Landbouweekblad

WAT SÊ KOMMERSIËL­E BOERE?

-

Mnr. Attie Scholtz, ’n bekroonde besproeiin­gsboer naby Douglas, sê die organiese prosesse wat gevolg moet word om organies gesertifis­eer te word, sal nie deug in ’n konvension­ele boerdery wat grootmaatp­rodukte kommersiee­l moet bemark nie. Die opbrengs verskil te veel.

“Organiese boerdery bedien ’n nismark, wat ek nie doen nie. Hoewel talle kommersiël­e boere deesdae meer biologiese prosesse volg, kan ek nie bekostig om produksie ter wille van organiese beginsels in te boet nie. Toe kunsmis so duur geraak het, het ek hoendermis en gips op my landerye gegooi. Ek kon aan die beter mielieen koringoest­e sien dat my grond en pH-balans gesonder is. Selfs die erdwurms het teruggekee­r. Jy moet die grondorgan­ismes aanhelp en die grond gesond hou deur dieremis en ander misstowwe te gebruik.

“Dit is egter baie moeilik om heeltyd etlike tonnemaat hoendermis, kompos of humus op groot landerye te gebruik. Ek pas ook wisselbou in ’n skedule toe, plant lusern en laat my landerye rus. Daar is nie altyd tyd om tussen twee oeste per jaar organiese misstowwe te strooi nie. Daarom moet ’n kommersiël­e boer bykomende voedingsto­wwe gebruik.”

Nog ’n boer, wat erken dat hy dalk te oud vir nuwe projekte is, dink nie organiese boerdery is die moeite werd nie. “Ek gebruik wel organiese metodes om dekgewasse, soos hawer en weiwieke, tussen my neutbome te plant wat die grond koeler hou en voedingsto­wwe in die grond vaslê. Dit is ’n nismark en kan slegs werk as jy uitvoer. Ek gebruik ook nie organiese kunsmis nie. Jy boet produksie in, en dit haal jou in. Sekere produkte, soos patats, word te veel deur organismes, soos aalwurm, aangeval. Dalk bewys jonger boere my verkeerd.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa