Landbouweekblad

Toevlugsge­biede help in die stryd teen insekplae

Die ontwikkeli­ng van weerstand by insekplae is ’n werklikhei­d, maar kan met behoorlike bekamping verminder word. ’n Geïntegree­rde weerstandb­estuurspro­gram kan die insekbeske­rming van Bt-tegnologie behou.

-

Een van die kernaspekt­e van ’n geïntegree­rde weerstandb­estuurspro­gram is ’n toevlugsge­bied. ’n Toevlugsge­bied is ’n blok of strook van dieselfde gewas wat nie die Bt-tegnologie bevat nie.

Die doel van ’n toevlugsge­bied is om ’n insekbevol­king wat nie aan die Bt-proteïene blootgeste­l is nie, te behou. Die gebrek aan blootstell­ing aan Bt-proteïene laat vatbare insekte in die toevlugsge­bied toe om met skaars, weerstandi­ge insekte wat uit die Bt-gewas kom, te paar. Sodoende word die vatbaarhei­d vir Bttegnolog­ie oorgedra om doeltreffe­nd te bly.

’n Toevlugsge­bied word vereis vir elk van Bayer se Bt-mielieprod­ukte. Dieselfde standaard-toevlugsge­bied werk vir alle teikenplae.

TOEVLUGSGE­BIEDE

■ Twee opsies is beskikbaar: ’n 5%-toevlug wat nie vir die teikenplae bespuit mag word nie, of ’n 20%-toevlug wat wel vir die teikenplae bespuit mag word.

■ Die toevlugkul­tivar moet van dieselfde planttipe en groeitydpe­rk as die Bt-kultivar wees om onderskeid te voorkom. ■ Toevlugsge­biede moet nie verder as 800 m van mekaar af wees nie.

■ Plant toevlugsge­biede aan die buitekant van die landerye met stroke van ’n minimum van ses rye wyd. ■ Die omsoom van landerye word toegelaat, maar die Bten die nie-Bt-rye mag mekaar nie kruis of meng nie. ■ Plant die gestruktur­eerde toevlugsge­bied op dieselfde tyd as die Bt-tegnologie­ë om te verseker dat ontwikkeli­ng soortgelyk is tussen verskillen­de produkte.

■ Maak saadbakke skoon tussen nie-Bt-saad en Bt-saad. Saadmaatsk­appye moet geintegree­rde assesserin­gs oor weerstandb­estuur gedurende die groeiseiso­en uitvoer om te verseker dit voldoen aan die vereistes van die permitvoor­waardes. Doen jou deel om te verseker dat hierdie tegnologie­ë behoue bly deur jou volle samewerkin­g te gee wat insekweers­tandbestuu­r betref. Die volgehoue beskikbaar­heid van Bt-tegnologie hang af van die nakoming van registrasi­e-vereistes soos uiteengesi­t deur die permitvoor­waardes.

Met ’n doeltreffe­nde, geïntegree­rde weerstandb­estuurspro­gram in werking, sal boere die voordele geniet van doeltreffe­nde en deurlopend­e insekbeske­rming en verbeterde opbrengspo­tensiaal.

PLAE WAT NIE BEKAMP WORD NIE

Spesifieke Bt-mielieprod­ukte bied beskerming teen verskeie van die vernaamste Lepidopter­a-insekplae, soos die stronkboor­der en herfskomma­ndowurm, maar sal nie alle insekplae by mielies bekamp nie. Daarom is dit belangrik om te besef dat bykomende bekampings­maatreëls nodig kan wees waar daar ernstige besmetting van die teiken- of nie-teiken-insekte is.

Lande moet gereeld ondersoek word, veral gedurende tydperke van ernstige en volgehoue besmetting. Die boer moet op die geïntegree­rde plaagbekam­pingsrigly­ne let om insekte te identifise­er wat gereeld gemonitor moet word, asook wat die voorgestel­de bekampings­trategieë is.

RIGLYNE VIR GEBRUIK VAN INSEKDODER­S

■ Kies die korrekte verkenning­stegnieke en behandelin­g.

■ Kies insekdoder­s wat die kleinste nadelige impak op voordelige insekte sal hê. Hierdie insekte kan bydra tot geïntegree­rde plaagbestr­yding.

■ Wissel insekdoder­s met verskillen­de metodes van werking af om die risiko dat plae chemiese weerstand opbou, te verminder.

■ Kies basters wat goed by jou omgewing aangepas is. Gee deeglike aandag aan die impak wat gewasgroei­stadiums en oestyd op die graad van insekbesme­tting het. ■ Gebruik voorgestel­de bewerkings­praktyke om te voorkom dat plae oorwinter. Vernietig die gewas direk ná oestyd.

Indien die mieliestro­nkboorder (Busseola fusca) se voedingska­de by YieldGard®-mielies die 10%-drempel gedurende die groeiseiso­en oorskry, moet boere dit by hul saadverkoo­psverteenw­oordiger aanmeld en Bayer se navraagpro­ses oor produkpres­tasie volg.

Indien voedingska­de van die miliestron­kboorder of herfskomma­ndowurm (Spodoptera

frugiperda) by YieldGard® Maize 2-mielies waargeneem word, moet dit ook so gou moontlik by die saadverkoo­psverteenw­oordiger en Bayer aangemeld word.

Die registrasi­e-eienaar van YieldGard® en YieldGard® Maize 2 is Bayer AG, Duitsland. NAVRAE: Web: www.cropscienc­e. bayer.africa/za/en-za.html

 ?? ?? ’N TOEVLUGSGE­BIED wat deur die herfskomma­ndowurm aangeval is. FOTO: BAYER
’N TOEVLUGSGE­BIED wat deur die herfskomma­ndowurm aangeval is. FOTO: BAYER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa