drankverbo­d wat weens Covid-19-regulasies ingestel

is, het tot gevolg gehad dat die wynbedryf sedert Maart 2020 vir 20 weke nie volledig kon handel dryf nie en verliese van R8 miljard gely het. Die situasie bedreig dus steeds die wynbedryf se waardekett­ing.

Basson sê dit is ’n verligting vir die bedryf dat die verkoop van drank weer toegelaat word, maar dat ’n moeilike herstelpad vir wynverwant­e besighede voorlê. Die aankondigi­ng het te laat vir van dié besighede gekom.

“Ons sal aanhou om die regering vir finansiële verligting te vra ten einde die voortbesta­an van ons 533 wynkelders, 2 778 wyndruifpr­odusente en 269 000 werknemers in die wynbedryf se waardekett­ing te beskerm.”

VERANTWOOR­DELIK

Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, sê die opheffing

van die drankverbo­d sal die wynbedryf in staat stel om die wesenlike verliese aan inkomste en werkgeleen­thede gedurende die afgelope tien maande te verhaal.

“Ek vra die bedryf om dit op ’n verantwoor­delike wyse te doen aangesien ons nie nog ’n inperking kan bekostig nie.

“Plekke waar drank verkoop word, moet groter verantwoor­delikheid vir hul kliënte neem en help om die nadelige gevolge van drankmisbr­uik, wat tot ’n toename in traumageva­lle lei, te bestuur.”

Suid-Afrikaanse Brouerye het middel-Januarie ook regstappe teen die verbod gebring, en Heineken SA het aangekondi­g dat hy poste gaan besnoei weens die inkomsteve­rliese wat die verbod teweeggebr­ing het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa