Pandemie kelder plattelandse skoue
ORGANISEERDERS van talle plattelandse skoue moet vir ’n tweede jaar gebeure afgelas of uitstel – ’n gevoelige ekonomiese slag vir die dorpe en omgewings waar dit aangebied word.
Volgens Landbouweekblad se kalender het verskeie dorpe soos Victoria-Wes, Riversdal, Williston, Swellendam en Heidelberg, wat tradisioneel hul landbouskou aan die begin van jaar aanbied, reeds skoue afgelas of na alternatiewe datums verskuif. Verskeie groot skoue, soos die Royal-skou in Pietermaritzburg, die Bloemskou in Bloemfontein en die Bathurstskou in die Oos-Kaap is ook reeds afgelas.
Die Nampo-oesdag by Bothaville wat van 11-14 Mei gehou sou word, is deur Graan SA uitgestel tot 17-20 Augustus. Lees
die berig by bit.ly/3rhzLGc.
Weens die onsekerheid is dit moeilik om te bemark en met telers te skakel of om borge te nader, sê mnr. Breyton Milford, bedryfsbestuurder van AgriExpo en nasionale voorsitter van die Jeugskou. Hy kry bykans daagliks oproepe van skou-organiseerders wat raad vra of hulle moet voortgaan om vanjaar skoue te probeer aanbied.
“My hart sê hulle moet, maar die werklikheid is dat hulle waarskynlik nie ’n skou sal kan aanbied nie. Indien wel, sal die getal mense wat ’n skou kan bywoon, baie minder moet wees.”
Volgens mnr. Toit Wessels, assistentbestuurder van bemarking en Nampo by Graan SA, staan skoue tans agter in die ry van geleenthede wat weer oopgestel gaan word. Hy reken dit sal nie toegelaat word voordat groot skares weer sokker- of rugbywedstryde mag bywoon nie.
“Dit het ’n baie groot impak op die skoubedryf.”
Hy sê boere stal hul vee op skoue ten toon om ’n waarde daaraan te koppel. “As ’n boer wen, weet hy hy het goeie materiaal om te verkoop. Boere kry nou nie daardie geleentheid nie.”
Volgens Milford is landbouskoue in klein gemeenskappe een van die min jaarlikse geleentdie
juis nou bespuit word om blaarvlek te voorkom en ekstra voeding te gee waar nodig
“Weens die reën kan trekkers nie in lande ingestuur word nie. Die doeltreffendheid van bespuitings word deur reënval beinvloed. Vliegtuie kan gebruik word, maar dit werk duurder uit vir produsente.”
Blaarvlek kan veroorsaak dat ’n aanplanting vroeër as die ideale vyf maande of voordat die pitte volwasse is, opgetrek moet word omdat die plant al sy blare verloor. Dit veroorsaak ’n laer opbrengs en kleiner of verkrimpte pitte, wat tot swakker graderings lei.
MEER BESPUITINGS
MOEILIKE besluite lê voor vir wynboere in die wingerd, want daar is nie genoeg spasie in die land se kelders om die oes, wat ietwat groter as verlede jaar gaan wees, in te neem nie.
Boonop lyk dit of sekere kultivars baie na aan mekaar gaan ryp word, en dit sal wynmakers laat bontstaan in die kelder.
Die Suid-Afrikaanse Wynbedryfinligting en -stelsels (Sawis) raam boere sal vanjaar altesaam 1,37 miljoen ton druiwe pars – ’n bietjie meer as verlede jaar, maar steeds minder as die vyftienjaargemiddelde.
Volgens die landgoed Kanonkop se nuusbrief is daar baie onsekerhede en is dit moeilike tye. “Een ding bly egter seker. Die druiwe sal ryp word en die 2021-oes gaan plaasvind.”
Mnr. Conrad Schutte, bestuurder van Vinpro se konsultasiedienste, sê danksy matige temperature en genoeg water het wingerde in die meeste streke goed gegroei.
Parstyd het sowat twee weke later as gewoonlik begin.
RUIMTE
Schutte sê die later parstyd kon tyd wen vir kelders om verwerkingsen opbergingsruimte oop te maak ná die opheffing van die alkoholverbod.
“Aan die ander kant word warmer weer vanaf middel Februarie tot die laaste week van Maart voorspel, wat rypwording kan bespoedig en bottelnekke kan veroorsaak soos sommige kultivars kan inhaal en die oes gelyktydig ryp word.”
Mnr. Charles Back, eienaar van Fairview-landgoed in die Paarl, sê hulle het op Maandag 25 Januarie amptelik die parstyd ingelui toe hulle Verdelho-druiwe geoes het.
“Tot dusver is ons baie tevrede met die gehalte van die druiwe. Die opbrengs lyk ook belowend, danksy goeie winterreën en laat reën teen die einde van die jaar.
“Maar in my meer as 40 parstye het ek al besef dinge kan in ’n oogwink verander en ons is uitgelewer aan moeder natuur se genade.”
FANTASTIESE GEHALTE
Me. Annelie Viljoen, Kanonkop se wingerdboukundige wat na sowat 30 plase omsien waar hulle druiwe vir die Kadette-wynreeks aankoop, sê wynmakers sal noukeurig planne in die kelder moet beraam en suikervlakke mooi dophou, want dit lyk of Cabernet sauvignon- en Merlot-druiwe vroeg deurslaan.
Dit beteken dié kultivars sal gelyktydig ryp word, saam met kultivars soos Pinotage wat later ryp word.
“My algehele indruk is dat ons fantastiese gehalte kan verwag en ek sien uit na die uiteindelike resultate.”
Weens die verbod op drankverkope wat sedert Maart 2020 altesaam amper 20 weke geduur het, kon kelders nie betyds van hul wyn ontslae raak nie.
Daar is meer as 640 miljoen liter in voorraad, waarvan tot 300 miljoen liter nog nie gekontrakteer is nie.
Groter kelders het bykomende opbergingsplekke gehuur en pryse verlaag, of gaan ’n deel van hul oes as druiwesapkonsentraat wegwerk.
Vir kleiner kelders is dit egter moeiliker om opbergings- en verwerkingskapasiteit te skep.
DIE wynmaker mnr. Peter-Allan Finlayson van Gabriëlskloof-wynlandgoed in die Overberg is “gefrustreerd en geskok” oor wyn wat valslik onder die landgoed se etikette op die swartmark verkoop is tydens die nasionale alkoholverbod.
’n Gabriëlskloof-werknemer het ’n bottel met ’n Gabriëlskloof Syrah-etiket by ’n vriend gekry. Dit is egter die verkeerde botteltipe en bevat ook nie Gabriëlskloof se wyn nie. Dit is moeilik om te verklaar waar die wyn vandaan kom, of hoeveel valslik onder die etikette verkoop is, “want daar is nie ’n reeksnommer of seël op die bottel nie”.
“Ons kan nie die wyn op enige manier naspeur nie”, sê Finlayson. “As daar nie ’n verbod was nie, sou mense nie nodig gehad het om op onderduimse wyse wyn in die hande te kry nie.” Lees meer by