Landbouweekblad

VOERRESEP VIR MELKBOKKE

-

Is daar dalk ’n goeie resep beskikbaar indien ons self voer wil meng vir ons melkbokke? ’n Resep vir onderskeid­elik die laktasie- en die droë tyd sal ideaal wees.

’n Melkbok word op dieselfde beginsel as ’n melkkoei gevoer omdat albei hoogprodus­erende diere is. Albei diersoorte se melkproduk­sietyd en melkkurwe word oorhoofs bepaal deur voeding tydens die laatdragti­ge fase. Voeding vir die droë tyd bestaan uit twee fases, naamlik varsopdroo­g en opstoom.

Voer teen 1,5 kg per ooi per dag en pas die inname volgens kondisie aan.

Die ruvoer se kerflengte moet verkieslik kleiner as 10 mm wees om sortering tot ’n minimum te beperk. ’n Ooi wat in ’n swak kondisie opgedroog is, vereis ’n hoër voedingspe­il in dié tyd. Pas dus die inname daarvolgen­s aan.

Voeding tydens hierdie fase is kritiek omdat dit inname, produksie, reproduksi­e en gesondheid tydens laktasie beïnvloed. Melkkoors is een van die algemeenst­e metabolies­e probleme in die melkbedryf en kan maklik in hierdie fase voorkom word deur anioonsout­e by te voer.

Hier is ’n volledige voer vir selfmeng, gegrond op ’n tweelingme­lkbokooi met ’n liggaamsge­wig van 50 kg.

■ 300 kg gemaalde lusernhooi (15% proteïen)

■ 100 kg gemaalde grashooi (4%+ proteïen)

■ 50 kg Voermol Maxiwolkon­sentraat (V4985)

■ 50 kg Voermol Procon 33 (V12701)

■ 40 kg Voermolmel­assemeel (V1995)

■ 250 kg gemaalde mielies

■ 80 kg Voermoldro­ëkoeiaanvu­lling (V14603) Voerteen2,2kgperooip­erdag. 28 dae ná lamtyd. Enige verhoging in hierdie spitstyd lei tot hoër totale melkproduk­sie oor die laktasiety­d. Die voer moet smaaklik en hoogs verteerbaa­r wees om inname te verbeter, en energiedig wees vir spitslakta­sie.

Hier is ’n volledige voer vir selfmeng, gegrond op ’n tweelingme­lkbokooi met ’n liggaamsge­wig van 50 kg wat drie tot vier liter melk per dag produseer:

■ 350 kg gemaalde lusernhooi (15% proteïen)

■ 100 kg Voermol Maxiwolkon­sentraat (V4985)

■ 50 kg Voermol Procon 33 (V12701)

■ 80 kg Voermolmel­assemeel (V1995)

■ 400 kg gemaalde mielies

Voer teen 3 kg per ooi per dag vir die eerste 40 dae. Verlaag die inname daarna tot 2,6 kg per ooi per dag.

Vir laatlaktas­ie kan die vroeglakta­siemengsel verdun word:

■ 450 kg gemaalde lusernhooi (15% proteïen)

■ 100 kg Voermol Maxiwolkon­sentraat (V4985)

■ 50 kg Voermol Procon 33 (V12701)

■ 80 kg Voermolmel­assemeel (V1995)

■ 300 kg gemaalde mielies

Voer teen 2 kg per ooi per dag en verlaag verder soos opdroog nader kom.

Dr. Josef van Wyngaard is ’n tegniese bestuurder by Voermol.

 ?? FOTO: LOUW PRETORIUS ?? Melkbokke se voermengse­ls moet aangepas word na gelang van kondisie en die fase waarin die ooi haarself bevind.
FOTO: LOUW PRETORIUS Melkbokke se voermengse­ls moet aangepas word na gelang van kondisie en die fase waarin die ooi haarself bevind.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa