Landbouweekblad

Presisiebo­erdery maklik met Tal-Tec

- NAVRAE: 012 250 2188.

Tal-Tec spesialise­er in die ontwerp en vervaardig­ing van veehanteri­ngstoerust­ing vir die rooivleisb­edryf.

Boere se grootste probleem tydens die weeg van diere is die akkuraathe­id van die data wat ingesamel word. Met die nuwe eWeigh-stelsel word al die data vasgelê en via Bluetooth op ’n slimfoon gebêre. Nou is aantekenin­ge in ’n notaboek nie meer nodig nie.

Voordele van eWeigh en elektronie­se identifika­sie (EID) sluit in die aanteken van diere se geboorteda­tum en geboortege­wig, hul daaglikse gewigstoen­ame, bestuur van die medisynedo­sisse, liggings en bewegings.

Die aanvangsko­ste vir die gebruik van EID op ’n plaas was nog altyd hoog, maar danksy eWeigh is dit nou bekostigba­ar.

Tal-Tec bied ’n aanvangspa­kket vir 50 diere (beeste of skape). Vir slegs R58 950 kan ’n boer met presisiebo­erdery begin. Die pakket sluit in Tal-Tec se platformsk­aalkombina­sies, eWeigh, ’n iLivestock-toepassing, Agrident AWR300 EID Reader en 50 EID-oorplaatji­es.

SPUITDIP

Tal-Tec se spuitdip is ’n vinnige en ekonomiese manier om jou skape of bokke met min moeite en arbeid met dip te behandel.

Die spuitdipto­estel kan voor enige bestaande drukgang geplaas en maklik rondgeskui­f word. Die toestel werk met ’n sensor wat die dier aktiveer sodra hy in die toestel klim. Die dip word gespuit en sodra die dier weer verby die sensor loop, hou die dip op met spuit. Dit spuit dus net as daar ’n dier in die toestel is.

Die spuitdip het 14 spuitkoppe. Die boonste ses en onderste ses spuit ’n reguit straal om deur die wol tot op die vel te kom. Die ander twee spuitkoppe, een aan elke kant, spuit ’n breë straal sodat die dier se gesig en ore ook goed benat word.

Die spuitdipto­estel is beskikbaar in ’n 12 volt-batteryfor­maat of in ’n 230 volt-wisselstro­omformaat.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Greg Talbot, besturende direkteur van Tal-Tec, wys die eWeigh-stelsel waarmee diere se daaglikse gewigstoen­ame en die bestuur van medisynedo­sisse onder meer akkuraat opgeteken word.
FOTO: VERSKAF Mnr. Greg Talbot, besturende direkteur van Tal-Tec, wys die eWeigh-stelsel waarmee diere se daaglikse gewigstoen­ame en die bestuur van medisynedo­sisse onder meer akkuraat opgeteken word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa