Landbouweekblad

WYNBEDRYF PAS AAN OM VOLHOUBAAR­HEID TE VERSEKER

- — MICHELLE VAN DER SPUY • Vir ’n video wat inligting van die Winetech Vinprostre­eksinligti­ngsdae opsom, gaan na https://youtu.be/ wv80qD6gqj­c

GROOT volumes water is al in die wingerdbed­ryf bespaar sonder om gehalte of produksie in te boet. Op onlangse Winetech Vin pro streek s inligtings dae in die Paarl, op Stellenbos­ch, Worcester, Robertson en die Olifantsri­vier-omgewing is maniere bespreek hoe om die wynbedryf teen die impak van klimaatsve­randering te beskerm en volhoubaar­heid te verseker.

Dr. Etienne Neethling van Vintage Master en GrappeEsa-Inra in Frankryk het gesê al hoe meer wyndruif produsente wêreldwyd merk die effek van klimaatsve­randering op hul plase op, en pas wingerdpra­ktyke daarvolgen­s aan.

Hy het meegewerk aan ’n onlangse internasio­nale studie oor die wynbedryf se benadering tot klimaatsve­randering. Hiervolgen­s het 84% van die 3625 wyndruif produsente in 18 lande wat aan dié studie deelgeneem het, reeds tekens van klimaatsve­randering waargeneem. Dit sluit in ’n toename in gemiddelde winteren somertempe­rature, en die voorkoms van ongewone droogtes, hael en ryp in sekere streke.

Wyndruifwi­ngerde se fenologies­e stadiums begin vroeër as normaal. Kleiner opbrengste in seker elande is aan klimaatsve­randering toegeskryf.

Deelnemend­e produsente het uiteenlope­nde terugvoer gegee oor watter aanpassing­s hulle in die wingerd sal maak om klimaatsve­randering se effekte ente werk, waaronder die kultivar keuse, besproeiin­g s praktyke, siekte-en plaag bekamping, en grond bestuur.

Die doeltreffe­nde bestuur van skaars waterbronn­e is ’n belangrike verskansin­gs metode en kan boonop goeie produksie en gehalte in wingerde aanhelp. “Produsente kan ’n hele aantal hulpmiddel­s inspan om hulle ten opsigte

van besproeiin­g skedulerin­g te help,” het dr. Philip Myburgh van die LNR-Nietvoorbi­j gesê.

Produsente moet hul huiswerk deeglik doen en beskikbare data gebruik om slim besluite te neem.

Volgens mnr. Francois Viljoen van Vinpro se Gen-Zwingerdpr­ojek is verskeie hulpmiddel­s beskikbaar om die waterstatu­s in die grond en plante te meet. Dit sluit in eva p o transpiras­ie metings en die gebruik van grondmonst­ers, grondvogme­ters, stam inkrimping s meting sen afstandswa­arneming deur infrarooi term o grafie.

Programme vir besproeiin­g moet die wyndoelwit van ’n spesifieke wingerdblo­k in ag neem. Kleiner hoeveelhed­e water sal minder gereeld toegedien word by wyndruiwe wat vir premiewyne bestem is, teenoor blokke wat op grootmaatw­yn gemik is.

Viljoen het produsente aangeraai om buiten toestelle wat beskikbaar is om gronden plantwater­status te meet , ook na fisieke tekens van waterspann­ing in die wingerd te kyk, en weervoorsp­elling ste oorweeg voordat hulle hul besproeiin­g skedules opstel.

 ?? FOTO TER ILLUSTRASI­E: LUCILLE BOTHA ?? Volgens ’n internasio­nale studie het 84% van wyndruifpr­odusente reeds tekens van klimaatsve­randering in hul wingerde waargeneem.
FOTO TER ILLUSTRASI­E: LUCILLE BOTHA Volgens ’n internasio­nale studie het 84% van wyndruifpr­odusente reeds tekens van klimaatsve­randering in hul wingerde waargeneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa