Landbouweekblad

Kultivars geskik vir die boer se behoeftes

Capstone Seeds se mieliebast­ers is wyd aangepas en het uitstekend­e kultivarei­enskappe wat in enige boer se behoeftes sal voorsien.

- NAVRAE: Capstone Seeds, e-pos: sales@capstonese­eds.com; web: capstonese­eds.com

Capstone Seeds is al langer as 25 jaar betrokke in die saad- en landboubed­ryf in Suid-Afrika. Dié ervaring slaan deur in die navorsing, ontwikkel, produksie en bemarking van sy saad deur sy bekwame personeel wat menige boer breed laat glimlag.

In sy arsenaal produkte is ’n wye reeks geel- en witmielieb­asters wat wyd aangepas is en uitstekend­e kultivarei­enskappe het. Capstone Seeds se saadteelpr­ogram is gegrond op klimaatsve­randering, die omgewing en die boer.

“Elke boer se behoeftes verskil. Daarom is ons basters uit verskillen­de ouerlyne en het dus unieke agronomies­e eienskappe,” sê mnr. Roelf van Niekerk, verkoopsbe­stuurder vir agronomies­e gewasse by Capstone Seeds.

“Vir ons gaan dit daaroor om in die boer se spesifieke behoeftes te voorsien deur die regte kultivar aan te beveel. ’n Boer het dalk ’n probleem met ’n blaarsiekt­e. Dan beveel ons vir hom ’n kultivar aan met ’n verdraagsa­am e hei d teen dié spesifieke siekte.

“Vir ander boere is meerkoppig­heid weer belangrik, veral in die westelike produksieg­ebiede waar boere geneig is om ’n heelwat laer plantestan­d te gebruik. Dit teenoor die oostelike hoe potensiaal-mielie produksieg­ebiede waarbo ere teen baie hoër plantstand­e aanplant en hulle meer na enkelkoppi­gheid kyk.”

Die omgewing speel ook ’n rol in die sade wat Capstone Seeds beskikbaar stel.

“Ons het hoëpotensi­aal-kultivars wat geteel is vir hoëpotensi­aal-opbrengste, wat natuurlik gepaard gaan met hoëpotensi­aal-grond en -toestande.”

Met klimaatsve­randering in gedagte het hy ook kultivars wat geteel is vir marginale toestande en dus meer hitte- en droogtebes­tand is.

INSYSTAL

Twee van Capstone Seeds se konvension­ele kultivars is CAP 122-60 en CAP 9-522. Albei is in die mediumgroe­iklas en beskik oor baie sterk meerkoppig­heid. Dié kultivars presteer uitstekend teen ’n lae plantestan­d in die weste, asook hoër stande wat op die oostelike Hoëveld gebruik word.

Dit is veral CAP 122-60 wat uitstaan in die Capstone Seedsstal.

“Ek beskryf hom as ons vlagskipku­ltivar, omdat hy een van die kultivars is met die hoogste opbrengs potensiaal.

“Dit is ook baie wyd aangepas en vaar goed in die oostelike én die westelike produseren­de gebiede; op droë land, onder besproeiin­g en selfs vir kuilvoer,” sê Van Niekerk.

Capstone Seeds het twee geneties gemodifise­erde kultivars, naamlik CAP 9-262RRBT, wat die stapelgeen bevat, en CAP 9-262RR. Albei hierdie kultivars is in die vinnige groeiklas en is fisiologie­s ryp vanaf 90 tot 115 dae ná aanplantin­g.

Dié kultivars word veral aanbeveel onder besproeiin­g reg oor Suid-Afrika, en moet teen ’n plantestan­d van 80 000 plante per hektaar en hoër aangeplant word. Dit kan egter ook in die hoër reënval gebiede van KwaZulu-Natal en die oostelike Hoëveld geplant word, waar hoër stande aanbeveel word

Ook met sy spesialis-kuilvoermi­elie basters staan Capstone See ds nie terug nie en is daar al kuilvoer opbrengste van meer as 100 ton per hektaar behaal.

“CAP 9001 is baie blaarryk met ’n goeie graan-tot-blaarverho­uding,” sê Van Niekerk.

“Hy groei so hoog as 4 m, het’ n hoë opbrengs potensiaal, goeie staanvermo­ë en stadige afdroging, wat ideaal is vir kuilvoer.”

Capstone See ds se bemarking s netwerk strek landwyd.

Kontak die maatskappy vir die korrekte aanbevelin­gs vir jou spesifieke behoeftes. Jy kan verseker wees van vinnige en goeie diens.

 ?? VERSKAF ?? CAPSTONE seCAP 9-262-kultivar val in die vinnige groeiklas en is fisiologie­s ryp vanaf 90 tot 115 dae ná aanplantin­g. FOTO:
VERSKAF CAPSTONE seCAP 9-262-kultivar val in die vinnige groeiklas en is fisiologie­s ryp vanaf 90 tot 115 dae ná aanplantin­g. FOTO:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa