BOEREPLAN: BEWARING
Smithfield in die Suid-Vrystaat gevind is. Toe ek daar aankom, het die boer en die tuinier gehelp om die voël vitamiene te gee en die krat na my bakkie te dra.
“Toe ek die boer later laat weet ek is veilig terug op Rookwood, sê hy die tuinier is baie teleurgesteld, want hy het gedink die aasvoël gaan op die plaas bly. Hy wou die voël Stoffel noem. Stoffel het toe Stoffelina geword, want sy is ’n wyfie. Sy sal ongelukkig nooit weer kan vlieg nie.”
Sodra beseerde aasvoëls gerehabiliteer is, word hulle van die Websters se plaas in die Oos-Kaap gratis deur DHL-koerierdiens na Vulpro vervoer om in die teelprogram opgeneem te word.
AASVOËLS EN VEE
Wanneer kos skaars is, kan ’n aasvoël wel vee bedreig, sê Webster.
“Ek is bekommerd hieroor, want groter menslike bevolkingsgetalle laat die aasvoël se habitat en dus voedselbronne aanhoudend krimp. Jong aasvoëls is nog besig met ’n leerproses om hul eie kos te kry wanneer hulle teen die einde van die lente uit die nes vlieg. As daar nie genoeg kos is nie, kan hulle kleinvee aanval. Afskrikmetodes moet gebruik word om hulle weg te jaag, anders kan hulle probleemvoëls word.
“’n Aasvoël is baie slim en kan baie goed sien. As hy sien iemand kom elke keer nader om hom weg te jaag, sal hy wegbly.
“Onlangs het ’n boer my gekontak oor jong aasvoëls wat amok onder sy lammers gemaak het. Ek het aan hom verduidelik dat dit jong voëls is wat kosdruk ervaar en dat hulle verwilder moet word voordat hulle verkeerde gewoontes aanleer, en hy het dit ter harte geneem.”
Webster, wat ook in die roofdierbestuursforum van die Nasionale Wolkwekersvereniging in die Oos-Kaap dien, meen dat meer aasvoëlrestaurante baie kan help om die druk vir kos te help verlig en veeboere se verliese te bekamp.
In gebiede waar aasvoëls heeljaar voorkom, sal die voëls volgens haar die restaurant gereeld besoek. In gebiede waar hulle net in die somermaande swerf, sal hulle nie die restaurant in die wintermaande besoek nie.
“In die somermaande vlieg baie van die volwasse Oos-Kaapse kransaasvoëls, saam met hul jong voëls, van die berge in die Transkei en die Noordoos-Kaap suidwaarts om kos te soek. In dié tyd is die jong voëls veral kwesbaar, want dit is groot afstande wat hulle vlieg en as hulle nie genoeg kos kry nie, verhonger hulle en raak swak.”
GEVARE VIR AASVOËLS
Groot gevare tydens dié migrasie is die lemme van windturbines, oop sementdamme, asook onbeveiligde oorhoofse Eskom-kragdrade en T-kragpale sonder rubberskedes oor die twee lewende geleiers. Tog lyk dit of Eskom al hoe meer moeite doen om die impak van kragdrade en kragpale op onder meer aasvoëls te versag, sê Webster. Sy is egter bekommerd oor die impak van windplase.
“Waar die lugstrome reg is vir aasvoëls, is dit ook reg vir windplase. Ongelukkig verrys daar al hoe meer windplase in die Oos-Kaap. Daar word nou gepraat van karkasverwydering op windplase om die aasvoëls weg te hou, maar ek glo nie dit is doeltreffend nie, want die aasvoël sweef op lugstrome op soek na kos – al is dit ’n lugstroom wat deur ’n windplaas gaan.”
Nogtans bly sy hoopvol oor haar en die ander boere se pogings om dié voëls te bewaar.
“Daar is boere in die Burgersdorp-omgewing, onder leiding van mnre. Michael le Grange en Deon du Plessis, wat begin het om inheemse plante en diere te bewaar om weer die regte habitat vir roofvoëls soos die aasvoël en die arend te help skep. Dié boere werk hard om ander grondeienaars bewus te maak van die noodsaaklikheid van biodiversiteitsbewaring. Dít gee my hoop.”
Die doel van die varsopdroogfase is die opbou van liggaamreserwes, rus en herstel van die uier, herstel van die grootpens en die ontwikkeling van die ongebore lam. Die voedingsbehoefte tydens hierdie fase is relatief laag en die hoofdoel is om ’n kondisiepunt van 3,5 te handhaaf of te bereik.
Hier is ’n volledige voer vir selfmeng, gegrond op ’n tweelingmelkbokooi met ’n liggaamsgewig van 50 kg:
■ 200 kg gemaalde lusernhooi (15% proteïen)
■ 200 kg gemaalde grashooi (4%+ proteïen)
■ 80 kg Voermol Super 18 (V355)
■ 40 kg Voermolmelassemeel (V1995)
Voeding tydens vroeë laktasie bepaal die vlak van spitslaktasietyd en dit geskied gewoonlik