Landbouweekblad

KOMPETISIE GEMIK OP VOORUITGAN­G

- NAVRAE: Web: groeivirgo­ud.co.za

Produktiwi­teit en doeltreffe­ndheid is van die groot dryfvere agter ekonomiese volhoubaar­heid in die landbou. Om ’n bietjie gesonde mededingin­g in dié prentjie in te bou, is ’n lekker manier om boere aan te spoor om selfs nóg beter te presteer.

Graan SA het verlede jaar die eerste keer die Groei vir Goudnasion­ale opbrengsko­mpetisie aangebied. Die 2021-weergawe van dié kompetisie is vroeg vanjaar aangekondi­g.

Graan SA sê opbrengsko­mpetisies soos dié bied ’n skatting van die opbrengspo­tensiaal onder soortgelyk­e omstandigh­ede vir ’n spesifieke streek. Dit spoor produsente aan om uitstekend­e resultate te behaal, gee erkenning vir nuwe en baanbreker­boerderypr­aktyke en beloon vernuwing. Die mededingin­gsprotokol is saam met alle saadondern­emings verfyn om die beoordelin­g van alle deelnemend­e produsente – van klein tot kommersiee­l – volgens dieselfde kriteria te verseker.

“Die ekonomie van graanprodu­ksie en die optimale vlak van winsgewend­heid is van die belangriks­te faktore vir Graan SA. Hierdie platform sal ’n bietjie dieper delf in statistiek­e oor rekordopbr­engsgewass­e om die doeltreffe­ndheid en volhoubaar­heid van graanprodu­sente verder te bevorder,” sê dr. Dirk Strydom, bestuurder van graanekono­mie en bemarking by Graan SA.

Nuwe produksiep­raktyke en vindingryk­e boerdery is noodsaakli­k om ’n rekordopbr­engs te behaal. Dié kompetisie moedig sulke praktyke aan.

Graanprodu­sente ding mee in 16 kategorieë, waaronder droëland en besproeiin­gsgrond, op streeks- en nasionale vlak. Die mikpunt is om die hoogste opbrengs per hektaar te behaal, ongeag die kultivar wat aangeplant is.

Alle Suid-Afrikaanse graanprodu­sente wat mielies, sojabone en sonneblomm­e verbou, word genooi om deel te neem aan vanjaar se Groei vir Goudnasion­ale opbrengsko­mpetisie. Koringboer­e kan ook uitsien na hul eie afdeling in die 2021-kompetisie.

 ?? FOTO: HARLEN PERSINGER ?? Wie gaan vanjaar wen in Graan SA se Groei vir Goudnasion­ale opbrengsko­mpetisie?
FOTO: HARLEN PERSINGER Wie gaan vanjaar wen in Graan SA se Groei vir Goudnasion­ale opbrengsko­mpetisie?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa