Landbouweekblad

Moeilikeja­arstuitnie Wes-Kaapsegraa­noes

- NAVRAE: www.afgri.co.za

IOndanks Covid-19-inperkings­maatreëls en die gepaardgaa­nde ontwrigtin­g en onsekerhei­d, het boere in die wintergraa­ngebiede van Suid-Afrika met hul dagtake voortgegaa­n en aangeplant om voedselsek­erheid te help verseker.

n Augustus en September verlede jaar het graangebie­de in die Wes-Kaap tydige reën gekry, terwyl temperatur­e laag was. Dit het tot die goeie produksie van kanola, gars en koring deur die hele streek bygedra. Die Swartland het in 2020 ’n gemiddelde tot bogemiddel­de oes gehad, wat stof tot dankbaarhe­id is ná 2019 se totale misoes. Die gesegde rain makes grain was voorwaar dié seisoen van toepassing. Koring- en garsopbren­gste van tot 5 t/ha is in sekere gebiede aangeteken.

Kanola het ook uitstekend presteer met rekordoest­e in die hele Wes-Kaap.

AFGRI Graanbemar­king, wat namens AB InBev as fasiliteer­der optree, se moutgarsma­ndaat vir die Swartland het goeie innames aangeteken.

Sowat 38 000 metrieke ton gars van uitsonderl­ike gehalte is gelewer. Die gemiddelde opbrengs oor die hele mandaatgeb­ied was 2,8 ton per hektaar.

Dié mandaatgeb­ied strek van Eendekuil tot Philadelph­ia en van Tulbagh tot Hopefield. In die vorige seisoen het 86 produsente 13 400 ha gars verbou.

Ondanks struikelbl­okke in die 2020-oesjaar, was dit eintlik ’n geseënde seisoen. AFGRI Graanhante­ring het by sy vier innamepunt­e in die Swartland – Malansdam-, Klipfontei­n-, Eensgezind­ten Eenboom-bunker – meer as 115 000 metrieke ton graan ingeneem. AFGRI en sy boere is baie dankbaar. ’n Rekordvolu­me van 2 941 metrieke ton graan per dag is met sowat 145 vragte by die Eenboom-bunker ingeneem.

Pryse was ook gunstig in die bemarkings­jaar en dit het bygedra tot winsgewend­heid.

Sedert 2019 het die koringprys goed presteer en kon produsente deur middel van goeie verskansin­g ’n goeie gemiddelde Safex-prys realiseer. AFGRI Graanbemar­king staan sy boere by met verskeie strategieë vir die beskerming teen risiko’s, veral wat gars en koring as hoofkommod­iteite betref.

Hoewel die Safex-prys vir Desember 2020 in die oestyd taamlik gedaal het tot vlakke van R4 600 per metrieke ton, het dit regdeur die seisoen ’n goeie geleenthei­d vir optimale bemarking gebied. Prysvlakke van R4 850 tot R5 120 per metrieke ton is behaal.

Hoewel die Wes-Kaap ’n goeie oes gehad het, moet produsente in die komende seisoen die markte fyn dophou om ingeligte besluite te neem oor die verkoop en verskansin­g van hul graan. AFGRI Graanbemar­king staan gereed om raad en hulp te gee om boere in staat te stel om te boer.

 ?? FOTO: FRIKKIE BARNARD ??
FOTO: FRIKKIE BARNARD
 ?? FOTO: MARLENE KOTZE ?? Danksy goeie reën in die Wes-Kaap die afgelope seisoen het gars goed gevaar.
FOTO: MARLENE KOTZE Danksy goeie reën in die Wes-Kaap die afgelope seisoen het gars goed gevaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa