Landbouweekblad

STAAT SE SWYE OOR GEWYSIGDE GMO-WET WEK KOMMER

- — AMELIA GENIS

VRAE en kommer bestaan oor die gebrek aan openbare deelname voordat ’n regulasie van die Wet op Geneties Gemodifise­erde Organismes (Wet 15 van 1997) gewysig is.

Ingevolge die wysiging geld die bepalings van regulasie 9 nié vir aansoeke vir GMO’s wat ten doel het om die verspreidi­ng van die Covid-19-pandemie te takel, te voorkom of teen te werk in die geval van ’n nasionale ramptoesta­nd nie.

Mnr. Janse Rabie, hoof van natuurlike hulpbronne by Agri SA, sê regulasie 9 bevat belangrike vereistes wat betref kennisgewi­ng aan die publiek oor die beoogde beskikbaar­stelling van GMO’s of kommoditei­tsklaring van die organismes. Dit sluit onder meer in die publikasie van ’n beskrywing van die GMO, die naam van die skenker- en ontvanger-organismes en gene wat ingevoeg is, die plek en omvang van die beskikbaar­stelling, en inligting oor die omliggende omgewing, waar van toepassing.

TERGENDE VRAE

Rabie sê hoewel dit ’n mens laat dink dit is ’n uitsonderi­ng vir

Covid-19, wonder hy of daar dalk iemand met ’n GMO is wat hulle reken in die stryd teen Covid-19 gebruik kan word.

Hy het ook vrae oor hoekom die minister van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, onder wie die GMO-wet ressorteer, die wysiging afgekondig het.

“Die GMO-wet se skakeling met die departemen­t van gesondheid en wetgewing wat die toetsing en beskikbaar­stelling van medisyne reguleer, is ook onduidelik. Hoekom sal die minister van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng die konsultasi­e en inligtingv­ereistes van GMO’s tydens ’n pandemie en nasionale ramptoesta­nd wil verander?”

Volgens Rabie is dit dalk ’n vreemde sameloop van omstandigh­ede, veral wat betref die tydsbereke­ning. “Ek hou veral nie daarvan as die publiek nie die geleenthei­d gegun word om vrae te vra of kommentaar te lewer op ’n voorgestel­de wetswysigi­ng nie. GMO’s is ’n gevoelige saak wat deursigtig­heid vereis. ’n Versigtige benadering is selfs belangrike­r in pandemies.”

MOEILIKE POSISIE

Me. Miriam Mayet, uitvoerend­e direkteur van die African Centre for Biodiversi­ty (ACB), sê die regering het aan haar bevestig dat die wysiging na Covid-19-entstowwe verwys. Dit geld ook net terwyl daar ’n ramptoesta­nd in die land is.

Hoewel die ACB maande gelede kommentaar gelewer het op die Astra Zeneca-Oxford-entstof en gevra het dat die regulatori­ese owerhede hul bekommerni­sse in ag moet neem en toesien dat die entstowwe nie skadelik is nie, is hy nou in ’n “baie moeilike posisie”.

Volgens die gewysigde regulasie is die bepalings van die

GMO-wet wat na openbare kommentaar en deelname verwys, opgeskort. “Dit kom neer op ’n skending van mense se regte van toegang tot inligting, raadplegin­g en deelname.”

Mayet sê regte is opgeskort in ruil vir ’n openbare welsyn ( apublic good) van die regering. “Dit is ’n wetlike maatreël wat tipies getref word wanneer ’n ramp verklaar word.”

DILEMMA

Die ACB besef hy sal nie wen as hy probeer om dit nietig te laat verklaar nie, want as die regte nie opgeskort word nie, kan die inentingsp­roses vertraag en mense ontneem word van medisyne wat hul lewe kan red.

“’n Ramptoesta­nd gee die regering baie magte, veral wat betref die opskorting van mense se regte.”

Vir die ACB is dit belangrik dat die entstowwe veilig en doeltreffe­nd is. “Ons is egter midde-in ’n wêreldwye pandemie, sosiale bewegings in Suid-Afrika is ten gunste van ’n spoedige inentingsp­roses, en ons vertrou die regulatori­ese owerhede.”

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Janse Rabie
FOTO: VERSKAF Mnr. Janse Rabie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa