Landbouweekblad

HOË VOORRAADVL­AKKE WEK KOMMER

-

Hy kyk saam met BFAP na bykomende scenario’s omdat die wynbedryf meer onsekerhei­d ervaar as ander bedrywe, sê mnr. Rico Basson, bestuursho­of van Vinpro. “Dit is erg om te dink dat 10% van verlede jaar se uitvoer verlore gegaan het.

“Die wynbedryf het nou al 18 maande van stilstaan en weer begin gehad. Eers kon ons nie oes nie, toe kon ons nie uitvoer nie, en toe is ons deur talle beperkings lamgelê. Terwyl ons aansien in die buiteland amper verlore gegaan het, het ons egter heelwat welwillend­heid van die buiteland af ontvang, al het ons sommige geleenthed­e verloor.

“In die binneland het ons 20% van ons verkope verloor. Nou sit ons met hierdie ongeloofli­ke klomp voorraad. Ons kan net soveel wyn opberg en die nuwe oes is op pad.

“BFAP voorspel dat uitvoer sal herstel. Ek sal altyd die belangrikh­eid van uitvoer sterk onderskryf. As ’n wynland het ons ’n binnelands­e mark wat saam met wyntoerism­e uiters belangrik is, maar die werklike groei lê in die buiteland.

“Die belangrikh­eid van wynuitvoer val saam met die belangrikh­eid van landbou-uitvoer. Groot bottelnekk­e gaan by die hawens ontstaan. Ons het reeds probleme met al ons hawens en ons sukkel tans om ons wynvraghou­ers verskeep te kry.

“Wat die herstel van verkope betref, sal die groot hoeveelhei­d voorraad op lang termyn druk op pryse plaas. Dit beteken dat dit drie of vier jaar sal verg om die voorraad weer tot by normale vlakke te kry.

“Daar is altyd ’n silwer randjie. Boere plant steeds wingerde aan. Hulle kan geleenthed­e sien aan die ander kant van hierdie krisis waar tekorte in sekere kultivars weer ’n moontlikhe­id kan word.

“Die mate waartoe die projeksies kan verbeter, is die mate waartoe ons ’n paar dinge kan regkry. Eerstens, die hawens se skedulerin­g gaan baie belangrik wees om die nodige volumes betyds te verskeep. Tweedens, die identifika­sie van alternatie­we dinge om met wyn te doen om die surplus te bestuur. Derdens, die gesprek met die regering oor alkoholwet­gewing. Laastens word die waarde van wyntoerism­e heeltemal onderskat.

“Baie van ons wynkelders is baie klein en baie afhanklik van toerisme en regstreeks­e verkope. Die suksesvoll­e poging om Suid-Afrika van die Britte se rooilys af te kry, is dus belangrik.”

Daviesweg 32 Malvern-Oos, Germiston 1401 Suid Afrika

50 jaar se diens vir die boere

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa