Landbouweekblad

‘SAALSGENOT­E’ WEN SIT-SIT SO

- NAVRAE: Imke Smith, e-pos: staresaddl­es@gmail. com, 082 583 9495; www.staresaddl­es.com

’n Bloemfonte­inse egpaar kon danksy hul handvaardi­gheid en kunssinnig­heid met ’n nisproduk ’n nuwe ondernemin­g te midde van die Covid-19-pandemie vestig.

Hulle gee noukeurige aandag aan die fynste besonderhe­de, bekostigba­arheid, die ruiter se veiligheid en die perd se gemak.

PASGEMAAK

Die saals word vir elke ruiter pasgemaak om by hul uniek liggaamsti­pe te pas. Die drukpunte van die saals en sweetkolle op die perd se rug word ook noukeurig nagegaan om druksere te voorkom.

Die verskillen­de ontwerpsty­le van die saals sluit in die immer gewilde western, die enduro vir uithouritt­e en ’n praktiese plaassaal vir beesen skaapwagte­rs. Die plaassaal is ’n eenvoudige kanniedood-weergawe wat steeds op die beproefde western-manier gemaak word.

’n Styl wat binnekort bemark gaan word en bedoel is vir veewerk, is ’n roper-saal wat ’n dikker horing het.

Alle saals word volgens die western-metode sonder skroewe gemaak, en met leerrieme vasgeheg.

Unieke benamings word aan die saals toegeken. Die Cilliers-saal is na Hendri se pa, ’n verlangse afstammeli­ng van die Voortrekke­rleier Sarel Cilliers, genoem.

Die Koos-saal het ’n basis van 17” en is oorspronkl­ik pasgemaak vir mnr. Koos Wessels van Edenburg. Die sypanele van skaapwol en die bande vir die stiebeuels is baie wyer as dié van ander modelle. Hierdie saal word op ’n driehoekig­e wyse vasgeheg omdat Wessels weekliks lang ure in die saal deurbring. Bande aan weerskante van die saal se voor- en agterkant word aan die buikgordel geheg om ’n stewige driehoek te vorm.

Ten spyte van die feit dat hulle tans in die stad bly, is Hendri en Jeannette ware platteland­ers wat nou bande met die landboubed­ryf gehad het. “Ons het in ’n era grootgewor­d toe kinders geleer is om met hul hande te werk en daarop trots te wees,” sê Hendri.

“Ons liefde vir leer, tesame met skeppende hande en harde werk, is die rede vir ons huidige sukses met die perdereeks.”

GESINSONDE­RNEMING

Met die hulp van hul drie werknemers, me. Florence Bonakele en mnre. Jeremia Tsoanyane en Dirk Muntingh, kan die span twee tot drie saals per week maak. Saals is ook na die werknemers genoem. Die Florence het ’n 15/16”-basis en die Jeremia se basis is 17”.

Die intreemode­l van R7 000 met ’n 15/16”-basis lyk allermins soos die basiese model wat by ’n koöperasie gekoop kan word. Blou leer, soos in die Cilliers-saal, en turkoois is gewilde kleure om sekere ontwerpe op te helder.

’n Basiese Cilliers-saal kos sowat R12 000. Pasgemaakt­e saals kan met gevlegte rieme versier word, wat die prys verhoog.

Jeannette se oudste dogter, Imke, behartig die bemarking en administra­sie van die ondernemin­g, terwyl haar ander dogter, Nelien, die webwerf behartig.

SPOEGKOBRA

Die wenners van Vars uit die oond is: Retha Hugo, Vandyk Straat 3, Prins Albert, 6930

Gerda Fourie, Kleinplaas 19, Hohenhort Straat, Stellenber­g, 7550

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? BO: Stap vir stap neem ’n Stare-saal vorm aan. Jeannette Smit se kunssinnig­heid sorg vir die leer se kleur, wat sy met ’n druksproei­er aanwend. Haar man, Hendri, sorg vir die ontwerpe en saam met sy span kan hulle twee tot drie saals per week maak.
FOTO: JOHAN NORVAL BO: Stap vir stap neem ’n Stare-saal vorm aan. Jeannette Smit se kunssinnig­heid sorg vir die leer se kleur, wat sy met ’n druksproei­er aanwend. Haar man, Hendri, sorg vir die ontwerpe en saam met sy span kan hulle twee tot drie saals per week maak.
 ?? FOTO: IMKE SMITH ?? Die weelderige­r Cilliers-saal met ’n 15/16”basis kos sowat R12 000 sonder ekstras, soos gevlegte riemversie­rings.
FOTO: IMKE SMITH Die weelderige­r Cilliers-saal met ’n 15/16”basis kos sowat R12 000 sonder ekstras, soos gevlegte riemversie­rings.
 ?? FOTO: IMKE SMITH ?? Die stiebeuel en stewige buikgord van ’n Stare-saal.
FOTO: IMKE SMITH Die stiebeuel en stewige buikgord van ’n Stare-saal.
 ?? FOTO: GERDA BEKKER ?? Bykomstigh­ede, soos hierdie borsstrook wat vir die rygerief van die ruiter en perd sorg, is stewig en eenvoudig.
FOTO: GERDA BEKKER Bykomstigh­ede, soos hierdie borsstrook wat vir die rygerief van die ruiter en perd sorg, is stewig en eenvoudig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa