Sink noodsaaklik vir gewasopbrengs én mense
Sink lewer ’n belangrike bydrae tot alle lewende stelsels. Tog is sinktekorte by landbougewasse wêreldwyd een van die algemeenste mikrovoedingstoftekorte. Dit benadeel nie net gewasse se opbrengs nie, maar ook menslike gesondheid.
Mikrovoedingstowwe, oftewel spoorelemente, is net so noodsaaklik vir plantgroei as die makrovoedingstowwe stikstof (N), fosfor (P) en kalium (K). Ingesluit by die lys noodsaaklike mikrovoedingstowwe is sink (Zn), boor (B), yster (Fe), mangaan (Mn), koper (Cu), molibdeen (Mo) en nikkel (Ni).
Die rede waarom hierdie elemente as mikrovoedingstowwe geklassifiseer word, is omdat gewasse dit in veel kleiner hoeveelhede as makrovoedingstowwe benodig. Die toediening van verskeie van dié voedingstowwe – veral B, Cu, Mo en Ni – moet met groot omsigtigheid geskied omdat die verskil tussen voldoende en giftig baie klein is.
Dit word in GRAFIEK 1 geïllustreer deur die hipotetiese kurwes wat opbrengs in reaksie op voedingstoftoedienings toon.
Die meeste plante kan egter relatief hoë vlakke van Zn in die grond verdra. Hoewel vergiftiging kan voorkom, is dit skaars in normale landbougrond.
NOODSAAKLIK VIR LEWE
Sink speel ’n uiters belangrike rol in alle lewende stelsels. By plante word dit in die van honderde ensieme ingesluit, is betrokke by proteïensintese en membraanfunksie, en dra deur verskeie meganismes by tot plante se verdraagsaamheid vir omgewingstres.
Sinktekorte by landbougewasse is wêreldwyd een van die algemeenste mikrovoedingstoftekorte, veral in alkaliese grond. Dit lei dikwels tot groot opbrengsverliese en ’n verlaging in die voedingsgehalte van landbouprodukte. Byna die helfte van grond waarop graangewasse wêreldwyd verbou word, het na raming ’n tekort aan sink. Dit
OP VERHOOGDE TOEDIENING VAN ’N
MAKROVOEDINGSTOF, SOOS FOSFAAT het ’n groot invloed op die opbrengs van gewasse, asook menslike gesondheid. Sowat een derde van die menslike bevolking neem na raming tans te min sink in.
PLANTBESKIKBAARHEID
’n Aantal faktore beïnvloed die beskikbaarheid van sink vir plante. Dit sluit in die inherente Zn-vlak in die grond, grond-pH, P-status en kalsiumkarbonaatinhoud.
Die plantbeskikbaarheid (oplosbaarheid) van Zn in grond verlaag wanneer die grond se pH styg. Navorsers het bevind vir elke eenheidtoename in pH, neem die oplosbaarheid van Zn in grond dertig- tot honderdvoudig af. Die oplosbaarheid van ander metaal-mikrovoedingstowwe (Mn, Fe en Cu) neem ook skerp af met ’n toename in pH. Dus is alkaliese en swaarbekalkte grond spesifiek vatbaar vir tekorte aan hierdie metaalmikrovoedingstowwe.
Dit toon die ernstige tekortkominge van die Albrecht- (BCSR-) aanbevelingstelsel: Kalktoediening totdat die grond se pH byna neutraal is ten einde die Ca:Mg-verhouding te “balanseer”, lei dikwels tot opbrengsverminderings weens geïnduseerde mikrovoedingstoftekorte. Dit word geïllustreer deur GRAFIEK 2 , wat die effek van grondstruktuur
IN GRIFFIN-GROND IN KWAZULU-NATAL