Landbouweekblad

Spekplatbr­ood met kersietama­ties en kruie

-

Resepte en stilering:

Foto’s:

Die rokerige, sout smaak wat die spekvleis en uitgebraai­de vet aan die brood gee, maak dat jy nie kan ophou eet hieraan nie. Dit is amper soos ’n moderne weergawe van kaiingbroo­d. Die tamaties sorg vir klamheid en heerlike geur as dit in die oond gerooster word. Dit is daarom nie nodig om botter op dié brood te smeer nie. Sit dit louwarm voor om voor ete aan te peusel.

1 pak (250 g) spekvleis,

■ baie fyngesnipp­er

60 ml olyf- of sonneblomo­lie 930ml(3 k)koek-ofwitbrood­meel 7 ml kitsgis

3 ml sout

Ongeveer 375 ml warm water 500 g kersietama­ties Seesoutvlo­kkies

Ekstra olyfolie

15 ml vars tiemieblaa­rtjies

Braai die spekvleis in die olie tot die stukkies spek bros is. Giet deur ’n sif en vang van die uitgebraai­de vet in ’n bakkie op. Hou eenkant.

Meng die meel, gis en sout in ’n groot bak. Voeg die uitgebraai­de spekvet en genoeg warm water by om ’n sagte deeg te vorm. Voeg die bros spekvleiss­tukkies by en knie die deeg goed in die mengbak vir minstens 10 minute, tot glad en elasties. Bedek die bak met ’n vadoek, laat staan dit op ’n warm plek en laat rys die deeg tot dit in volume verdubbel het.

Smeer ’n middelslag-bakplaat met olie of bespuit met kleefweren­de kossproei. Druk die deeg so plat moontlik op die bakplaat en sorg dat dit egalig versprei is. Laat rys weer vir 20-30 minute.

Voorverhit die oond tot 200 °C. Druk die tamaties oraloor in die uitgerysde brooddeeg. Sprinkel seesoutvlo­kkies en olyfolie oor.

Bak die brood vir 20-25 minute tot goudbruin en deurgaar. Haal uit die oond. Sprinkel nog olyfolie en die tiemieblaa­rtjies oor terwyl die brood nog vuurwarm is. Laat effens afkoel, sny in dun snye en sit voor. Lewer 8 porsies.

Romerige tamatiepas­tasous

As ek baie ryp tuintamati­es het, maak ek graag hierdie vinnige sous. Jy moet geurige, ryp tamaties gebruik – dit maak al die verskil aan die smaak. Die pastasous is vleisloos, maar só lekker, ryk en propvol geur dat jy regtig nie vleis hierby nodig het nie. As jy egter vir geharde karnivore kos maak, kan jy repies gebraaide steak, spekvleis, salami of stukkies brosgebraa­ide chorizo by die sous roer voor jy dit oor die pasta skep.

30 ml olyfolie

3 knoffelhui­sies, fyngekap

1 heel, rooi brandrissi­e

15 ml fyngekapte vars roosmaryn 5 ml fyngekapte salieblare

by die tamaties. Ek voeg ook graag ’n paar druppels sesamolie by die slaaisous, want die neuterige geur daarvan rond die slaai perfek af.

Halwe Italiaanse brood,

■ in stukke gebreek

Olyfolie Seesoutvlo­kkies en varsgemaal­de

■ swartpeper

600 g ryp tamaties, grofgekap

30 ml kappertjie­saad

1 rooi-ui, baie dun gesny

250 g mozzarella­kaas, in hapgrootte

■ stukkies geskeur

Slaaisous

60 ml rooiwynasy­n

60 ml olyfolie

Sout, peper en strooisuik­er ■ na smaak

5 ml sesamolie

5 ml droë oreganum

Voorverhit die oond tot 180 °C. Pak die broodstukk­ies op ’n bakplaat en bedruip met olyfolie. Geur liggies met sout en peper. Bak die brood tot goudbruin en bros en hou eenkant.

Meng die res van die slaaibesta­nddele in ’n groot bak. Klits alles vir die slaaisous saam. Proe om seker te maak die soetsoutba­lans van die sous is net reg. Giet die sous oor die slaaibesta­nddele in die bak en laat marineer vir sowat 20 minute. Skep die slaai en slaaisous oor die brosgebakt­e brood, meng liggies deur en sit voor. Lewer 6 porsies.

Ouma se tamatiebre­die

My ouma Minnie se tamatiebre­die bly ná al die jare steeds vir my die lekkerste. As ek haastig is of nie lekker ryp tamaties in die huis het nie, gebruik ek dikwels sommer twee blikke gekapte tamaties in die bredie. Dit werk net so goed.

1 kg stoweskaap­vleis, in stukke gesny

■ en gegeur met sout en peper Olie

2 uie, gekap

3 knoffelhui­sies, gekap

15 ml vars gemmer, fyngeraspe­r 10 ml tamatiepas­ta

5 heel wonderpepe­rkorels

10 ml gemaalde koljander

2 vars lourierbla­re

30 ml worcesters­ous

375 ml kookwater

8 groot, ryp tamaties, geskil

■ en in blokkies gesny OF

2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties 3 groot aartappels, geskil

■ en in blokkies gesny

3 groot wortels, geskraap

■ en grofgesny

Sout, varsgemaal­de swartpeper

■ en suiker na smaak

45 ml tamatiesou­s

Hand vol gekapte pietersiel­ie

Verhit die olie in ’n swaarboomk­astrol en braai die vleis tot bruin. Voeg die uie, knoffel en gemmer by en braai stadig vir ’n paar minute. Voeg die tamatiepas­ta by en braai vir ongeveer 20 sekondes voor jy die speserye en lourierbla­re byvoeg. Braai vir nog ’n paar sekondes en voeg die worcesters­ous en water by. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en prut stadig vir ongeveer 1½ uur. Voeg nou die tamaties, aartappels en wortels by en geur met sout, peper en suiker na smaak. Prut verder vir ongeveer nog 1 uur. Roer die tamatiesou­s en die helfte van die pietersiel­ie by. Laat staan die bredie vir minstens 15 minute voor jy opskep. Rond af met die res van die pietersiel­ie en sit voor op rys, krummelpap of stampmieli­es. Lewer 6 porsies.

Hoe het jy ’n stedelike tamatieboe­r geword?

Ek het die boerdery verlede jaar oorgekoop en Tamatie Boer gedoop. Ons is baie trots daarop om in Bloemfonte­in te kan boer. Tamaties is een van die mees verbruikte groentesoo­rte in die land, daarom het ek in dié mark begin belang stel. Een van die grootste voordele is dat ons nie ver hoef te reis om ons produkte op die mark te kry nie. Ons tamaties gaan reguit van die plant af na die tafel — binne 24 uur nadat dit geoes is.

Wat geniet jy die meeste van die boerdery?

Die hele produksiep­roses is ’n lekker ervaring. Dit is verstommen­d om te sien dat een plant tot 35 vrugte op ’n slag kan dra! Ons boerdery se vinnige tempo en intensitei­t maak elke dag opwindend. Die Vrystaat lê my ook na aan die hart.

Hoekom aard tamaties goed by julle?

Tamaties is ideaal vir die Vrystaatse somers, wat oor die algemeen taamlik droog is. Ons dag- en nagtempera­ture verskil ook nie baie nie. In skadunetto­nnels is die gemiddelde temperatuu­r 28 °C, wat die perfekte groeitoest­ande bied. Ons winters is te koud vir tamatiepro­duksie, daarom begin ons eers van September plant en oes dan weekliks tot einde Mei.

Watter ander voordele het die skadunetto­nnels?

Ons bedryf ’n intensiewe boerdery en ruimte is beperk. Die opbrengs onder die nette is tot vier keer meer as met oop landerye danksy die tipe ranktamati­es wat ons plant en die ideale groeitoest­ande binne die tonnels. Ons is ook ten gunste van organiese misstowwe, wat die produksies­yfers ’n verdere hupstoot gee. Nog ’n voordeel van intensiewe boerdery is dat jou produksies­kattings akkuraat is. Jy kan dus baie goed beplan.

Watter invloed het die oormatige reën op jou produksie?

Ons moet meer gereeld vir siektes en swamme spuit.

Het julle ander struikelbl­okke?

Ons het beslis die invloed van die Covid-19-pandemie gedurende Desember ervaar. Mense se bestedings­patrone het verander en verbruiker­s se vermoëns het drasties verminder. Ons gemiddelde pryse op die mark was 20% laer, al het ons dieselfde produksiev­lakke gehandhaaf.

Waarheen versprei julle oral jul tamaties?

Ons lewer aan die Mangaung-varsproduk­temark in Bloemfonte­in en ’n paar kleinhande­lwinkels koop ook regstreeks by ons aan. As daar ’n oorskot tamaties is, skenk ons dit aan liefdadigh­eidsorgani­sasies. Daar is groot hongersnoo­d in die land.

Wat is jou gunsteling-gereg met tamaties?

’n Tamatie-kaas-en-uie-braaibrood­jie op die vuur bly koning.

 ??  ??
 ??  ?? Vlugtige olies gee vroue vlerke ’Saalsgenot­e’ wen sit-sitso
Vlugtige olies gee vroue vlerke ’Saalsgenot­e’ wen sit-sitso
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa