Landbouweekblad

NUWE WEBWERF ADVERTEER JOU PLAASVAKAN­SIE-VERBLYF

- Tourismafr­ica.com agri

’N NUWE bespreking­swebwerf bied aan toeriste een plek om aanlyn na plase met vakansieve­rblyf te gaan soek. Meer as 80 verblyfple­kke is reeds op

geregistre­er. Me. Jacqui Taylor, stigter en besturende direkteur van Agritouris­m Africa, sê die mark vir sulke ervarings groei en die organisasi­e ervaar ’n toename in navrae vanaf nuwe demografie­se markte.

“Stedelinge doen weens Covid-19 introspeks­ie oor wat in die lewe saak maak. Daar is byvoorbeel­d Suid-Afrikaners wat voorheen in gimnasiums sou oefen, wat nou in ’n plaasomgew­ing wil fietsry, draf of swem.

“Gesinne wat in huise of woonstelle ingehok is, het ’n behoefte aan hul eie ruimte, terwyl mense wat aan depressie ly of iemand aan die dood moes afstaan weens Covid-19, ’n behoefte het aan ’n ruimte waar hulle deur ’n helingspro­ses kan gaan.

“Kortom, die mark het uitgebrei en brei steeds uit.”

Boere kan hul verblyf gratis op die nuwe bespreking­splatform laat registreer en kommissie van 15% geld dan op bespreking­s. Die organisasi­e bied ook ’n opsie van lidmaatska­p.

DIVERSIFIK­ASIE

Taylor sê toeristeve­rblyf bied aan

boere bykomende inkomste en risikodive­rsifikasie.

Dit skep werkgeleen­thede vir onder andere die boer se gesin of gades van plaaswerke­rs en bied beter benutting van plaashulpb­ronne.

Agritouris­m South Africa het in 2016 as ’n organisasi­e sonder winsbejag begin en Agritouris­m Africa in Januarie 2019.

Taylor, wat op ’n plaas grootgewor­d het en ’n agtergrond in bemarking van toerisme en die wynbedryf het, sê die landelike omgewing verander en boere verkoop plase aan groter korporatie­we ondernemin­gs.

Sy het wêreldwyd na gevallestu­dies van landelike toerisme en agritoeris­me gaan kyk en besef Suid-Afrika het nie ’n platform vir landelike toerisme om boere te help om hul inkomstest­rome te diversifis­eer en hul grond optimaal te benut nie.

AFRIKA

Die nuwe aanlyn bespreking­splatform is aanvanklik net vir Suid-Afrikaanse plase, maar Taylor sê sy is al deur boere van oor die vasteland genader.

Agritouris­m Africa/ South Africa bestaan uit ’n span van drie mense. Hulle gebruik die diens van ’n vryskut-videograaf om video’s te maak vir boere wat lid is.

Prof. Neels van Heerden, wat jare se ervaring in toerismegr­adering en kampering het, is op vryskutgro­ndslag betrokke.

 ?? FOTO: JACQUI TAYLOR ??
FOTO: JACQUI TAYLOR

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa