Landbouweekblad

‘HERSIEN DIÉ RAMPSPOEDI­GE GRONDMODEL’

-

DIE stand van SuidAfrika se gemeenskap s eiendoms vereniging s–die liggame waardeur begunstigd­es van grondhervo­rming hul grond bestuur – is só chaoties dat een van die ANC se eie LP’s onlangs gevra het of sulke vereniging­s enigsins geskik is vir die taak.

Me. Manketsi Thlape, ANCLP, het op ’n vergaderin­g van die portefeulj­ekomitee vir landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng uitgewys dat sommige van dié vereniging­s nie eens grond het nie. Oor die jare was daar nooit voldoende ondersteun­ing, soos beamptes om die vereniging­s by te staan en te monitor nie.

Die komitee het gehoor dat 67%, of 1 016 van die land se 1650 gemeenskap s eiendoms vereniging­s nie voldoen aan vereistes van die Wet op Gemeenskap s eiendoms vereniging­s( Wet 28 van 1996) nie. Slegs 20% voldoen aan die vereistes, en 13% sal blykbaar nooit daaraan kan voldoen nie.

Mnr. Mandla Mandela ,voorsitter van die komitee, het ’n rits probleme uitgelig:

Baie vereniging­s hou nie jaarvergad­erings nie. Komitees word dus nie gekies nie. Talle het beperkte vermoë om hul eie finansies te bestuur en daar is gebrekkige rekenpligt­igheid en deursigtig­heid. Uitvoerend­e besture het nie bestuursva­ardighede of vaardighed­e vir besluite oor grondgebru­ike n gemeenskap­sontwikkel­ing nie. Wanneer grond oordrag afgehandel is, word die gronde n die titelaktes in talle gevalle nie aan die vereniging­s oorgedra nie weens konflik en spanning tussen lede.

NÓG PROBLEME

Die departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng stoei al jare tevergeefs met die bestuur van dié vereniging­s. Mnr. Zandil e Zulu, personeel praktisyn by die departemen­t, het gesê probleme by die vereniging­s verskil na gelang van hul aard, vorm en ekonomiese bedrywighe­de op hul grond. Die inkomste is meestal uit huur en dividende uit mynbou, bosbou, wild en toerisme.

Dispute en konflik kom dikwels voor. Daar is nievoldoen­ing aan die doelstelli­ngs van die wet en splintergr­oepe van gegriefdes ontstaan binne die vereniging­s.

Hy het gesê die stig van die vereniging­s het daartoe gelei dat families en gemeenskap­pe wat nie verhouding­s of ’n gesamentli­ke geskiedeni­s gehad het nie, saamgebind is onder dié soort struktuur.

Baie keer word die verifikasi­elys vir begunstigd­es betwis en kwesbare groepe, soos vroue, jeugdiges en mense met gestremdhe­de, ervaar verblyfons­ekerheid.

Gierigheid lei ook tot misdaad, soos bedrog en korrupsie, en die verkoop van vaste bates.

OPLEIDING

Die departemen­t het onlangs ’n memorandum van verstandho­uding met die Tshwane Universite­it van Tegnologie onderteken om gemeenskap seiendoms vereniging­s in Gauteng, Noordwes, Mpumalanga en Limpopo onder meer opleiding in finansiële bestuur te gee.

Mnr. Mcebesi Skwatsha, adjunkmini­ster van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, het gesê dat departemen­t selfonders­oek oor gemeenskap s eiendoms vereniging­s sal moet doen.

Die departemen­t moet ’n finansiële verslag oor die vereniging­s by die komitee indien wat insluit die programme wat toegepas is, watter vereniging­s hul grond verloor het en’ n vorderings­verslag oor 99 vereniging­s wat vir titelaktes wag.

NIE SO EENVOUDIG

Dr. Donna Hornby, navorser by die instituut vir armoede en agrariese studies (Plaas) aan die Universite­it van die WesKaap, het gesê die probleme wat gemeenskap s eiendomsve­renigings teister, word in die algemeen simptomati­es beskryf eerder as ten opsigte van die oorsake daarvan, of die dinamika ter sprake. Dit beteken dat die oplossings ook dikwels misverstaa­n word – “hoewel die algemene onvermoë van die staat om grondhervo­rming sistematie­s en konsekwent toe te pas, ’n groot deel van die probleem is”.

In navorsing wat sy van 2010 tot 2015 in die Bestersdis­trik naby Ladysmith in KwaZuluNat­al gedoen het, het sy 14 vereniging­s bestudeer wat almal as beesboerde­ryondernem­ings opgestel is.

Sy het gevind dat die vereniging­s, soos alle kommersiël­e boerderyon­dernemings, ’n fyn balans moes handhaaf tussen inkomste wat vir bedryfskos­te aangewend word, en inkomste wat gebruik moes word om byvoorbeel­d die plaas uit te brei of om te belê in nuwe elemente van die waardekett­ing.

DIVIDENDE

Voorts was daar ’n maatskapli­ke vereiste, deurdat die vereniging­s ’n beduidende deel van hul inkomste en kapitaal moes gebruik om hulle dese boerderybe­drywighede te steun.

“Dié dividende aan die individuel­e huishoudin­gs van lede, soms tot soveel as 24 huishoudin­gs, het die vorm van regverdige oordragte van kontant, verse, bedryfsmid­dels (soos veeartseny­kundige dienste, lekke en hooi), en die gebruik van bulle wat aan die vereniging behoort.”

In jare dat dit goed gereën het en veilingspr­yse hoog was, kon suksesvoll­e vereniging­s sulke dividendui­tbetalings volhou, en dan kon ál die lede, ook bejaarde weduwees, suksesvol met beeste boer en hul huishou

delike inkomste vergroot.

In droogtejar­e, of wanneer speenkalfp­ryse gedaal het, het dié dividende egter die vereniging­s se geldsake onder reusefinan­siële druk geplaas, wat gelei het tot verminderd­e teelmateri­aal en onvoldoend­e wintervoer­en kontantres­erwes om bedryfskos­te te betaal en infrastruk­tuur in stand te hou.

SWAARKRY

“Die resultaat was dat terwyl die dividende opgedroog het, sommige lede selfs meer sou aandring daarop, omdat dit so belangrik was vir hul bestaansbo­erdery e. Daar was konflik tussen meer vermoënde lede, wat bereid was om hul dividend-uitbetalin­gs uit te stel, en armer lede wat nie sonder die uitbetalin­gs kon klaarkom nie.

“Die minder vermoënde lede sou dan aandring op onmiddelli­ke oordrag van dividende om dreigende broodgebre­k en in ander dringende finansiële behoeftes te voorsien.

“Die meer welgesteld­e lede sou dié wees wat in diens was as plaaswerke­rs op naburige plase, of huishoudin­gs van ’n pensioentr­ekker of met groter beeskuddes, wat die krisis in die vereniging kon oorkom.

“Armer huishoudin­gs het geen lede gehad met werk nie, en het oorleef op staatstoel­aes en steun van familieled­e wat elders woon.

“Die finansiële krisis in die vereniging se ondernemin­g sou veroorsaak dat dié armer huishoudin­gs moes afstand doen van hul beeste om te oorleef en permanent op te hou produseer. Die resultaat was groeiende armoede en ongelykhei­d tussen die lede se huishoudin­gs.”

OPLOSSING

Hornby meen die deurslagge­wende staatsteun wat nodig is om dié tipe dinamika aan te pak is nie die jaarlikse inhandigin­g van verslae of die gereeldhei­d van algemene jaarvergad­erings nie.

Sy het gesê wanhopige verwysings na instelling­s wat deur konflik verlam word, is ook nie die oplossing nie.

Dit sou beter gewees het om gereelde, noukeurige rekeningst­ate saam te stel wat aan alle lede verduideli­k word, sodat hulle die vermoë het om die strategies­e finansiële besluite op lang termyn te verstaan.

Dit kan die vereniging se ondernemin­g winsgewend hou. Steun kan van tyd tot tyd gegee word aan diegene wie se boerderybe­drywighede geheel afhanklik is van die vereniging­s e hulpbronne.

 ?? ?? Mnr. Mandla Mandela FOTO: VERSKAF
Mnr. Mandla Mandela FOTO: VERSKAF
 ?? ?? Dr. Donna Hornby FOTO: VERSKAF
Dr. Donna Hornby FOTO: VERSKAF
 ?? ??
 ?? ?? Navorsing oor beesboerde­rye in KwaZulu-Natal wat deur gemeenskap­seiendomsv­erenigings bedryf is, het gevind dit verg meer as gereelde verslagdoe­ning en jaarvergad­erings om dié instelling­s se probleme te oorkom. FOTO: VERSKAF
Navorsing oor beesboerde­rye in KwaZulu-Natal wat deur gemeenskap­seiendomsv­erenigings bedryf is, het gevind dit verg meer as gereelde verslagdoe­ning en jaarvergad­erings om dié instelling­s se probleme te oorkom. FOTO: VERSKAF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa