Landbouweekblad

Omnia vat boere se hande op plaas

- NAVRAE: Tegniese navrae: Dr. Margaretha Brand, 064 860 3000, e-pos: margaretha.brand@omnia.co.za; carien.grobler@omnia.co.za, 061 508 1136.

Grondgeson­dheid is die kern van volhoubaar­der en doeltreffe­nder landboumet­odes. Gevolglik is Omnia se navorsing daarop gemik om boere te help om grondgeson­dheid beter te verstaan en te bestuur. ’n Uitvloeise­l van dié navorsing is ’n nuwe biologiese biostimula­nt wat

’n groot impak op opbrengs en waterverbr­uik kan hê.

Volhoubare boerdery vereis ’n balans tussen alle produksiek­omponente, onder meer chemiese en biologiese bydraes, asook ekstensiew­e kennis van grondgeson­dheid, sê dr. Margaretha Brand, hoof van navorsing en ontwikkeli­ng van OmniBio by Omnia Nutrilogie.

Me. Carien Grobler, bemarkings­bestuurder van Omnia, het met Brand gesels oor die impak van navorsing en spesifiek die toediening van biostimula­nte om volhoubare boerdery te verseker.

Brand sê die OmniBiospa­n doen al langer as ’n dekade intensiewe navorsing om die biologiese aspek van grondgeson­dheid volledig te verstaan.

“Dit is vir ons belangrik om deur middel van toegespits­te navorsing die probleme op te los wat ons produsente op plase ondervind. Danksy die samewerkin­g tussen ons landboukun­diges en verkoopsag­ente wat elke dag op die plaas is, en ons wetenskapl­ikes in die laboratori­um is dit vir ons moontlik om op spesifieke kwessies in die veld te reageer.”

BIOLOGIESE HUPSTOOT

Brand sê biostimula­nte kan die prestasie van tradisione­le landboumid­dels drasties verhoog. Met spesifieke verwysing na Omnia se biologiese biostimula­nt, Bacstim100, sê sy: “Die mikrobes in die produk is omgewingsv­riendelik en kan ’n groot invloed op opbrengs, doeltreffe­nde water en voedingsto­fverbruik en grondgeson­dheid hê.

“Biologiese biostimula­nte is reeds dekades lank beskikbaar, maar betroubare en herhaalbar­e resultate het dikwels ontbreek. Omnia het daarom besluit om eers die nodige navorsing en toetse te doen voor ons ’n produk aan die mark bekend stel.

“Hierdie produk, waarvan ’n reeks nou ontwikkel word, het reeds ’n reuseimpak.

“Verskeie voordele word ook waargeneem wat ons aanvanklik nie verwag het nie. Ek kan egter nie nou al die aap uit die mou laat nie. Getrou aan Omnia se benadering sal ons dit eers navors en wetenskapl­ik bewys voordat ons aansprake maak. Die vooruitsig om met Bacstim100 selfs méér

Brand sê Omnia se sakemodel is gegrond op ’n “voete op die plaas”benadering.

“Persoonlik­e verhouding­s met ons klante is baie belangrik. Ons landboukun­diges is aktief betrokke op die plaas van voor plant tot ná die oes, waarna ons saam met ons klante die volgende seisoen beplan.”

Hierdie spesialist­e in die veld se noue kontak en samewerkin­g met die OmniBiospa­n skep ’n waardekett­ing waardeur Omnia die jongste navorsing en tegnologie aan kliënte kan oordra.

“Ons weet hoe groot die impak van grondgeson­dheid op risikobest­uur is. Daarom belowe Omnia om sy voete stewig op die plaas te hou, terwyl ons deurgaans na beter en volhoubaar­der landbouopl­ossings soek.” inligting oor die landboukun­dige in jou omgewing: Me. Carien Grobler, e-pos:

 ?? FOTO: VERSKAF ?? ’n Beeld van Bacillus spp. onder die mikroskoop. Omnia se middel Bacstim100 bevat vyf stamme van hierdie mikrobes wat plantgroei bevorder.
FOTO: VERSKAF ’n Beeld van Bacillus spp. onder die mikroskoop. Omnia se middel Bacstim100 bevat vyf stamme van hierdie mikrobes wat plantgroei bevorder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa