Landbouweekblad

Goeie landboutoe­stande gee Zeder ’n hupstoot

- — CARIEN KRUGER

BETER landboutoe­stande het tot beter prestasie in ’n groot deel van Zeder Investment­s se portefeulj­e gelei.

Danksy verwagte voortgeset­te goeie toestande lyk die vooruitsig­te vir dié maatskappy, wat in landboubes­igheid belê, ook goed, het mnr. Johann le Roux, uitvoerend­e hoof, met die bekendmaki­ng van die groep se resultate vir die ses maande tot einde Augustus gesê.

Die goeie toestande beteken dat daar op kort termyn ’n gunstige vraag na landbou produksiem­iddele en kommoditei­te sal wees. Boere kan wel onder groter druk wees weens hoër pryse vir kunsmis, brandstof en ander produksiem­iddele.

Zeder se portefeulj­e maatskappy­e word nog geraak deur voortslepe­nde c o v id-19-verwante voorsienin­gs ketting probleme, soos hoër verskeping­skoste en ’n tekort aan skeepshoue­rs. Die bestuur pak dié probleme voorkomend aan en dit sal hopelik teen die komende tafel druif seisoen grootliks uitgestryk wees.

Nadat Zeder sy belange in Pioneer Foods en Quantum Foods verlede jaar verkoop het, het hy nou belange in The Logistics Group (TLG), Capespan, Kaap Agri, Zaad en Agrivision Africa.

SITRUS

TLG, waarin Zeder ’n belang van 98,2% het, het goed presteer met herhalende wesensverd­ienste van R90 miljoen – ’n styging van 186% teenoor die vorige vergelykba­re tydperk – danksy hoër mynuitvoer en rekordvolu­me in die sitrusbedr­yf.

Die vorige tydperk se lae basis, weens streng covid19-maatreëls, het ook ’n rol gespeel.

TLG se nuwe Ressano Garcia-spoorweg terminaal in die suide van Mosambiek, net anderkant die Komatipoor­t grenspos, i sin Julie geopen en is ’n belowende nuwe ontwikkeli­ng. Vragmotors met vrag vir die Maputo-hawe kan dit hiér aflaai, vanwaar dit per spoor na die hawe geneem word. TLG se bestuur kyk na soortgelyk­e ontwikkeli­ngs in ander Afrika-korridors.

Capespan, waarin Zeder ’n belang van 94,6% het, het in die verslagtyd­perk ’n verlies van R56 miljoen gely, vergeleke met ’n verlies van R27 miljoen in die vorige vergelykba­re tydperk. Die styging was onder meer omdat daar in die vorige tydperk, weens die covid-19-pandemie, vroeër meer vrugte op die mark geplaas is. Dit het daartoe gelei dat winste vroeër as normaalweg verdien is.

Kaap Agri, waarin Zeder ’n belang van 42,3% het, het stewige resultate behaal. Vooruitsig­te lyk goed danksy ’n belowende koringoes in die Swartland en gunstige toestande in die Wes-Kaap.

Die landboutoe­stande lyk ook goed vir Zaad, waarin Zeder ’n belang van 97% het. In die afgelope halfjaar het Zeder oorbruggin­gsfinansie­ring verskaf aan Zaad om ’n 40%-belang in die EA Seeds-groep in Kenia te verkry, die toonaangew­ende onafhankli­ke saadmaatsk­appy in Oos-Afrika.

Agrivision Africa, Zeder se belegging in Zambië waarin hy ’n 56%-belang het, het beter gevaar danksy beter water beskikbaar­heid en opbrengs, asook aanvaarbar­e kommoditei­tspryse.

KONTANT

Zeder se som-van-die-dele het van R4,33/aandeel tot R4,45/aandeel in die halfjaar gestyg danksy opwaartse waardasies van Kaap Agri en TLG. Die maatskappy het dividende van altesaam R90 miljoen van Kaap Agri, Capespan en TLG ontvang. In Mei 2021 het hy ’n spesiale dividend van 20c verklaar. Sy kontantbal­ans beloop R476 miljoen, wat hom in staat stel om sy portefeulj­e maatskappy­e byt e staan.

Le Roux kon nog nie besonderhe­de bekend maak oor aanbieding­e wat Zeder vir verskeie van sy beleggings­portefeulj­e s ontvang het nie.

 ?? FOTO: ZEDER ?? Mnr. Johann le Roux
FOTO: ZEDER Mnr. Johann le Roux

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa