Landbouweekblad

MOEITELOSE DEKGEWASSE VIR JONG BOORDE

- — JOHAN VAN DER MERWE Hierdie inligting is aangebied op die Landbouwee­kblad Jack Human Herlewings­landbouwee­k. Om toegang tot dié en ander voorleggin­gs te bekom, stuur ’n e-pos aan Clint Ockhuis by events@landbou.com.

Met medics op die bankie en swenkgras in die werksry word die meeste probleme in ’n vrugteboor­d sonder moeite en onderhoud aangepak.

Vir mnr. Neville van Buuren van die Oak Valley-boerdery by Grabouw is dit belangrik dat dekgewasse onkruid onderdruk, voedingsto­wwe in die grond opbou en beskerm, en min onderhoud verg. Hy het in die herfs langswenkg­ras (Festuca arundinace­a )in die werksry gevestig voor die bome geplant is. Die daaropvolg­ende herfs is medics op die bankie gevestig.

“Swenkgras onderdruk onkruid baie doeltreffe­nd, is netjies en groei nie oormatig hoog en welig nie. Dit bind die grondstruk­tuur en voorkom dus wind- en watererosi­e. Dit is ’n maklike saad om te saai en meerjarig, wat beteken ek hoef dit nie elke herfs te vestig nie.”

Die swenkgras word in April teen ’n saaidigthe­id van 37 kg/ ha met’ n gravitasie planter gevestig. Dit kryg een bemesting nie.

Onkruid is nie ’n probleem nie. Indien soorte soos vaalskraal­hans in die swenkgras opkom, word dit met die hand uitgehaal.

“Omdat dit min is, gaan dit vinnig en dit is nie te duur nie. Die swenkgras het selfs in die koue winter wat ons agter die rug het, baie goed ontkiem en opgekom. Dit het ook die erosietoet­s geslaag. Selfs ná hierdie sopnat winter het daar weinig erosie plaasgevin­d.”

Hy het nog nie ’n kap-enblaaswer­ktuig gekry wat na sy sin waarde in die boord toevoeg nie.

“Ek kap die swenkgras hoogstens drie maal per jaar met ’n bossiekapp­er. In die eerste jaar laat ek dit deurgroei tot in November, sodat dit saad maak.”

Die bome word in Oktober gevestig. Die bankie word vooraf met 4 liter/ha 4%-glifosaat gespuit om moontlike onkruid daarop te laat vrek. Nadat die bome gevestig is, word ’n dik laag houtskaafs­els reg oor die bankie gestrooi.

Van Buuren sê nagenoeg 180 m3 skaafsels word per hektaar op die bankie uitgestroo­i. Dit onderdruk onkruid, bewaar vog en skep ’n gunstige

habitat vir biologiese aktiwiteit en organismes. “Die skaafsels sal ons ongeveer vier jaar hou. ”

Om die skaafsels op die bankie met organiese materiaal aan te vul, het hy op medics besluit. “Ons sal dit teen Maart of April 2022 in die nuwe aanplantin­g vestig. Dit gebeur voor die winter omdat medics dan ontkiem en stadig deur die winter groei. Met die eerste hitte in die lente spring dit vinnig weg, en teen September is die hele bankie bedek.

“Dit skep ’n lekker dik mat bo-op die skaafsels. Dit onderdruk onkruid, bind stikstof in die grond en saai self weer saad vir volgende somer. Daar is ook geen mededingin­g met die bome nie, want teen einde November is die medics afgehark en reeds vrek.

“Sommige saad waai weg, maar die meeste val tussen die skaafsels waar dit die volgende herfs weer ontkiem, deur die winter groen bly, stadig groei en dan in die lente vinnig wegspring. Dit is ’n baie doeltreffe­nde stelsel.”

 ?? FOTO’S VERSKAF ?? HIERDIE BOORD IS IN OKTOBER 2019 GEVESTIG. Die swenkgras is in April 2019 en die medics op die bankie in Maart 2020 gesaai. Die medics op die foto het in Maart vanjaar ontkiem uit die saad van die aanvanklik­e medics.
FOTO’S VERSKAF HIERDIE BOORD IS IN OKTOBER 2019 GEVESTIG. Die swenkgras is in April 2019 en die medics op die bankie in Maart 2020 gesaai. Die medics op die foto het in Maart vanjaar ontkiem uit die saad van die aanvanklik­e medics.
 ?? ?? Mnr. Neville van Buuren van Grabouw gebruik dekgewasse suksesvol.
Mnr. Neville van Buuren van Grabouw gebruik dekgewasse suksesvol.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa