Landbouweekblad

ADVERTEERD­ER BEDRIEG LBW-LESER

- — NICO VAN BURICK

DIE polisie in Morgenzon, Mpumalanga, ondersoek ’n klag van bedrog nadat ’n adverteerd­er in Landbouwee­k

blad klaarblykl­ik spoorloos verdwyn het nadat hy meer as R100 000 van ’n voornemend­e koper ontvang het vir ’n staalskuur wat hy geadvertee­r het.

Mnr. Julian Muller, ’n boer van Morgenzon, het op 30 September die advertensi­e in

Landbouwee­kblad onder die naam van Bezuidenho­ut Game Safari gesien, wat onder meer twee staalskure en rolle veldspandr­aad met sparre en pale geadvertee­r het.

Daar was ’n kantoornom­mer en drie mense se selfoonnom­mers by wie navraag gedoen kon word.

Hy het op Vrydag 1 Oktober met ene Johan Bezuidenho­ut gepraat en gereël om die een skuur vir R103 500 te koop. Muller het die geld oorbetaal ná Bezuidenho­ut ’n faktuur en ander dokumentas­ie aangestuur het.

‘BAIE OORTUIGEND’

“Hulle sou die Maandag die staalplate in Thabazimbi laai en teen Dinsdag kom aflewer het,” sê Muller.

“Alles was baie oortuigend. Hy het aanvanklik gesê daar is ’n moontlike koper en hy sal net by sy pa moet seker maak dat die skuur nie al verkoop is nie. Daarna het hy teruggeska­kel en gesê dit is nog beskikbaar en ek kan dit koop. Selfs die vragmotorb­estuurder het my gekontak oor die roete na my plaas.”

GEEN ANTWOORD

Toe hy die Dinsdag wou seker maak oor die tyd van aflewering, het niemand meer enige van die nommers beantwoord nie. Hy het ook vasgestel die BTW-nommer op die faktuur bestaan nie.

Die advertensi­e het op bl. 96 in die 30 September-uitgawe van Landbouwee­kblad verskyn. Intussen blyk dit dat die betaling vir die advertensi­e nie deurgegaan het nie.

Alle pogings om met die adverteerd­ers kontak te maak, was vrugteloos. Die advertensi­e is verwyder van Landbou.com, maar verskyn nog in die tydskrif se uitgawes van 7 en 14 Oktober. Soreen Hoffmann, hoof van

Landbouwee­kblad se geklassifi­seerde verkope, sê dit laat haar dink aan ’n soortgelyk­e advertensi­e onder die naam van ’n safari-ondernemin­g sowat ’n jaar gelede wat wildheinin­gs adverteer het. Dié adverteerd­er kon nie vir die betaling opgespoor word nie.

 ?? ?? Lesers word gemaan om nie op dié advertensi­e ag te slaan nie.
Lesers word gemaan om nie op dié advertensi­e ag te slaan nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa