Landbouweekblad

KZN-BOERE VOER ALLEENSTRY­D TEEN BETREDERS

- — LLOYD PHILLIPS

DIE geskil oor geskutte vee wat onwettig op ’n plaas by Glencoe in KwaZuluNat­al gewei het, en wat gelei het tot die dood van die 17jarige mnr. Qiniso Dlamini op 29 September, was hoegenaamd nie ’n geïsoleerd­e geval nie.

Mnr. Garth Millen Simpson (68) het einde September in die Glencoelan­ddroshof verskyn op klagte wat verband hou met Dlamini se skietdood. ’n Video is kort ná die voorval wyd op sosiale media versprei wat toon hoe Dlamini en twee ander mans Simpson aanval, vermoedeli­k om Simpson se vuurwapen af te neem. In die skermutsel­ing gaan ’n skoot af en Dlamini val neer.

“Alle boere by Glencoe loop deur onder vee wat hul weiding en gewasse verniel. Dit is onwettig. Ingevolge die wet het die eienaars die reg om hierdie diere te skut,” sê me. Sandy la Marque, uitvoerend­e hoof van die KwaZuluNat­alse landbouuni­e (Kwanalu).

Sy sê Kwanalu is diep besorg daaroor dat menige klagte van boere wat verband hou met betreding en onwettige beweiding wat by die polisie aangemeld is, na bewering nie volledig ondersoek is nie, en dat niemand vervolg word nie.

Volgens haar het dié deurlopend­e gebrek aan wet en orde bygedra tot die volgehoue miskenning van eiendomsre­g en verhoogde spanning tussen grondeiena­ars en buurgemeen­skappe.

PARTYDIGHE­ID

Intussen het ’n prokureur wat Simpson ná die skietery vir twee dae verteenwoo­rdig het, sy kommer uitgespree­k oor die oënskynlik­e partydighe­id teen Simpson, sy prokureurs en familie.

Mnr. Jacques Botha, van Kloof buite Durban, het ernstige vrae oor die landdros en die aanklaer met Simpson se eerste hofverskyn­ing.

“Die aanklaer was huiwerig om na die video te kyk. Ten spyte daarvan dat sy daarna na die video gekyk het, het sy aan die hof gesê dat dit ’n beplande en opsetlike moord is wat ingevolge bylae 6 (ernstigste misdade) hanteer word. Ek beskou dit as absoluut onaanvaarb­aar in die lig van die getuienis.”

Botha wou ook hê die landdros moet na die video kyk, want die inhoud daarvan “sou die skedule verander het waarin hierdie saak hanteer moet word. Die video het die hele prentjie verander en dit was eintlik in alle opsigte verontskul­digend, maar die hof het geweier. Waarom sou ’n landdros wat veronderst­el is om onpartydig te wees, weier om na getuienis te kyk? Hy het geweier om daarna te kyk.”

VEILIGHEID

La Marque sê Kwanalu het hoëvlakges­prekke gevoer om openbare orde tydens Simpson se hofverskyn­ings te verseker.

Adv. Elaine Zungu, KwaZuluNat­alse direkteur van openbare vervolging, wou nie kommentaar lewer oor die optrede van die landdros en die aanklaer nie.

 ?? ?? Inwoners van Glencoe het buite die hof betoog met mnr. Garth Millen Simpson se hofverskyn­ing in verband met die dood van mnr. Qiniso Dlamini. FOTO: GALLO IMAGES/ELIZABETH SEJAKE
Inwoners van Glencoe het buite die hof betoog met mnr. Garth Millen Simpson se hofverskyn­ing in verband met die dood van mnr. Qiniso Dlamini. FOTO: GALLO IMAGES/ELIZABETH SEJAKE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa