Landbouweekblad

NAT WEER, MIN SONSKYN KASTY GRONDBOONT­JIES

- — SUZANNE VENTER

GRONDBOONT­JIEBOERE in Noordwes sukkel tans met blaarvlek en blaarvoedi­ng weens die swaar reën en min sonskyn van die afgelope paar weke.

Boonop maak die nat toestande dit vir hulle moeilik om die nodige chemiese bespuiting­s te kan doen, wat ’n belowende oes kan benadeel.

“In die 2019-seisoen is min grondbone geplant weens te min reën in planttyd. Die opbrengste van die aanplantin­gs was ook minder as gevolg van lae reënval,” sê mnr. Lourens de Kock, besturende direkteur van die grondboont­jiekoper Roba Foods, en self ’n grondboont­jieboer. “In die 2020-seisoen het produsente goeie oeste gehad, maar in sommige gebiede moes hulle aanplantin­gs vroëer uithaal weens vroëe ryp.”

In die huidige seisoen kon boere danksy goeie reën in November 80% van hul aanplantin­gs in dié maand afhandel, pleks van Desember soos die afgelope vyf jaar die geval was weens laat reën. Bogemiddel­de reën en bewolkte dae verhoog egter nou die risiko vir blaarvlek.

Altesaam 60% van Suid-Afrika se totale grondboont­jieopbreng­s het verlede jaar uit Noordwes gekom.

SONSKYN BELANGRIK

Mnr. Kierie Barnard, ’n Midchem-verteenwoo­rdiger verbonde aan die Noordwes-koöperasie, sê sonskyn is belangrik vir goeie ontwikkeli­ng by grondboont­jieplante omdat die plante dig teen mekaar groei en daar min lugvloei is. “Te veel reën veroorsaak dat die grond verdig en dan is daar nie genoeg suurstof in die grond nie. Dit gee aanleiding tot geel blare wat sleg vir peulontwik­keling onder die grond is. Goeie grondboont­jies het gesonde blare nodig.”

Grondboont­jies moet vir optimale opbrengs sowat vyf maande in die grond bly.

Volgens De Kock moet plante

Barnard sê daar is ’n toename in bespuiting­s die afgelope paar weke weens blaarvlek en swamsiekte­s. Baie blaarvoedi­ng word ook gespuit sodat plante langer in die grond kan bly en optimaal ontwikkel.

“In die verlede het die meeste boere korrektief bespuit, maar omdat ons nou meer reën kry, is daar ook voorkomend bespuit. Boere moet oral dié seisoen ’n ekstra spuitsessi­e inwerk.”

Boere spuit veral nou blaarvoedi­ng wat kombinasie­s van swael, magnesium en seewier bevat. Dit help met die stresverli­gting van grondboont­jieplante en stimuleer haarwortel­ontwikkeli­ng.

 ?? FOTO: SUZANNE VENTER ?? Grondboont­jieboere in Noordwes sukkel met blaarvlek as gevolg van baie reën en te min son.
FOTO: SUZANNE VENTER Grondboont­jieboere in Noordwes sukkel met blaarvlek as gevolg van baie reën en te min son.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa