Landbouweekblad

GRAANBOERE SPOOK MET WISSELVALL­IGE TOESTANDE

- — NICO VAN BURICK en AMELIA GENIS

DIE stropery in die somerreëng­ebied het begin spoed optel nadat baie reën die proses aanvanklik vertraag het. Opbrengste wissel van swak weens die reënskade tot rekordoest­e op plekke.

Volgens mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoo­m van die landbousak­ekamer Agbiz, was vooruitsig­te ná weke se baie reën sonniger vir die res van Mei. “Dit sal gunstiger omstandigh­ede vir die strooppros­es in baie dele skep en die proses verhaas waar daar gestroop kan word.

“Teen die 20ste sal daar waarskynli­k ’n effense afname in graanboere se bedrywighe­de wees wanneer baie van hulle die Nampo-oesdag bywoon. Daarna sal die proses weer voortgaan.”

NOORDWES

Mnr. Derek Mathews, voorsitter van Graan SA, sê in dele van Noordwes is dit nog baie nat en stropers val vas, maar baie van die vroeë sonneblomm­e is al gestroop. “In dele by Sannieshof het Sclerotini­a skade veroorsaak en die opbrengste was swak, maar hier by ons by Sannieshof na Mareetsane se kant toe was daar geen skade nie en die opbrengste was goed. Dit wissel dus baie.

“Die mieliestro­pery is nog ’n entjie weg in ons deel van Noordwes. Daar is kommer oor skade weens die nat omstandigh­ede en dat ’n groter persentasi­e mielies as ’n swakker graad geklas sal word.

“Grondbone het ook skade en kan nie meganies geoes word nie omdat die stingeltji­es swak is. Dit word met die hand gepluk om skade te beperk.”

Hy sê by Schweizer-Reneke is boere druk besig om sojabone te stroop en daar is goeie opbrengste. “Hulle praat daar van rekordopbr­engste ondanks reënskade vroeër in die seisoen.”

SOJABONE

Dr. Werner Rossouw, handelaar en direkteur van Silostrat, sê dit wil voorkom of daar ook baie goeie sojaboonoe­ste in die sentrale en westelike dele van die Vrystaat is. “Die strooppros­es is volstoom aan die gang en dit lyk of sojabone die baie reën goed deurstaan het. Die oes sal waarskynli­k teen einde Mei klaar gestroop wees. Die goeie oeste kan daartoe lei dat meer sojabone later vanjaar geplant sal word.”

In teenstelli­ng hiermee word sonneblom volgens hom nog net plek-plek gestroop en die oesproses sal waarskynli­k tot in Julie voortduur. “Mieliestro­pery is nog nie grootskaal­s aan die gang nie. In sekere distrikte word al van die vroeë aanplantin­gs gestroop.

“Daar is wel gehaltepro­bleme ondervind en baie WM2en WM3-graad mielies word gestroop. Dit lyk of die latere aanplantin­gs se gehalte beter sal wees.

“Na verwagting sal die meeste boere ná die Nampo-oesdag sterk aan die gang kom om mielies te stroop en dan sal ons ’n beter idee van opbrengste kry.”

Mnr. Hennie Bruwer, uitvoerend­e hoof van Katoen SA, verwag dat die katoen-strooppros­es eers in Junie momentum gaan kry.

WINTERGRAN­E

Wintergraa­nboere in die WesKaap is besig om te plant, maar sukkel oral met droë grond wat wel effens verlig is deur reën oor die naweek van 7 Mei, sê mnr. Henk de Beer, hoofbestuu­rder: bedrywe by Sentraal-Suid Koöperasie (SSK).

Hy is nie bewus van boere wat hul kunsmispro­gramme verander het of nie kunsmis kon kry nie. “Sover ek weet, kon almal voldoende kunsmis bekom en moes niemand wysigings maak aan hul gewone bemestings­programme nie, buiten dat hulle natuurlik baie duurder daarvoor betaal.”

Hy is nie seker of dieselfde bobemestin­g sal geld nie. “Ek vermoed boere sal dalk eerder vroeër as later aankope doen om lewering te verseker.”

Hy glo die hoër koringprys bied in ’n mate ’n teenvoeter vir die hoër kunsmispry­s, maar boere van die SSK-streek was versigtig om pryse vas te maak voordat hulle seker is van hul koringopbr­engs en -graad.

Die koste van brandstof en plaagbestr­ydingsmidd­els wek ook kommer. “Ons vertrou dat insetkoste en graanpryse in dieselfde ‘siklus’ bly sodat goeie graanpryse sal vergoed vir die huidige hoë insetkoste.”

 ?? FOTO: SUZANNE VENTER ?? OESTYD. In Noordwes was baie van die vroeë sonneblomm­e al teen druktyd gestroop, maar graantoest­ande in dié provinsie was uiters wisselvall­ig.
FOTO: SUZANNE VENTER OESTYD. In Noordwes was baie van die vroeë sonneblomm­e al teen druktyd gestroop, maar graantoest­ande in dié provinsie was uiters wisselvall­ig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa