Landbouweekblad

Verbruiker­s, kleinhande­l speel rol in boere se wins

-

Sukses op verskeie vlakke is nodig om ’n boerdery volhoubaar te bedryf. Mededingin­g op die mark en onder boere verhoog die strewe om deurlopend te verbeter, maar dit werp slegs vrugte af in ’n handelsomg­ewing wat uitnemendh­eid beloon.

INTERNASIO­NALE MARKTE

Uitvoer speel ’n rol in die volhoubaar­heid van talle landboubed­rywe, veral die graan- en vrugtebedr­yf. Suiwelprod­ukte is ook ’n landboukom­moditeit wat deur uitvoer ondersteun word – nog ’n aanduiding van die belangrikh­eid van die suiwelbedr­yf in die groter Suid-Afrikaanse landboukon­teks. Suid-Afrikaanse suiwelprod­ukte word uitgevoer na buurlande soos Botswana, Lesotho, Namibië en Eswatini.

“Sommige Suid-Afrikaanse supermarkt­e het ’n teenwoordi­gheid in dié lande, en daar is potensiaal vir ’n toename in uitvoer. Melk is ’n bekostigba­re bron van proteïen en ander voedingsto­wwe. Dit kan maklik in ’n voedingske­ma vir skoolkinde­rs gebruik word, veral in arm gemeenskap­pe,” sê Maree.

Die uitvoermar­k lewer ’n gunstige bydrae luidens ’n onlangse verslag deur die Melkprodus­enteorgani­sasie (MPO). In die eerste nege maande van 2020 was suiweluitv­oer hoër as in die ooreenstem­mende tydperk die afgelope vyf jaar. Die netto uitvoer vir daardie tydperk is gelykstaan­de aan 52 miljoen liter melk.

“Dit is ’n prestasie vir die suiwelprod­uksiewaard­eketting en ’n pluimpie vir die bedryf en die betrokke staatsdepa­rtemente. Uitvoermar­kte is gehandhaaf ondanks die inperkings­maatreëls in Suid-Afrika en Covid-19regulasi­es by ons handelsven­note,” sê Maree.

Luidens die MPO-verslag dui dit aan dat uitvoermar­kte goed bedien word en dat hulle tevrede is met die lewering en gehalte van Suid-Afrikaanse produkte.

NUWE BELEGGERS

Die toekoms hou groot potensiaal in vir melkboerde­ry in Suid-Afrika, hoewel nie baie nuwe melkboere waarskynli­k tot die bedryf sal toetree nie.

“Jy benodig baie kapitaal om te begin boer, veral as ’n melkprodus­ent. Om hoëproduse­rende vee soos melkbeeste aan te koop en te onderhou, is nie goedkoop nie. Ek glo egter die huidige bedryf en boerderye sal groei wat produktiwi­teit en doeltreffe­ndheid betref,” sê Maree.

Van Niekerk sê kleiner boerderye word minder, maar groot boerderye selfs groter en ontwikkel in mega-suiwelverv­aardigers.

“’n Megaboer melk meer as 1 000 koeie per dag. Hy produseer dus meer as 35 000 liter melk per dag. Groter melkboere kan makliker die wetenskap van melkproduk­sie bestuur. Die soort koei en haar rantsoen het byvoorbeel­d ’n groot impak op

die gehalte en volume van melk wat geprodusee­r word.

“Melkkoeie is ook gevoelig vir veranderin­ge in hul omgewing. Dit is dus nie ’n goeie idee om hulle sonder rede na verskillen­de plase of provinsies te verskuif nie. Ons het al gesien hoe melkproduk­sie met tot 15% in die Wes-Kaap daal omdat koeie nie aan die verskillen­de weerstoest­ande gewoond is nie.”

Hoewel melkprodus­ente talle struikelbl­okke moet oorkom, presteer die kleinhande­lspryse van suiwelprod­ukte volgens die MPO goed ondanks talle nadelige faktore in die Suid-Afrikaanse ekonomie en verbruiker­s se finansiële posisie.

Maree beklemtoon die rol van verbruiker­s en die kleinhande­l in die volhoubaar­heid van bedrywe binne die landbou.

“Die Covid-19-pandemie het ons geleer om dankbaar te wees vir wat ons het en om plaaslike ondernemin­gs te ondersteun. Verbruiker­s kan gerus ’n glas vars Suid-Afrikaanse melk drink en weet hulle is deel van die groei in ’n waardekett­ing wat duisende gesinne onderhou.”

 ??  ?? Mnr. Dawie Maree
Mnr. Dawie Maree
 ??  ?? Mnr. Ian van Niekerk
Mnr. Ian van Niekerk
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa