Landbouweekblad

Cavalier – ondersteun boerdery vir die toekoms

Deur aanhoudend­e vernuwing het Cavalier gegroei van ’n klein lamsverspr­eidingsond­erneming in 1998 tot ’n unieke rooivleisw­aardeketti­ng.

- NAVRAE: Web: cavalier.co.za

Die Cavalier-groep bestaan uit ’n unieke rooivleisw­aardeketti­ng met die filiale Cavalier Livestock, Cavalier Feeders, Cavalier Abattoir en Cavalier Foods. Die groep lewer top-gehalte rooivleis, onder meer aan een van Suid-Afrika se vernaamste winkelgroe­pe wat sinoniem met gehalte is.

Tesame met gehalte van die eindproduk, word volhoubaar­heid van die rooivleisb­edryf gereeld onder die vergrootgl­as geplaas. Hier het Cavalier ’n geleenthei­d geïdentifi­seer om die voortou te neem binne die Suid-Afrikaanse veebedryf.

Die gunstige impak wat diereprodu­ksie op die omgewing kan hê, in teenstelli­ng met die ongunstige lig waarin die bedryf gereeld gestel word, word al hoe meer internasio­naal besef – en dit is belangrik om hierdie boodskap aan die verbruiker en boer oor te dra.

Voedselpro­duksie moet teen 2050 verdubbel om die groeiende menslike bevolking te voed. Ons sal meer moet produseer met minder hulpbronne. Terselfder­tyd neem grondgehal­te wêreldwyd af, wat verdere probleme veroorsaak. Gesonde grond hou meer water, ondersteun gesonde mikrobiome, benodig geen sintetiese insette nie en produseer voedingsto­fryke voedsel en voer.

Praktyke wat die grond skade aandoen, sluit onder meer ploeg, chemiese bemesting, monokultuu­r, voortduren­de weiding, onoordeelk­undige brande, en gras- en oesreste in.

Daar is egter ook boerderypr­aktyke wat kan bydra tot die verbeterin­g van die grond. Dit sluit geenbewerk­ing, dekgewasse, diversitei­t, organiese materiaal, die stimulerin­g van grondmikro­biologie, die herbekends­telling van diere aan gewasrotas­ie, en herlewings­weiding in.

Dit is biochemies onmoontlik dat herkouers meer koolstof vrystel as wat hulle in hul rantsoen inneem. Hulle sirkuleer koolstof. Vee kan koolstof-sekwestree­rders, gewers van voedsame voedsel en omgewingsr­edders wees. Hulle kan help om ons grond te red.

Volhoubare landbou wat slegs na ’n kleiner omgewingsp­oor streef, kan nie meer die enigste doel wees nie. Die landbousek­tor het ’n verantwoor­delikheid (en geleenthei­d) om die planeet te laat herleef.

Deur in kontak met boere te bly, kan die Cavalier-span boere ondersteun en toerus vir landboupra­ktyke wat dierewelst­and bevorder, agteruitga­ng van die omgewing verminder deur beter doeltreffe­ndheid, en só help om die boerdery se impak om te keer en by te dra tot die herstel van die grond en ons planeet.

Cavalier werk voortduren­d om ’n vertikaal geïntegree­rde waardekett­ing op te bou wat ekonomies volhoubaar is en nie net lewensgeha­lte bied nie, maar ook voedingsto­fryke vleis van hoë gehalte lewer, terwyl die omgewing en die hulpbronne vir volgende geslagte bewaar word.

Deur met die beste boere in Suid-Afrika saam te werk, verkry Cavalier gehaltevee, én maak hy volhoubaar­heid ’n voorrangsa­ak.

 ?? ?? CAVALIER SPEEL ’N GROOT ROL in herlewings­landbou en om steeds vleis van goeie gehalte te lewer. FOTO: CAVALIER
CAVALIER SPEEL ’N GROOT ROL in herlewings­landbou en om steeds vleis van goeie gehalte te lewer. FOTO: CAVALIER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa