Landbouweekblad

Kontakbeso­nderhede:

-

Boran Beestelers­genootskap Borankanto­or: 051-4100951/61

Epos: boran@studbook.co.za Rasadviseu­r (Christophe­r Havenga): 082 821 1527 www.boran.org.za

Facebook: Boran Cattle Breeders’ Society of SA

Daar word dikwels bespiegel tot watter mate sommige beesrasse geneties van mekaar verwyder is. Soms word foto’s vertoon van verskillen­de rasse wat op die oog af dieselfde lyk. Dit vorm ’n uitstekend­e grondslag vir ’n raai-raaikompet­isie. Iets soos: “Raai die ras” op grond van ’n stel foto’s wat op ’n skerm vertoon word.

Maar hoeveel verskil verskillen­de beesrasse op ’n genomiese vlak werklik van mekaar?

Genomika of genomiese seleksie is ’n omvattende begrip met ’n breë definisie. Genomika verwys na die bestuderin­g van ’n organisme se DNS-samestelli­ng (genetiese kode). Genomiese seleksie verwys na die proses waartydens die DNS-samestelli­ng van ’n organisme gebruik word vir genetiese seleksie.

Genomiese tegnieke het ook talle ander praktiese gebruike by veral plaasdiere, waaronder:

■ Die verifikasi­e van ouerskap.

■ Die opstel van akkurate verwantska­ppe en inteelkoëf­fisiënte vir individue in ’n kudde.

■ Naspeurbaa­rheid – solank biologiese materiaal beskikbaar is vir ’n genomiese ontleding.

■ Die bestuur van gewenste en ongewenste genetiese afwykings.

■ Genomiese teelwaarde­s.

■ Paringsadv­ies en die ras- of “lyn”-samestelli­ng van ’n dier. Die genetiese kode van ’n bees is opgesluit in sy DNS, wat binne 30 chromosoom­pare in sy gene gerangskik is. ’n DNSmolekul­e

lyk soos ’n lang leer wat opgerol is om ’n sogenoemde heliks te vorm. Die twee “bene” van die leer, die DNS-stringe, word aan mekaar verbind deur “sporte”, oftewel basispare. In elke selkern is sowat 3 miljard basispare.

’n Reeks basispare (opeenvolge­nd op die string) definieer ’n geen. Gene bevat die instruksie­s om die verskillen­de proteïene te vervaardig wat nodig is vir selle as boustene van die liggaam om spesifieke funksies te verrig.

Die 3 miljard basispare in elke bees is verantwoor­delik vir die kode van sowat 22 000 gene. Alle genetiese verskille wat ons tussen beeste (van alle rasse) waarneem, is vanweë slegs 2% verskille tussen die 3 miljard basispare.

Navorsers wêreldwyd het hierdie 2% basispare wat verskil, geïdentifi­seer, en die ooreenstem­mende merkers op spesifieke plekke in die DNS-stringe wat vir hierdie verskille verantwoor­delik is, is bekend. Dié merkers staan bekend as SNP’s (single nucleotide polymorphi­sms, oftewel enkelnukle­otiedpolim­orfismes).

Kennis van die SNP’s se verskille dien as grondslag vir die bepaling van genetiese verwantska­ppe en selfs vir ras-identifika­sie. Só kan bepaal word hoe naby of hoe ver twee beeste geneties van mekaar verwyder is. Die fisieke DNS-samestelli­ng dien dus as die akkuraatst­e bron hiervoor.

Die genomiese profiele van meer as 12 000 beeste van 15 verskillen­de rasse is reeds op SA Stamboek se Logix-stelsel aangeteken. Daar is dus genoeg inligting daarin opgesluit om te bereken hoe ver weg individue en rasse geneties van mekaar af groepeer.

GRAFIEK 1 is ’n driedimens­ionele prentjie wat aandui hoe diere en rasse geneties groepeer. Dit is gegrond op 25 000 SNPmerkers op elke dier se genoom. Elke kolletjie in die voorstelli­ng verteenwoo­rdig ’n dier se posisie op die “genetiese landskap” en elke kleur ’n ras.

Onthou, dit is ’n driedimens­ionele voorstelli­ng. Hoewel dit kan lyk of die swart en blou kolletjies op of baie naby aan mekaar gegroepeer is en asof die betrokke rasse se diere geneties naby verwant is, is dit nie die geval nie (omdat die derde dimensie nie sigbaar is nie).

GRAFIEK 2 op bl. 10 is ’n vergrote vooraansig van Grafiek 1. Let op hoe die verskillen­de rasse van spesifieke subspesies (rasgroepe) saam groepeer. Melkbeeste groepeer ooglopend anders as vleisbeesr­asse. Europese rasse groepeer bymekaar, terwyl die Sanga- en Bos Indicus-rasse op hul beurt ver weg van die Europese en melkbeesra­sse groepeer.

Die saamgestel­de rasse groepeer op hul eie. Dit dui daarop dat hoewel hulle uit ander rasse saamgestel is, hulle deur seleksie hul eie, unieke geenpoel gevorm het en waarlik ’n unieke ras op DNS-vlak is.

ONTSLUIT WAARDE

Deur skematiese data saam met Blup-tegnologie te gebruik, het SA Stamboek “rassleutel­s” vir 15 verskillen­de rasse ontwikkel. Dié sleutels maak dit moontlik om die SNP-merkers se inligting te gebruik en wiskundig te bepaal hoe verwant ’n spesifieke dier aan ’n spesifieke rassleutel is. Dit word gedoen op grond van inligting wat in sy genomiese profiel opgesluit is.

Die sleutels vir elke ras is egter afhanklik van die huidige verwysings­kudde van die ras. Dit is dus belangrik by die opstel van ’n genomiese databasis om diere wat die hele ras verteenwoo­rdig wat ’n geen

Bylae tot Landbouwee­kblad

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa