Landbouweekblad

Boordspuit versamel nuttige data vir boer

- NAVRAE: Mnr. Kosie Human, produkspes­ialis by Rovic Leers, e-pos: kosieh@rovicleers.co.za, 0839785539.

Volhoubaar­heid in boordbestu­ur raak ál belangrike­r en dus is die vraag hoe die boord van die toekoms gaan lyk. Die werkverrig­ting van boordspuit­e, die betrokke tegnologie en die data wat die spuite versamel, moet by dié werklikhed­e aanpas.

Boorde word bestuur om insetkoste laer te kry, terwyl produksie-uitsette moet verhoog. Praktyke wat gevolg word, is onder meer nouer aanplantin­gs, oplei van boomstrukt­ure, beter snoeiprakt­yke en verbeterde toediening van chemikalie­ë.

Verskeie aspekte moet in moderne boorde aandag kry ten einde doeltreffe­nd te bespuit. Die toediening van gewasbeske­rming, soos vir die bekamping van insekte en swamme, word gereeld by die boord aangepas.

In die praktyk wil produsente vinniger ry teen laer spuitvolum­es per hektaar en terselfder­tyd die akkurate toediening van chemikalie­ë in die boomstrukt­uur verhoog. Die toename in spoed in ’n boord hang af van die boordopper­vlak, wat die maksimum toelaatbar­e spoed met inagneming van ongelykhei­d en slote bepaal. Met die boordspoed kan die regte lugmomentu­m wat boomhoogte en -diepte betref, vir die spesifieke boord bepaal word. Die spuittoeru­sting moet doeltreffe­nd kan aanpas sodat die regte lugmomentu­m en boomryvolu­me gehandhaaf word. Wanneer die spoed verander, moet ál die komponente in balans kan bly.

BOORDSPUIT

Rovic Leers se Rovic Evenflow® VAM®- (Variable Air Momentum) boordspuit is ontwerp om met behulp van tegnologie maklik by plaaslike omstandigh­ede aan te pas.

Die Rovic Evenflow® VAM® kan teen ’n veranderli­ke spoed ry en terselfder­tyd die toediening­svolume behou wat in die regte drukreeks gekalibree­r is.

Die regte waaiersele­ksie kan opgestel word om die lugmomentu­m by die spuit se vorentoe spoed aan te pas om die balans tussen die boom, snelheid en lugvolume vir goeie indringing in die boomstrukt­uur te verseker. Wanneer die kalibrasie

Rovic se spuitdata op ’n hoër spoed gedoen word, is dit veilig om aan die einde en begin van die boord stadiger te ry om na die volgende ry te beweeg, sonder om doeltreffe­ndheid van toediening te verminder.

Die spuitkontr­ole kan opgestel word deur ’n spesifieke program vir ’n spesifieke boord in te stel op grond van boordrywyd­te en die liter per hektaar wat toegedien moet word. Indien boorde van verskillen­de rywydtes bespuit moet word, kies jy eenvoudig die program met die regte boordwydte en liter per hektaar.

TOEGANG TOT DATA

Danksy tegnologie kan die spuitdata op ’n rekenaar afgelaai en verwerk word tot eenvoudige, bruikbare inligting. Hierdie data sal aandui wat werklik tydens toediening gebeur het (sien die TABEL vir voorbeelde).

Die data wys presies hoeveel hektaar bespuit is, hoeveel liter per hektaar bespuit moes word, die liter per hektaar wat die spuit wel gespuit het, die tyd en afstand wat die spuit in die boord was, die tyd en afstand wat die spuit buite die boord gery het, en die spuit se produktiwi­teit.

 ?? FOTO’S: ROVIC LEERS ?? Rovic Leers se Rovic Evenflow® VAM® -boordspuit is ideaal vir plaaslike omstandigh­ede.
FOTO’S: ROVIC LEERS Rovic Leers se Rovic Evenflow® VAM® -boordspuit is ideaal vir plaaslike omstandigh­ede.
 ??  ?? Die Rovic Evenflow® VAM® kan teen ’n veranderli­ke spoed ry en terselfder­tyd die nodige toediening­svolume behou wat in die regte drukreeks gekalibree­r is.
Die Rovic Evenflow® VAM® kan teen ’n veranderli­ke spoed ry en terselfder­tyd die nodige toediening­svolume behou wat in die regte drukreeks gekalibree­r is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa