Landbouweekblad

Voordele en risiko’s van ’n vroeë plantdatum

- NAVRAE: E-pos: info.rsa@pioneer.com; www.pioneer.com/za

Die kultivar P64T39R is Pioneer se gewildste sojaboonku­ltivar. Die plantdatum speel ’n groot rol oor waar in Suid-Afrika en hoe suksesvol sojabone verbou word. Gevolglik het Pioneer proewe gedoen om te bepaal wat die optimale plantdatum vir dié kultivar is.

Produsente moet ’n goeie begrip hê van die relatiewe volwassenh­eid (groeilengt­e) van sojabone om ’n kultivar te kies wat die beste by hul produksieg­ebiede aangepas is.

Kies ’n kultivar met voldoende volwassenh­eid om die vegetatiew­e groei te maksimalis­eer en só die produksie van die nodusse te verbeter voordat die plant die reprodukti­ewe fase betree. Om ’n kultivar te plant wat nie vinnig genoeg blom nie, kan oesverlies­e veroorsaak weens droë weer in die laat seisoen of vroeë ryp.

Sojabone is plante wat gevoelig is vir lig. Die lengte van die dag gee dus vir die plant seine om die voortplant­ingsfases (blom en peulvormin­g) te betree. Hoewel dit “dagliggevo­eligheid” genoem word, is dit eintlik die lengte van die donkerte in die nagtelike ure wat reaksies in die plant aandui. Daglengte kan wissel met breedtegra­de. Daarom is die meeste sojaboonku­ltivars net goed aangepas vir ’n noord-suid-verskuiwin­g van sowat 160 km.

Die plantdatum en temperatuu­r kan ook die sojaboonry­pheid beïnvloed, maar daglengte is die belangriks­te faktor wat ’n verskuiwin­g na die reprodukti­ewe fase veroorsaak.

VOORDELE VAN ’N VROEË PLANTDATUM

■ Sojabone het genoeg hitteeenhe­de nodig en dit word beïnvloed deur die aantal dae. ’n Vroeë plantdatum sal dus tot ’n groter plant lei. Groter plante het meer internodes en dus meer peule, wat tot ’n groter oes lei.

■ In die koeler oostelike gebiede lei ’n vroeër plantdatum tot vroeër rypwording. Daarom is die risiko vir vroeë rypskade in die herfs beperk.

■ Vinniger groei lei tot vroeër blaardakvo­rming in die rye, wat onkruidbek­amping en vogbewarin­g vergemakli­k.

■ ’n Vroeë plantdatum lei tot groter plante wat peule hoër bo die grond dra. Dit vergemakli­k die oesproses en verminder vermorsing.

■ ’n Vroeë plantdatum het ’n groter invloed op opbrengs as rywydte. Spesiale planters is dus nie noodsaakli­k nie.

RISIKO’S VAN ’N VROEË PLANTDATUM

■ Koue, nat grond vroeg in die seisoen kan tot ernstige verliese van die plantestan­d lei.

■ Die lang tyd wat die saad nodig het om op te kom, verleng die tydperk waarin onkruiddod­ers onkruid suksesvol moet bestry.

■ Laat ryp kan tot skade lei.

■ In warmer gebiede kan ’n vroeë plantdatum oormatige plantgroei veroorsaak, wat tot omval kan lei.

MATIGE PRODUKSIEG­EBIED

November is die beste maand om die sojaboonku­ltivar P64T39R te plant, gevolg deur Desember met ’n opbrengs wat 100 kg/ha laer as in November is.

Oktober is die swakste maand met ’n opbrengs wat gemiddeld 440 kg/ha laer as in November is. Dit kan toegeskryf word aan ’n aanplantin­g wat te vroeg blom in die midsomerdr­oogte van die matige produksieg­ebied, dus ’n laer opbrengs weens die verlies aan blommetjie­s.

Pioneer het nie proefdata vir Januarie nie en beveel ook nie aan dat sojabone in Januarie aangeplant word nie.

KOUE PRODUKSIEG­EBIED

November is die beste maand om P64T39R te plant, gevolg deur Oktober met ’n opbrengs wat 180 kg/ha laer as in November is.

Desember lewer die swakste opbrengs van 330 kg/ha laer as in November. Dit kan toegeskryf word aan die koue (ryp) wat vinniger in die koue produksieg­ebied inbeweeg. Dus is laat plant altyd ’n groter risiko en is die

■ Die oppervlakt­e wat in Suid-Afrika met sojabone beplant word, het toegeneem van 165 400 ha in 2007-’08 tot ’n geskatte 787 200 ha in die 2017-’18-groeityd. Dié toename van

4,75 keer in tien jaar dui op die voortduren­de toename in sojaboonpr­oduksie. In die 2018-’19-seisoen is 730 500 ha sojabone verbou en in 2019-’20 705 000 ha.

■ Mpumalanga en die Vrystaat lewer 77% van die totale oes.

■ In Suid-Afrika word die meeste sojabone as dierekos en in die oliesaadbe­dryf gebruik, hoewel menslike verbruik toeneem. Sojabone is ’n betreklik goedkoop bron van gehalte-proteïenvo­er.

■ Die oppervlakt­e waarop sojabone verbou word, sal na verwagting met 68% toeneem teen 2028. opbrengs laer weens groei wat beperk is.

Pioneer het nie proefdata vir Januarie nie en beveel ook nie aan dat sojabone dan in dié gebied aangeplant word nie.

Mnr. PR Janse van Rensburg is ’n landboukun­dige by Pioneer. web:

 ?? FOTO: ANDRIES GOUWS ?? Sojabone is ’n belangrike proteïen- en oliesaadge­was. Die oppervlakt­e wat in Suid-Afrika beplant word, brei dus uit.
FOTO: ANDRIES GOUWS Sojabone is ’n belangrike proteïen- en oliesaadge­was. Die oppervlakt­e wat in Suid-Afrika beplant word, brei dus uit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa