Landbouweekblad

Handelaar se hulp laat groenteboe­r se besigheid groei

- — MICHELLE VAN DER SPUY

DANKSY die praktiese benadering van die koopspan by ’n kettingwin­kelgroep en ’n gaping in die mark het ’n Gautengse kleinboer, mnr. Kepas Melodi, sy agterplaas-bedryf in ’n suksesvoll­e ondernemin­g omskep. Hy is nou ’n verskaffer vir dié groep, Shoprite.

Volgens Melodi skep die verhouding tussen boere soos hy en Shoprite se koopspan ’n gevoel van sekerheid in ’n soms onvoorspel­bare bedryf. Só kry hy ’n beter idee wanneer hy wat moet plant om sy grond optimaal te benut, en te midde van die covid-19-pandemie sy besigheid uit te bou.

Sy harde werk het lank voor covid-19 begin toe hy nog by die Hazyview-varsproduk­temark gewerk het. In reaksie op ’n tekort aan spinasie het hy dié groente begin plant, en dit aanvanklik by varsproduk­temarkte en deur smouse verkoop. Dit het egter die invorderin­g van winste en aanplantin­g bemoeilik.

“As die aankoper by die mark nie al my voorraad kon oorkoop nie, moes ek baie hard probeer om die surplus te verkoop. Daar was baie probleme met die afhaal van produkte, en só is baie van my voorraad vermors.”

Sake het in 2012 verbeter toe hy ’n paar kratte groenboont­jies en mielies aan Shoprite-winkels in Gauteng begin verskaf het. “My ondernemin­g werk nou soveel beter. Ek kan dit wat die aankopers wil hê aan hulle lewer, en die opbrengs van my harde werk gaan direk bank toe.”

Hy lewer gereeld groenboont­jies, rissies en botterskor­sies aan honderde Shoprite-winkels in Gauteng. Mnr. Khutso Rapudubudu, aankoper van die winkelgroe­p, hou hom goed ingelig oor markverwan­te kwessies. Dít is volgens Melodi noodsaakli­k, veral wanneer hy beplanning moet doen.

“Sy span sal my aanraai om spesifieke produkte aan te plant as dit skaars is. Die span gee ook raad oor geleenthed­e, soos wanneer boere elders nie sekere produkte kan lewer nie. Dit help my ook met omgewingsk­wessies, soos gewassiklu­sse, sodat ek ingeligte besluite kan neem.

“Wanneer ek groente plant, het ek nou ’n mate van sekerheid en weet ek waarheen ek my produkte sal neem.”

 ?? ?? Mnr. Kepas Melodi met van die botterskor­sies wat hy aan ’n kettingwin­kelgroep lewer. FOTO: SHOPRITE
Mnr. Kepas Melodi met van die botterskor­sies wat hy aan ’n kettingwin­kelgroep lewer. FOTO: SHOPRITE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa