Landbouweekblad

R100 PER SAKKIE VIR AARTAPPELS

-

Rekordlae volumes op die markte is straks iets van die verlede, maar verbruik kan in die somer toeneem en steeds betreklik goeie pryse ondersteun. Op Dinsdag 28 September het die nasionale gemiddelde prys vir 10 kg aartappels oor alle grade die R100-kerf oorgesteek. Op talle markte het die topgehalte aartappels vir R120 vir ’n 10 kg-sakkie verkoop. Dit volg nadat die nasionale volume op Maandagaan­d 27 September op slegs 268 000 sakkies gestaan het.

Volgens mnr. David Nel, ’n direkteur en hoof van aartappelv­erkope by Grow Markagente, kan hy nie onthou dat dit al ooit so laag was nie.

“Gewoonlik is die voorraad op ’n gemiddelde dag op die Johannesbu­rgse varsproduk­temark meer as 250 000 sakkies. Ons gaan nie vir die volgende paar maande sommer weer die prys sien wat ons die afgelope drie tot vier weke gesien het nie. Ek glo die beskikbare volume aartappels sal teen middel Oktober weer stabilisee­r en die pryse sal normalisee­r.”

Volgens mnr. Deon van Zyl, bedryfshoo­f van Grow Markagente, is daar beduidende druk op die verkope van alle ander kommoditei­te op markte.

“In September, as die abnormale situasie van die aartappelb­edryf buite rekening gelaat word, is die volume groente en vrugte vanjaar 9% hoër en die prys 19% laer as verlede jaar.”

PAULI POTGIETER skryf: Dit raak haas onmoontlik om vars produkte te koop. Pick n Pay se prys vir ’n 10 kg-sak aartappels die naweek was R184,99. Wil jy nog die boer direk ondersteun, vra hulle belaglike(r) pryse, byvoorbeel­d 125 g aarbeikonf­yt teen R80. Nee man, ons is reeds vuisvoos aan die belasting betaal.

LUCELLE HARMSE DURRHEIM skryf: Ek het gister R100 vir ’n 10 kg-sak betaal. Belaglik. Sal maar patats eet.

MIKE OERTEL skryf: Die hartseer van hierdie storie is aartappels se insette is besonder duur, rondom R220 000/ha, en dit styg sonder ophou. Kunsmis, diesel, gif, arbeid . . . en die boer moet dit maar net aanvaar. Ek weet die prys van aartappels is baie hoog – ek hoor van R180 per sakkie by Pick n Pay. Hy betaal op die mark R90. Sy wins is te groot, maar as jy dit gaan vergelyk met ander kos, is dit nie te duur nie. Wat is goedkoper? Niks nie. Wees die boer ook net bietjie meer simpatiek gesind. Ons sweet!

LEANI DU TOIT antwoord: Dit is steeds die goedkoopst­e kos wat vol maak en waarmee jy baie kan doen. Die mense in die stad weet nie waardeur julle boere moet gaan nie. Die aartappels beland mos net sommer daar in Pick n Pay.

GERALD DU PLESSIS skryf: Vraag en aanbod, die beskikbaar­heid van die produk en die boer se insetkoste stoot die prys baie op. En die kleinhande­laar trek meer voordeel uit prysonderh­andelings.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa