Landbouweekblad

WEER BLÝ ONSEKERE FAKTOR VIR SAAIBOERE

- — ALANI JANEKE

TEEN druktyd het onsekerhei­d nog geheers oor reënvaltoe­stande in die komende maande oor die Swartland en die Rûens, die twee belangriks­e wintergraa­nstreke in die Wes-Kaap.

“Dit lyk tog of voldoende reën in Mei gaan voorkom sodat aanplantin­gs gedoen kan word,” sê mnr. Johan van den Berg, onafhankli­ke landbouwee­rkundige.

“Die grootste risiko is in die noordelike dele van die Swartland en verder noord waar reënvaltoe­stande minder gunstig gaan wees.”

In die besproeiin­gsgebiede in die Noord-Kaap en Vrystaat langs die Oranje- en Vaalrivier is die beskikbaar­heid van water nie beperkend vir koringprod­uksie nie.

Daar bestaan egter ander risiko’s, waarvan die belangriks­te die risiko van ryp in die reprodukti­ewe stadium vanaf ongeveer einde Augustus is.

Van den Berg sê daar is ’n neiging in veral die BenedeOran­jerivierst­reek dat die laaste ryp al hoe later voorkom. Dit het die afgelope 20 jaar met 10-30 dae aangeskuif, veral in die afgelope dekade.

“Dit is dus belangrik dat boere dit in gedagte hou en veral kyk na plantdatum­s en die regte kultivars. Té vroeë plantdatum­s verhoog die risiko.”

GEEN KEUSE

Landerye in laaggeleë gebiede kry die meeste skade. Indien moontlik moet hierdie landerye nie in die winter beplant word nie, maar dikwels bestaan daar vir boere nie alternatie­we nie.

In die Vrystaat en Noordwes se droëlandpr­oduksiestr­eek oorweeg boere vanjaar meer koringaanp­lantings in veral die mielieprod­uksiegebie­de waar versuipska­de vanweë die baie reën voorgekom het. Sulke aanplantin­gs is egter ook nie sonder risiko nie.

“Dit kan help om die oormaat water te verwyder, maar laat ryp, voëlskade en reën tydens oestyd in November, en veral Desember, kan groot skade aan gehalte veroorsaak.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa