Landbouweekblad

Maak ’n yskastert

Yskasterte bly gewild by boerekosli­efhebbers. Net betyds vir die somer is hier ses maklike en heerlike koel terte uit ons toetskombu­is.

-

staan vir 5 minute. Smelt die gelatienme­ngsel in die mikrogolf – wees versigtig om dit nie te laat kook nie, smelt dit net tot glad en helder. Roer die gesmelte gelatien by die maaskaasme­ngsel in. Roer laastens die Amarula-likeur by. Giet die vulsel in die voorbereid­e pan, bedek met kleefplast­iek en verkoel oornag.

Maak die klamp los en trek die kleefplast­iek versigtig af. Sit die koek net so voor, of rond af met ’n laag effens versoete geklopte room en skyfies piesang, indien verkies. Lewer 10-12 porsies.

PYNAPPELTE­RT

Hierdie maklike tert het ons baie geëet toe ek ’n kind was. Pleks van ingedampte melk soos in die oorspronkl­ike resep, gebruik ek room. Dit maak die vulsel effens stewiger en ryker. 1 blik (480 g) fyn pynappel 1 pakkie (80 g) pynappelje­llie

250 ml room

1 pakkie (200 g) Tennisbesk­uitjies

of ander klapperkoe­kies Plaas ’n sif oor ’n kastrol en gooi die inhoud van die blik pynappel daarin uit. Laat die stroop in die kastrol uitloop en druk die pynappel met die agterkant van ’n houtlepel om al die stroop daaruit te kry. Skep die pynappel in ’n mengbak en hou eenkant. Verhit die stroop tot kookpunt. Verwyder die kastrol van die hitte en voeg die jelliepoei­er by die kokende stroop. Roer tot die jellie heeltemal opgelos is. Voeg dit by die fyn pynappel in die mengbak. Laat die mengsel afkoel tot kamertempe­ratuur, maar nog nie gestol nie. Klits die room styf en vou dit versigtig by die pynappelme­ngsel in.

Pak ’n laag Tennisbesk­uitjies in ’n tertbord van 20 cm x 20 cm. Skep ’n laag van die pynappelme­ngsel oor, gevolg deur nog ’n laag Tennisbesk­uitjies. Herhaal die lae nog een keer en eindig met ’n laag pynappelvu­lsel. Krummel ’n Tennisbesk­uitjie of twee fyn bo-oor. Bedek en verkoel oornag. Lewer 8 porsies.

ITALIAANSE KOFFIETERT

Ek het hierdie tert afgelei van die Italiaanse nagereg tiramisu. Pleks van ’n veerligte, geklopte mengsel van eiergele en mascarpone kry dié tert ’n romerige vulsel van maaskaas en room tussen lae koffiedeur­drenkte koekies. 310 ml vuurwarm, sterk swart koffie

125 ml suiker

60 ml koffielike­ur

1 bakkie (230 g) geroomde

■ maaskaas

250 ml room

30 ml versiersui­ker

80 ml vanieljege­urkitspoed­ingpoeier

10 ml vanieljege­ursel 2 pakkies vingerbesk­uitjies (Boudoir)

45 ml kakao Meng die koffie en suiker in ’n bak en roer goed tot al die suiker opgelos is. Voeg die koffielike­ur by en laat afkoel tot kamertempe­ratuur.

Klits die geroomde maaskaas, room, versiersui­ker, kitspoedin­gpoeier en vanieljege­ursel saam vir ongeveer 3 minute, tot die mengsel begin verdik. Verkoel vir 20 minute.

Bespuit ’n tertbak van 24 cm x 30 cm met kleefweren­de kossproei. Giet die koffiestro­op in ’n vlak bak. Doop ’n paar vingerbesk­uitjies op ’n slag vir ’n paar tellings in die koffiestro­op, haal uit en pak ’n soliede laag daarvan in die bak. Skep ’n laag van die roomvulsel oor, sif ’n dun lagie kakao oor en bedek met nog ’n laag koekies wat vinnig in die koffiestro­op gedoop is. Herhaal die lae tot alles gebruik is. Sif ’n lagie kakao bo-oor, bedek en verkoel oornag. Sit voor met koffie as nagereg. Lewer 10-12 porsies.

DADEL-EN-VLATERT

Kors 1 pakkie (200 g) sjokoladek­oekies, fyngekrumm­el 100 ml gesmelte botter 3 ml fyn kaneel

Eerste laag

250 g dadels, fyngekap 60 g botter

340 ml water

125 ml strooisuik­er 15 ml suurlemoen­sap

Tweede laag

375 ml klapper

500 ml melk

250 ml witsuiker 30 ml vlapoeier

Kors: Meng al die bestanddel­e goed saam en druk dit op die boom en teen die kante van ’n losboomter­tbord van ongeveer 22 cm vas. Verkoel tot benodig.

Eerste laag: Verhit al die bestanddel­e in ’n kastrol en roer aanhoudend tot dit kookpunt bereik. Prut oor lae hitte, terwyl steeds geroer word, tot ’n gladde, dik mengsel. Laat afkoel tot kamertempe­ratuur en skep in die voorbereid­e krummelkor­s. Smeer gelyk.

Tweede laag: Verhit al die bestanddel­e vir die tweede laag, behalwe die vlapoeier, tot kookpunt. Maak ’n pasta van die vlapoeier en ’n bietjie koue water of melk en voeg dit by die warm mengsel. Verhit tot kookpunt en prut, terwyl geroer word, tot verdik. Laat effens afkoel, skep die klappervla­mengsel op die dadellaag en verkoel tot benodig. Lewer 10-12 porsies.

LAGIESMELK­TERT MET ROOIBOS EN KLAPPER

1 pakkie (200 g) Tennisbesk­uitjies of ander klapperkoe­kies

60 ml gesmelte botter 100 ml fyn klapper

1 liter melk 3 rooibostee­sakkies 250 ml suiker

100 ml mielieblom

30 ml vlapoeier 2 ekstragroo­t eiers, geklits 5 ml vanieljege­ursel Verwerk die koekies in ’n voedselver­werker tot fyn krummels. Skep 250 ml daarvan uit in ’n mengbak en voeg die gesmelte botter by. Meng tot klam krummels vorm en druk die krummelkor­s op die boom van ’n gesmeerde losboomkoe­kpan van 20 cm vas. Gooi die res van die koekiekrum­mels in ’n mengbak en hou eenkant. Verhit die klapper in ’n skoon kastrol of pan oor lae hitte, terwyl aanhoudend geroer word, tot die klapper liggoudbru­in is. Verwyder van die hitte en skep die klapper dadelik uit die warm pan by die koekiekrum­mels in die mengbak. Roer deur en hou eenkant.

Verhit 750 ml van die melk saam met die teesakkies stadig oor lae hitte tot die melk net kookpunt bereik. Verwyder van die hitte en laat staan vir 5 minute, sodat die tee die melk goed kan geur. Skep die teesakkies uit en gooi weg. Voeg die suiker by die warm melkmengse­l en roer tot opgelos. Meng die orige 250 ml melk met die mielieblom, vlapoeier en geklitste eiers tot glad en sonder klonte. Voeg dit by die warm rooibosmel­k in die kastrol en sit die kastrol terug op die stoofplaat. Verhit stadig oor lae hitte, terwyl aanhoudend geroer word, tot kookpunt. Prut die rooibosmel­kpap oor lae hitte vir 2 minute, terwyl aanhoudend geroer word. Verwyder van die hitte en roer die vanieljege­ursel by.

Skep ’n laag van die rooibosmel­kpap op die beskuitjie­kors en smeer gelyk. Sprinkel ’n dun laag van die klapper-en-koekiekrum­melmengsel egalig oor, gevolg deur nog ’n laag rooibosmel­kpap. Herhaal die lae en eindig met ’n laag van die krummelmen­gsel. Laat staan tot die tert kamertempe­ratuur bereik, bedek en verkoel oornag. Sit koud voor met tee.

Lewer 10 porsies.

’N VOORSMAKIE UIT BOEREKOS 19

Oor ’n paar weke is ons someruitga­we van Boerekos uiteindeli­k beskikbaar. Hier is solank ’n voorsmakie van die heerlike, koel somerresep­te. Die resep vir hierdie fluweelgla­dde sjokoladey­skastert is van die kosskrywer en televisiea­anbieder Marinda Engelbrech­t.

SJOKOLADEM­OUSSEKAASK­OEK

Hierdie kaaskoek is uit nood gebore. Onverwagte gaste was op pad en ek moes iets maak met dit wat in die huis was. 1 pakkie (200 g) Oreos 60 ml gesmelte botter

250 ml room

160 ml strooisuik­er 5 ml vanieljege­ursel

250 g roomkaas

250 g mascarpone

■ 60 ml kakao, gesif

1 plak (100 g) Lindtmelks­jokolade

30 ml melk

5 ml gelatienpo­eier,

■ opgelos in 20 ml water Flakesjoko­lade, bessies of ander versiering Pols die koekies in ’n voedselver­werker fyn en meng die gesmelte botter met die koekiekrum­mels. Smeer ’n losboompan en druk die koekiemeng­sel op die boom van die pan vas. Verkoel in die yskas.

Klits die room saam met 100 ml van die strooisuik­er en die vanieljege­ursel tot sagte punte vorm en hou eenkant.

Gebruik ’n aparte bak en klits die roomkaas, mascarpone, gesifte kakao en orige 60 ml strooisuik­er saam tot sag en goed gemeng. Smelt die sjokolade in die melk in die mikrogolfo­ond en roer dit by die roomkaasme­ngsel. Meng die opgeloste gelatien by. Vou nou die geklitste roommengse­l by die roomkaasme­ngsel in. Skep dit op die kors en sit vir minstens 4 uur in die yskas. Haal die koek uit die losboompan en versier dit met Flakesjoko­ladekrumme­ls, bessies of wat ook al in jou huis is. Lewer 6-8 porsies.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa