Landbouweekblad

KAAPSE BOERE KAN MEER GARS PLANT

- — AMELIA GENIS

Graanboere kan vanjaar meer gars plant nadat AB InBev, die grootste koper van moutgars in die land, onlangs ’n verhoogde mandaat bekend gemaak het.

AB InBev onderneem om in 2022 altesaam 406 000 ton gars te koop. Dit is 46 000 ton meer as die mandaat van 360 000 ton in 2021.

Mnr. Jose de Kock, voorsitter van Graan SA se garsspesia­liswerkgro­ep en boer van Napier, sê garsboere kon in die moeilike jaar wat 2021 was, net 165 000 ton moutgars lewer. “Die oes wat amper 100 000 ton minder as die mandaat was, bring geleenthed­e en probleme.” Hy het op Graan SA se streeksver­gadering op Riversdal gesê die garsbedryf is op ’n laagtepunt, maar hy meen die bedryf kan in die volgende vyf jaar weer groei.

Die Suid-Kaap, wat die grootste garsprodus­erende streek is, sal vanjaar 296 500 ton gars kan produseer. Dit is heelwat meer as die 170 000 ton wat in 2021 gelewer is. AB InBev se mandaat maak ook voorsienin­g vir 22 500 ton gars uit die Swartland.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa