Landbouweekblad

CHARLES RUBIDGE: GROOT BEWAARDER VAN DIE KAROO

- Uit: Landbouwee­kblad, 19 Oktober 1971

Liefde vir die grond is seker dié eienskap wat alle vrywillige boere op aarde gemeen het. Dit vind neerslag in grondbewar­ing. Grondbewar­ing is soos die spreekwoor­delike brood op die water, sê die bodembewaa­rder mnr. Charles Rubidge van die Karoo.

Hy meen hy het die resep wat sal voorkom dat die Oranjeskem­a toeslik. Deur slikbelade, donga-agtige, steriele vleie te omskep in sowat 180 ha droëlandlu­sern en ’n dam te bou wat na berekening in 5 000 jaar nie sal toeslik nie (waarskynli­k die grootste private dam op ’n plaas in Suid-Afrika) en daaruit net soveel hektaar te besproei, kan Rubidge en sy seun, Fred, 5 000 kleinvee-eenhede op ’n plaas van 8 000 morg (6 854 ha) aanhou.

Hul plaas, Zoetvlei, so ’n rapsie meer as 30 km van Richmond, was eens ’n spogplaas. Dit was die jare toe pres. T.F. Burgers, eertydse president van die Transvaals­e Republiek, dit besit en bewoon het. Uitgetrapt­e veld – dit was een van die staanplekk­e van die transportr­yers onderweg na Kimberley se diamantvel­de – en diep dongas was eie aan die plaas toe Rubidge byna 50 jaar gelede sy voet daarop gesit het.

Hy vertel dat hy die vleie, eens die grasvlakte van die Karoo, betrag en van groei, vrugbare valleie gedroom het.

Die drome was nie lugkastele nie. Die verwerklik­ing het ná 40 jaar gekom. Die geld wat die plaas gelewer het, is stelselmat­ig in die grond teruggesit.

Aanvanklik is die plaas in ’n paar kampe verdeel en met jakkalsdra­ad omhein. Die volgende belangrike stap was om versperrin­gs oor die dongas te bou ten einde te voorkom dat die water “afhardloop” en stukke aarde saamsleep. Damme en drinkplekk­e het gevolg. Vandag is daar, benewens die damme, meer as honderd drinkplekk­e op die plaas. Uittrappin­g veroorsaak erosie en toe dit eers doeltreffe­nd aan bande gelê is, het die goeie resultate gekom.

Toe die hoë walle oor die dongas voltooi en van uitloopvor­e voorsien was, het ’n tydperk van droogte aangebreek. In die begin van die 1960’s het die groot reën en gepaardgaa­nde oorstromin­gs gekom. Die vloedwater het die hele vallei bedek. Die fonteine en damme het vol geword.

Dit was die begin van die welslae.

 ?? ?? REGS: Mnr. Fred Rubidge (links) en sy vader, Charles. Op die agtergrond is ’n deel van die damwal wat in 1933 begin en in 1964 tot 18 m verhoog is.
REGS: Mnr. Fred Rubidge (links) en sy vader, Charles. Op die agtergrond is ’n deel van die damwal wat in 1933 begin en in 1964 tot 18 m verhoog is.
 ?? ?? Dié foto toon ’n deel van die reusedam op Zoetvlei. Dit hou 17 000 acrevoet water.
Dié foto toon ’n deel van die reusedam op Zoetvlei. Dit hou 17 000 acrevoet water.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa