Landbouweekblad

PLAASVERKO­PE

- — MEDEWERKER

Die onderstaan­de oordragte van plaaseiend­omme is deur aktekantor­e geregistre­er (plaasnomme­r tussen hakies).

Dit lyk asof Nuweland, ’n Angorabok met ’n indrukwekk­ende bloedlyn, se nageslag opslae in die bedryf maak – net soos die Nuwelandst­adion in die verlede vir lekker rugbyopwin­ding gesorg het.

’n Seun van Nuweland is verlede November op die SA Sybokhaark­wekersvere­niging se nasionale veiling op Graaff-Reinet teen ’n wêreldreko­rdprys van R155 000 verkoop.

Mnr. Petrus en me. Angené Marx van die Marwyk-stoetery, Wolmaranss­tad, was bereid om die ram teen dié prys te koop. Die verkoper was mnre. Jan en Jannie Lategan van die Fairview-stoetery, Aberdeen.

Die Lategans het Nuweland in 2018 teen R86 000 by mnr. Roelfie van der Merwe (Newlands-stoetery) op Aberdeen gekoop. Volgens hulle was Nuweland ’n “besonder goed geboude ram met medium- tot sterk haar, ’n goeie kop en horings en mooi bokhaar – die perfekte stoetram”.

Hy het in sy eerste jaar puik bokkies geteel en is die jaar daarna dood.

Soos sy pa, is die ram van R155 000 “perfek gebou met top-bokhaar en ’n mooi kop en horings”.

Van der Merwe en Marx het albei op die ram gebie. Van der Merwe wou van die bloedlyn terugkoop, terwyl Marx die beste ram van die jaar koop om sy teelmateri­aal by sy stoetery te voeg.

Die Lategans het ’n halfbroer van die rekordprys­ram teruggehou vir hul eie stoetery, asook drie kudderamme – almal seuns van Nuweland.

Ramme het gemiddeld R9 125 op die veiling behaal. The House of Fibre het die veiling aangebied.

Hierdie ram is teen die hoogste prys van R30 000 op die Dormer-stoetery Twee Broers se agtste veiling op die plaas Lower Orpendale, Barkly-Oos, verkoop. Mnre. Johan en AJ Bender van Cyferkuil, Bloemfonte­in, is die kopers. Van links is mnre. Tjaart Steenekamp, verkoper, AJ en Johan Bender, Henri Naudé van BKB en Blaine Dormehl van Vleissentr­aal. Die hanteerder is mnr. Funani Hardie. Al 60 ramme is teen gemiddeld R13 617 verkoop. Altesame 50 stoetramme het gemiddeld R14 160 behaal en tien kudderamme gemiddeld R10 900. Die aanbod van 424 ooie en jong ooilammers is teen gemiddeld R3 707 verkoop met ’n hoogste prys van R12 000 vir ’n stoetooi. Mnr. Marius Eksteen van Bloemfonte­in het haar aanlyn via SwiftVee se platform opgeraap. Mnr. André van Zyl was die afslaer en Vleissentr­aal het die veiling aangebied.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa