Landbouweekblad

OORDRAGVOO­RRAAD SE STRUIKELBL­OKKE

-

Hoewel die bedryf oor die breë spektrum “bloei”, hoofsaakli­k weens die ooraanbod van wyn vanweë stadige verkope en spesifiek die vyf en ’n half maande wat dit toe was, is daar individuel­e ondernemin­gs wat steeds goed vaar, meen mnr. Phillip Retief, besturende direkteur van Van Loveren buite Robertson.

“Dit is daardie ondernemin­gs wat ’n sterker aanslag op die buitelands­e mark het en gehelp is deur die wisselkoer­sverswakki­ng in 2020, en ander wat baie van hul kelderdeur verkope na aan lyn verkope kon kanaliseer, asook dié wat sterk handelsmer­ke op winkelrakk­e kon behou.

“Frankryk, Spanje en Italië het wesenlike rypskade in April ondervind, en na raming sal hul huidige oes drasties kleiner wees. Dit kan vir Suid-Afrika verligting bring, en hopelik kan dit beteken dat van ons surplus aan hierdie lande of hul afsetpunte verkoop kan word.

“Die pryse sal moontlik nie volhoubaar wees nie, maar minstens kan dit help om ons vraag en aanbod in beter ekwilibriu­m te bring.

“Op die plaaslike mark is die bekommerni­s dat die neiging van glasverkop­e na boksverkop­e (meer waarde, maar wesenlik laer marges) nie teruggedra­ai gaan word weens die swak ekonomie en verbuikers­patrone nie. Dus behoort volumes daar te wees, maar nie noodwendig met dieselfde besigheids­model vir sekere maatskappy­e nie.”

Suid-Afrikaanse wingerdsta­nd-vlakke is relatief oud met 42% van wit druiwe ouer as 15 jaar en 61% van rooi wingerde ouer as 15 jaar. “Die impak hiervan is nog onseker, maar logika dui daarop dat dit in die toekoms ’n impak op produksie sal meebring.

“Ons gaan einde Desember met die grootste oordragvoo­rraad in ons geskiedeni­s in wyntenks sit met die nuwe oes wat in Januarie 2022 begin. Elke besigheid gaan sy model en volhoubaar­heid deeglik en vinnig in oënskou moet neem, indien dit nie reeds te laat is nie.

“Ons moet meer premiewyn verkoop, en al beteken dit ’n kleiner bedryf in geheel, sal dit ook baie van die risiko’s rondom regulasies en opinies verminder en weerlê. Met die huidige surplus word hierdie aspirasies vir baie eers op die lange baan geskuif, maar dit moet ’n oorkoepele­nde langtermyn­doelwit wees.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa