KOOP VOERBANKLUSERN IN GOEDKOPER TYE
Uit: Die Landbouweekblad, 21 Mei 1982
Die styging in die prys van lusern oor ’n tydperk vergoed vir die kapitaalkoste om dít wat ’n mens op jou eie plaas kan produseer, as’nveevoerbankopte berg. Dit sal selfs diegene wat nie self lusern kan kweek nie, loon om hul noodvoer in goedkoper tye van oorvloed te koop en dit te bêre.
Mnr. Hannes van Wyk, Merino-boer van die plaas Dagbreek by Williston, meen dit is ’n tweejarige droogte wat boere so uitmergel omdat staatshulp dan gewoonlik nog nie gegee word nie.
“Elke boer behoort dus voorsieningvandieeenof anderaard te maak om minstens hierdie periodieke droogtes die hoof te bied sonder om sy veld of sak te veel skade te berokken.”
Duur die droogtes langer, is dit syns insiens die staat se plig om die boere te help, sê hy.
Veeboere kan op verskillende maniere voerbanke opbou. Van Wyk is bevoorreg deurdat die Sakrivier oor sy plaas loop sodat hy lusern onder besproeiing kan verbou.
Kort ná hy in die 1940’s op die plaas gekom het, het hy ’n wal in die rivier gebou sodat hy dit kan opdam as dit in vloed is. Sedertdien het hy al 300 ha lusern gevestig. Hy besproei minstens een keer elke keer as dierivierafkom, watgewoonlik sowat twee keer per jaar is.
Hy verkoop baie min van sy lusern — hy verkies om dit op te gaar en in die droogtejare te gebruik. Gereeld word bereken hoeveel lusern hy volgens sy skaapgetalle moet opberg om deur ’n tweejarige droogte te kom. Dan sorg hy dat hy genoeg voer hou.
Hy sny nie noodwendig ál sy lusern nie. Sekere kampies laat staan hy sodat hy saad vir eie gebruik kan oes, terwyl hy ander kampe laat bewei.