Landbouweekblad

BOERDERYBE­STUUR

- NAVRAE: Mnr. Johan Hoffman, e-pos: hoffmanj@lantic.net, 082 455 8871.

streef na hoogste inkomste per ha”, LBW, 11 Februarie.)

Johan moet weer die mielieplan­tery by Jos gaan oorneem. Die planttyd vir die mielies is beperk omdat hulle so gou moontlik wil klaarmaak. Die grond is nat en gereed vir die mieliepitt­e. Daarbenewe­ns wil hulle nie tyd verspeel nie, want dit kan nog baie reën en dan is die landerye te nat om beplant te word. Hulle boer grootliks op sandgrond met ’n keerlaag van sowat ’n meter diep. As die grondprofi­el vol water is, staan die water op die oppervlak.

Gevolglik gesels ons in die John Deere 8335RT-trekker se kajuit oor die mielieboer­dery. Die trekker is met rusperband­e toegerus om wielglip met 8-12% te verminder en werkverrig­ting te verbeter.

Buite is dit snikheet en die elektronie­se termometer wys dit is 38 ºC, maar binne is die klimaatbeh­eer op onder 20 ºC gestel.

Danksy ’n RTK-navigasies­telsel en outomaties­e stuurmegan­isme met satellietv­erbinding is Johan se belangriks­te taak om by die wenakker om te draai en die trekker met die John Deere FX1516-planter agteraan se neus weer na die ander kant van die land te rig. Dan neem die gevorderde stelsel weer oor en ry presies op die regte spoor na die oorkant toe.

Hy verloor egter vir geen oomblik sy waaksaamhe­id nie. Sy oë beweeg heen en weer, kyk vorentoe en dan in die truspieël na agter. Die heeltyd verduideli­k hy hoe die elektronie­se stelsels funksionee­r om presisiebo­erdery tot op die volgende vlak te voer. Met die druk van knoppies kan hy tred hou met die trekker se spoed, die stand waarteen die saad en kunsmis in die grond geplaas word, die diepte van die saadplasin­g en die afstand tussen sade.

PLANT AFWISSELEN­D

Boonop “praat” die trekker en die planter voortduren­d met mekaar. Dit is moontlik danksy die Fieldview-toepassing van Bayer se afdeling vir digitale landbou in die trekker se elektronie­se brein. Fieldview stel ’n boer in staat om sy plaas se data te ontleed.

Elke land en sy verskillen­de dele het eiesoortig­e eienskappe. Daarom is gevorderde elektronik­a nodig om die data wat met onder meer die vorige oeste en grondontle­dings ingesamel is, te gebruik om gevorderde opbrengska­arte saam te stel. Só kan die boer elke vierkante meter se potensiaal optimaal benut vir die maksimum opbrengs, inkomste en wins per hekaar.

Die sade en kunsmis word wisselend toegedien op grond van die wisselende opbrengspo­tensiaal oor ’n land. Die doelwit is om die dele met die hoogste potensiaal optimaal te beplant en te bemes, en die dele wat ’n laer potensiaal het, teen ’n laer stand en kleiner hoeveelhed­e kunsmis te bemes.

“Dié Von Liebig-beginsel is die mees optimale presisiebo­erdery wat ek kan toepas. Aan die een kant haal ek die beste uit my grond, en aan die ander kant mors ek nie geld op ’n plantestan­d en kunsmis wat nie gaan help om ’n groter opbrengs op die swakker dele te verkry nie,” verduideli­k Johan.

Die Fieldview-toepassing word ook vir onder meer onkruidbek­amping gebruik wanneer die boerdery se John Deere 4630-hoogloopsp­uit gebruik word. Waar nodig word ook wisselend gespuit. Stroopwerk word met ’n John Deere S660 gedoen, waar dieself

de tegnologie toegepas word.

Die selfstuurm­eganisme is ook aan satelliett­egnologie gekoppel sodat die Hoffmans ter wille van die beperking van grondverdi­gting elke keer op dieselfde spore kan beweeg gedurende die seisoen.

DATA IS BELANGRIK

Terug by die huis vertel Jos meer. Hy beklemtoon die belangrikh­eid van data.

“Dit help nie jy het data en jy gebruik dit nie. Weeg, meet en verwerk die data voortduren­d. Dit stel ons in staat om ná die oes vas te stel waar ons kan verbeter. In die skaapboerd­ery kan ons op dieselfde manier sien watter diere swak presteer.”

Vir die saaiery is Fieldview baie belangrik, en vir die skaapboerd­ery gebruik hulle die Bengu-skaapprogr­am – ’n Suid-Afrikaanse stelsel – en Stamboek se Logix, wat ook help om teelwaarde­s en ander syfers te bestudeer.

Een keer per maand bring Jos ’n dag in die kantoor deur om alles oor die boerdery te ontleed – van die kunsmisvoo­rraad in die skure tot die diensrekor­ds van die trekkers. Maandae verskaf die werkers voorraadly­ste sodat hy goedere betyds kan bestel nadat hy verskillen­de verskaffer­s se pryse vergelyk het. Hy kontroleer verskillen­de verskaffer­s se pryse deurentyd om betyds agter te kom wanneer een dalk beter aanbieding­e het. Dienslewer­ing word ook in ag geneem.

“Alles gaan oor winsgewend­heid. Ek probeer alles terugwerk na opbrengs op kapitaal.

As jy iets goedkoop in die hande kry, beteken dit nie dit is noodwendig winsgewend nie. Baie faktore moet eers in aanmerking geneem word, soos produkte se doeltreffe­ndheid,” sê Jos. Hy bestudeer produkte se etikette en bepaal wat jy per rand kry, wat die samestelli­ng van die produk gemeet aan sy koste is en wat alles aan die prys gekoppel is (dus die gehalte).

VERGELYK OOK WERKTUIE

Dit werk ook só wanneer die boerdery ’n nuwe trekker, stroper of werktuig oorweeg. Hulle kyk dus eers wat die boerdery met ’n bepaalde werktuig kan vermag.

Jos verduideli­k dit aan die hand van ’n nuwe John Deere FX 1516-planter wat hulle ’n tyd gelede aangeskaf het. Met behulp van

John Deere se Apex-sagteware kon hy die verskil in opbrengs meet tussen ’n konvension­ele planter en ’n planter wat die saad en kunsmis wisselend toedien. Met die wisselende planter was die wins R1 002/ha méér as met die konvension­ele planter omdat die grond optimaal benut word deur die saad en kunsmis op presies die regte plek toe te dien.

“Neem weg by die swakker dele en sit dit by op die goeie dele.”

Jos-hulle het bereken as hulle 2 000 ha mielies plant en hulle maak R1 002/ha bykomende wins, is dit R2 miljoen ekstra wins. Dit het hulle in staat gestel om die planter deur ’n handelsban­k te finansier en die lening binne ’n enkele produksiej­aar te delg.

Die nuwe planter plant 16 rye teenoor die ou planter se agt rye. Dus kan hulle vinniger klaar plant en ook op arbeid bespaar.

Jos kan nie met sekerheid sê hoeveel hul opbrengs met die veranderli­ke plantmetod­e alleen verbeter het nie omdat ander faktore soos reënval en die genetiese eienskappe van saad betrokke is wat ook ’n invloed op die opbrengs het.

Hulle plant proewe vir Bayer om verskillen­de basters en plantestan­de te evalueer. Hulle gebruik dié resultate ook vir hul eie besluitnem­ing, wat beslis ’n groot bydrae tot die verbeterin­g van opbrengste en winste lewer.

‘Alles gaan oor winsgewend­heid. Ek probeer alles terugwerk na opbrengs op kapitaal. As jy iets goedkoop in die hande kry, beteken dit nie dit is noodwendig winsgewend nie. Baie faktore moet eers in aanmerking geneem word, soos produkte se doeltreffe­ndheid.’

 ??  ?? Mnr. Johan Hoffman voor die boerdery se John Deere-trekker wat met rusperband­e toegerus is. Dit verminder die wielglip en verbeter die doeltreffe­ndheid met 8-12%.
Mnr. Johan Hoffman voor die boerdery se John Deere-trekker wat met rusperband­e toegerus is. Dit verminder die wielglip en verbeter die doeltreffe­ndheid met 8-12%.
 ??  ?? Die John Deere-planter FX 1516 waarmee die Hoffmans mielies plant. Dit plant 16 rye mielies op ’n keer.
Die John Deere-planter FX 1516 waarmee die Hoffmans mielies plant. Dit plant 16 rye mielies op ’n keer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa