Landbouweekblad

Reproduksi­ebestuur kan skaapboerd­ery maak of breek

-

As die eerste wet van presisiesk­aapboerder­y is om jou veld volgens sy dravermoë te belaai, is die tweede wet om ’n teelkudde te hê wat in die spesifieke omgewingst­oestande maklik en gereeld beset raak, hul dragtighei­dstermyn suksesvol voltooi, maklik lam, gesonde lammers het en hul lammers suksesvol grootmaak tot speentyd.

BESETTING

Die eerste hekkie om te oorkom vir reproduksi­esukses is om die ooie met soveel fetusse moontlik beset te kry. Dit kan hol klink, maar hoe meer ooie oorslaan en hoe minder meerlinge hulle dra, hoe laer is die kudde se uiteindeli­ke ooiprodukt­iwiteit.

Daar is ’n paar praktyke wat goed werk om ooie te stimuleer om op hitte te kom en meer ryp eiers af te skei. Een daarvan is om die ooie in ’n groeiende liggaamsko­ndisie te hê wanneer die ramme bykom. Die proses moet reeds sowat drie weke voor paartyd begin. Dit is veral belangrik vir ’n lenteparin­g.

Goedkoop praktyke wat goed werk om die ooie in ’n groeifase te kry, is om hulle na ruskampe te verskuif of om hulle te skeer.

Prikkelvoe­ding kan ook gebruik word, maar dit kos geld. Die dierevoedi­ngkundige dr. Jasper Coetzee het altyd daarop gewys dat nét daardie ooie wat in die verlede tweelinge gehad het, by prikkelvoe­ding baat vind. Tog is dit goeie praktyk om alle ooie tydens droogtes met prikkelvoe­ding te stimuleer.

Die kondisie van die ooi by speentyd speel ook ’n groot rol by die daaropvolg­ende besetting. Die teikenkond­isiepunt aan die begin van die dektyd is 3 en minstens 2,5 met speentyd.

Dit help ook nie om die ooie gereed te kry vir paring, maar die ramme bring nie hul kant nie. Die ramme moet in ’n goeie kondisie

 ?? FOTO’S: LOUIS DU PISANI ?? Ooiprodukt­iwiteit as maatstaf van reproduksi­e kombineer ál die bydraende faktore in ’n enkele syfer.
FOTO’S: LOUIS DU PISANI Ooiprodukt­iwiteit as maatstaf van reproduksi­e kombineer ál die bydraende faktore in ’n enkele syfer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa