Landbouweekblad

Limpopo-forum soek boere se hulp in dié diefstalst­udie

- — JASPER RAATS

SPESIALE eenhede, strategieë en maatreëls bestaan om veediefsta­l te bekamp, maar die diefstal van landboupro­dukte, veral groente en vrugte, is ’n ewe groot probleem, sonder soortgelyk­e maatreëls daarteen.

Die Limpopo landelike veiligheid­sforum (LLVF) het nou met ’n projek begin om saam met die polisie ’n strategie teen plaasprodu­kdiefstal op te stel, sê mnr. Drickus Botha, uitvoerend­e hoof van TLU SA Noord. Daar word beoog om dit later landwyd uit te brei.

Lede van TLU SA Noord en Agri Limpopo dien in die forum en worstel al geruime tyd met die groot hoeveelhed­e produkte wat op plase gesteel word. “Dit is nie net gereedvire­etprodukte nie, maar ook groente en vrugte wat nog nie volwasse is nie en wat snags in bakkievrag­te weggery word. Hierdie produkte beland dikwels op die informele mark, wat ’n verlies aan inkomste vir die formele markte en ander organisasi­es in die waardekett­ing beteken,” sê die LLVF.

Volgens Botha is die polisie bewus van die probleem, maar omdat daar nie rekord gehou word soos in die geval van veediefsta­l nie, is die polisie nie ingelig oor die omvang van of geldelike verliese wat produkdief­stal veroorsaak nie.

Die LLVF het, saam met ’n universite­it en ’n bekende landelike misdaadnav­orser, ’n vraelys opgestel om basiese inligting te versamel.

Boere en produsente­organisasi­es word versoek om aan die navorsing deel te neem deur die vraelys te voltooi. Dit word anoniem gedoen en geen persoonlik­e besonderhe­de word gevra nie. Kontak Botha by

drickusb@gmail.com om deel te neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa